Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek
4-10 MAART
SKATTE UIT GOD SE WOORD | ROMEINE 12-14
“Wat dit beteken om Christelike liefde te betoon”
(Romeine 12:10) In broederliefde moet julle tere geneentheid vir mekaar hê. Neem die leiding in eerbetoning aan mekaar.
it-1-E 55
Geneentheid
Al die lede van die Christengemeente moet broederliefde (Gr., phi·la·del·phiʹa, letterlik, “geneentheid vir ’n broer”) vir mekaar hê. (Ro 12:10; Heb 13:1; sien ook 1Pe 3:8.) Daarom moet die liefde wat die broers en susters in die gemeente vir mekaar wys net so opreg en sterk wees soos in ’n regte gesin. Die broers en susters in die gemeente wys reeds broederliefde vir mekaar, maar hulle word aangespoor om dit in voller mate te doen. – 1Te 4:9, 10.
Die Griekse woord phi·loʹstor·gos, wat beteken “om tere geneentheid te hê”, word gebruik om iemand te beskryf wat ’n baie hegte verhouding met iemand anders het. Een van die grondwoorde van hierdie samestelling, sterʹgo, word dikwels gebruik om ’n natuurlike geneentheid te beskryf, soos in ’n gesin. Die apostel Paulus het Christene aangemoedig om hierdie eienskap aan te kweek (Ro 12:10). Paulus het ook gewys dat mense gedurende die laaste dae “sonder natuurlike geneentheid” (Gr., aʹstor·goi) sou wees en dat sulke mense die dood verdien. – 2Ti 3:3; Ro 1:31, 32.
11-17 MAART
SKATTE UIT GOD SE WOORD | ROMEINE 15-16
Soek na geestelike skatte
(Romeine 16:25) En aan hom wat julle standvastig kan maak in ooreenstemming met die goeie nuus wat ek bekend maak en die prediking van Jesus Christus, volgens die openbaring van die heilige geheim wat vir lang tye verswyg is
it-1-E 858 ¶5
Voorkennis, voorbestemming
Die Messias, of Christus, sou die beloofde Saad wees deur wie alle regverdige mense van al die families van die aarde geseën sou word (Ga 3:8, 14). Hierdie “saad” is vir die eerste keer genoem nadat die opstand in Eden reeds begin het, maar voordat Abel gebore is (Ge 3:15). Dit was sowat 4 000 jaar voordat daardie Messiaanse “saad” duidelik geïdentifiseer en “die heilige geheim” openbaar gemaak is. Dit was dus beslis “vir lang tye verswyg”. – Ro 16:25-27; Ef 1:8-10; 3:4-11.
18-24 MAART
SKATTE UIT GOD SE WOORD | 1 KORINTIËRS 1-3
Soek na geestelike skatte
(1 Korintiërs 1:20) Waar is die wyse? Waar die skrifgeleerde? Waar die debatteerder van hierdie stelsel van dinge? Het God nie die wysheid van die wêreld dwaas gemaak nie?
it-2-E 1193 ¶1
Wysheid
Daarom het die wêreld God se voorsiening deur Christus as dwaasheid verwerp; die wêreld se heersers was dalk bekwame en wyse administrateurs, maar hulle het “die glorieryke Here aan die paal gehang” (1Kor 1:18; 2:7, 8). Maar God het op sy beurt bewys dat die wysheid van die wyse mense van die wêreld dwaas is. Hy het hulle wyse manne beskaamd gemaak, want Hy het iets wat volgens hulle “iets dwaas van God” was, sowel as mense wat volgens hulle ‘dwaas, swak en onedel’ was, gebruik om Sy onkeerbare voorneme te vervul (1Kor 1:19-28). Paulus het die Christene in Korinte daaraan herinner dat “die wysheid van hierdie stelsel van dinge [en] van hierdie stelsel van dinge se heersers” sal vergaan; hierdie soort wysheid was dus nie deel van die apostel se geestelike boodskap nie (1Kor 2:6, 13). Hy het Christene in Kolosse gewaarsku dat hulle nie verstrik moet raak deur “die filosofie [phi·lo·so·phiʹas, letterlik, liefde vir wysheid] en leë bedrog volgens die oorlewering van mense” nie. – Kol 2:8; vergelyk vers 20-23.
25-31 MAART
SKATTE UIT GOD SE WOORD | 1 KORINTIËRS 4-6
“’n Bietjie suurdeeg deursuur die hele deeg”
(1 Korintiërs 5:1, 2) Daar word waarlik berig dat daar hoerery onder julle is, en hoerery van so ’n aard as wat nie eens onder die nasies voorkom nie, dat ’n sekere man die vrou van sy vader het. 2 En is julle opgeblase, en moes julle nie eerder getreur het, sodat die man wat hierdie daad gedoen het, uit julle midde weggeneem sou word nie?
(1 Korintiërs 5:5-8) so iemand aan Satan moet oorgee vir die vernietiging van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here. 6 Die rede waarom julle roem, is nie goed nie. Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg deursuur nie? 7 Verwyder die ou suurdeeg, sodat julle ’n nuwe deeg kan wees, soos julle immers ongesuurd is. Want Christus, ons pasga, is inderdaad geoffer. 8 Laat ons die fees gevolglik nie met ou suurdeeg vier nie, en ook nie met suurdeeg van slegtheid en goddeloosheid nie, maar met ongesuurde koeke van opregtheid en waarheid.
(1 Korintiërs 5:13) terwyl God dié oordeel wat buite is nie? “Verwyder die goddelose mens onder julle uit.”
it-2-E 230
Suurdeeg
Die apostel Paulus het dieselfde simboliek gebruik toe hy die Christengemeente in Korinte beveel het om ’n onsedelike man uit die gemeente te sit, waar hy gesê het: “Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg deursuur nie? Verwyder die ou suurdeeg, sodat julle ’n nuwe deeg kan wees, soos julle immers ongesuurd is. Want Christus, ons pasga, is inderdaad geoffer.” Daarna het hy duidelik gewys wat hy met “suurdeeg” bedoel: “Laat ons die fees gevolglik nie met ou suurdeeg vier nie, en ook nie met suurdeeg van slegtheid en goddeloosheid nie, maar met ongesuurde koeke van opregtheid en waarheid” (1Kor 5:6-8). Paulus het hier ’n prentjie geskets van dit wat voorgestel is deur die Joodse fees van die ongesuurde koeke, wat direk na die Pasga gehou is. Net soos ’n bietjie suurdeeg die hele bol deeg deursuur, sal die gemeente as ’n liggaam onrein word in Jehovah se oë as hulle nie van hierdie verderflike invloed van die onsedelike man ontslae raak nie. Hulle moet iets doen om die “suurdeeg” uit hulle midde te verwyder, net soos die Israeliete nie gedurende die fees enige suurdeeg in hulle huis kon hê nie.
it-2-E 869-870
Satan
Wat word bedoel met ‘so iemand moet aan Satan oorgegee word vir die vernietiging van die vlees’?
Toe die apostel Paulus die gemeente beveel het om op te tree teen ’n lid van die gemeente wat goddeloos was deur bloedskande met sy pa se vrou te pleeg, het hy gesê: ‘So iemand moet aan Satan oorgegee word vir die vernietiging van die vlees’ (1Kor 5:5). Dit was ’n opdrag om die man uit die gemeente te sit en alle assosiasie met hom te verbreek (1Kor 5:13). Om hom aan Satan oor te gee, sou beteken dat hy uit die gemeente gesit sou word na die wêreld waarvan Satan die god en heerser is. Soos “’n bietjie suurdeeg” in “die hele deeg” was hierdie man “die vlees”, of vleeslike element in die gemeente. Deur hierdie bloedskender te verwyder, sou die geestelikgesinde gemeente “die vlees” in hulle midde vernietig (1Kor 5:6, 7). Net so het Paulus Himeneus en Aleksander aan Satan oorgegee omdat hulle hulle geloof en goeie gewete opsy gestoot het en hulle geloof sodoende skipbreuk gely het. – 1Ti 1:20.
(1 Korintiërs 6:3) Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie? Waarom dan nie sake van hierdie lewe nie?
it-2-E 211
Wet
Wet vir engele. Engele, wat hoër as die mens is, is onderworpe aan God se wet en gebooie (Heb 1:7, 14; Ps 104:4). Jehovah het selfs vir Satan, sy teenstander, beperkings opgelê (Job 1:12; 2:6). Migael, die aartsengel, het Jehovah se posisie as die Opperregter erken en eerbiedig toe hy ’n geskil met die Duiwel gehad het en gesê het: “Mag Jehovah jou bestraf.” (Jud 9; vergelyk Sag 3:2.) Jehovah God het al die engele onder die verheerlikte Jesus Christus se gesag geplaas (Heb 1:6; 1Pe 3:22; Mt 13:41; 25:31; Flp 2:9-11). Daarom kon Jesus ’n engeleboodskapper opdrag gee om na Johannes te gaan (Op 1:1). Maar in 1 Korintiërs 6:3 sê die apostel Paulus dat die geestelike broers van Christus aangestel is om engele te oordeel. Dit is waarskynlik omdat hulle op die een of ander manier daaraan sal deel hê om oordeel aan die bose geeste te voltrek.