DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Probeer om die hele prentjie te kry
Probeer om die hele prentjie te kry wanneer jy Bybelverslae lees. Vind uit oor die konteks, die mense wat daarby betrokke was en hoekom hulle sekere dinge gedoen het. Gebruik jou verbeelding om die plekke te sien, die geluide te hoor, die geure te ruik en die karakters se emosies te voel.
KYK NA DIE VIDEO MAAK JOU BYBELLEES INTERESSANTER – UITTREKSEL, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
Watter redes was daar dalk vir die spanning tussen Josef en sy broers?
Wat kan dalk verduidelik hoekom Josef se broers so maklik kwaad geword het en sulke vreeslike dinge gedoen het?
Wat leer ons uit die Bybel oor Josef se pa, Jakob?
Watter pragtige les het Jakob sy seuns geleer oor hoe om verskille te hanteer en vrede te maak?
Hoe het hierdie video jou gehelp?