Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb20 Januarie bl. 8
  • Hoe om gesprekke te begin met pamflette

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om gesprekke te begin met pamflette
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Opwindende ontwerp vir nuwe traktate!
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Hoe om die voorgestelde gesprekke te gebruik
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Gebruik traktate om die goeie nuus te verkondig
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Gebruik traktate om gesprekke te begin
    Ons Koninkryksbediening—2000
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
mwb20 Januarie bl. 8
’n Suster gebruik die pamflet ‘Sal leiding ooit tot ’n einde kom?’ om informeel vir ’n vrou by ’n bushalte te getuig

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Hoe om gesprekke te begin met pamflette

Die voorblad van die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek gee al van Januarie 2018 vir ons voorbeelde van voorgestelde gesprekke. Ons is aangemoedig om liewer gesprekke met mense te hê en nie net vir hulle lektuur aan te bied nie. Om verkondigers te help om die manier aan te pas waarop hulle mense nader, het die video’s vir die voorgestelde gesprekke gewys hoe ons gesprekke kan begin deur net die Bybel te gebruik. Maar beteken dit dat ons nie lektuur moet gebruik wanneer ons van huis tot huis preek nie? Glad nie! Pamflette kan byvoorbeeld doeltreffend gebruik word om ’n gesprek te begin. Wanneer ons die pamflette gebruik, kan ons die volgende doen:

  1. Vra die veelkeusige vrae op die voorblad.

  2. Wys die Bybel se antwoord in die teks(te) boaan die tweede bladsy. As daar tyd is, kan ons van die inligting binne die pamflet lees en bespreek.

  3. Gee die pamflet vir die huisbewoner en moedig hom aan om die res daarvan te lees wanneer dit hom pas.

  4. Wys, voordat ons loop, vir die persoon die “Iets om oor te dink”-vraag en reël dan om volgende keer die Bybel se antwoord daarop te bespreek.

Die pamflet ‘Hoe beskou jy die toekoms?’ met die nommers een tot vier wat spesifieke aspekte van die pamflet aandui.

Wanneer ons teruggaan, moet ons die antwoord bespreek en dan weer ’n vraag vra wat die volgende keer bespreek kan word. Ons kan ’n vraag op ons webwerf kies of uit die publikasie wat agterop die pamflet genoem word. Wanneer die tyd reg is, kan ons die brosjure Goeie nuus wat van God kom! of ’n ander studiepublikasie uit die Gereedskapskissie vir Onderrigting aanbied.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel