Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 28 Desember 2015, tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die week waartydens elke gedagte bespreek sal word, word aangegee sodat ons navorsing kan doen wanneer ons elke week vir die skool voorberei.
Het Dawid sy gevangenes wreed behandel, soos party uit 1 Kronieke 20:3 aflei? [2 Nov., w05 2/15 bl. 27]
Wat het Dawid beweeg om ’n vrygewige gees te openbaar, en wat sal ons help om dit ook te doen? (1 Kron. 22:5). [9 Nov., w05 10/1 bl. 11 par. 6]
Wat het Dawid bedoel toe hy vir Salomo gesê het: “Ken die God van jou vader”? (1 Kron. 28:9). [16 Nov., w10 11/1 bl. 30 par. 3, 7]
Wat het Salomo se versoek in 2 Kronieke 1:10 oor hom geopenbaar, en wat kan ons leer wanneer ons ons persoonlike gebede tot Jehovah ontleed? (2 Kron. 1:11, 12). [23 Nov., w05 12/1 bl. 19 par. 6]
Watter unieke vermoë het Jehovah volgens 2 Kronieke 6:29, 30, en waarom moet ons ons hart voor hom in gebed uitstort? (Ps. 55:22). [30 Nov., w10 12/1 bl. 11 par. 7]
Op watter grondslag het Asa gebid vir oorwinning oor ’n baie groot militêre mag, en waarvan kan ons seker wees in die geestelike oorlog wat ons voer? (2 Kron. 14:11). [7 Des., w12 8/15 bl. 8 par. 6–bl. 9 par. 1]
Hoe verseker die manier waarop Jehovah met koning Josafat se tekortkominge gehandel het, ons van God se liefde, en hoe moet dit ons beskouing van ander beïnvloed? (2 Kron. 19:3). [14 Des., w03 7/1 bl. 17 par. 13; cl bl. 245 par. 12]
Waarom en hoe moet ons ‘stelling inneem’ en ‘stil staan’ in ons dag? (2 Kron. 20:17). [21 Des., w05 12/1 bl. 21 par. 1; w03 6/1 bl. 21 par. 15-16]
Watter les leer ons uit 2 Kronieke 21:20 in verband met die dood van Joram? [21 Des., w98 11/15 bl. 32 par. 4]
Wie het volgens 2 Kronieke 26:5 ’n goeie invloed op die jong Ussia gehad, en hoe kan jongmense vandag by geestelik volwasse Christene in die gemeente baat vind? [28 Des., w07 12/15 bl. 10 par. 2, 4]