Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb20 Junie bl. 5
  • Wat kan jy by ervare Christene leer?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat kan jy by ervare Christene leer?
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • Help jongmense om vertroud te raak met Jehovah se organisasie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Jy het rede tot blydskap
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Vind veiligheid as deel van God se organisasie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Leer by meer ervare verkondigers
    Ons Koninkryksbediening—2015
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
mwb20 Junie bl. 5
’n Jong suster hou ’n ouer suster aan haar arm vas.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Wat kan jy by ervare Christene leer?

Party in ons gemeentes dien Jehovah al jare lank. Ons kan baie leer oor hoe hulle op Jehovah vertrou het. Ons kan hulle vra oor die geskiedenis van Jehovah se organisasie en oor hoe Jehovah hulle deur moeilike tye gehelp het. Ons kan dalk een van hulle een aand vir Gesinsaanbidding oornooi en hulle vra om ons van hulle ondervindinge te vertel.

As jy Jehovah al jare lank dien, vertel dan vir jonger broers en susters hoe Jehovah jou al gehelp het. Jakob en Josef het hulle nageslag vertel van al die dinge wat Jehovah vir hulle gedoen het (Ge 48:21, 22; 50:24, 25). Jehovah het later vir familiehoofde gesê om hulle kinders van sy magtige dade te leer (De 4:9, 10; Ps 78:4-7). In ons dag kan ouers en ander in die gemeente vir jonger broers en susters vertel van die wonderlike dinge wat Jehovah deur sy organisasie gedoen het.

KYK NA DIE VIDEO BLY VERENIG AL WORD DIE WERK VERBIED, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het die takkantoor in Oostenryk ons broers in party lande gehelp waar die werk verbied was?

  • Hoe het die broers in hierdie lande hulle geloof sterk gehou?

  • Hoe het baie verkondigers in Roemenië Jehovah se organisasie verlaat, en hoe het hulle teruggekom?

  • Hoe versterk hierdie ondervindinge jou geloof?

Collage: Tonele uit die video ‘Bly verenig al word die werk verbied.’ 1. ’n Kaart wat wys in watter lande die werk in Oos-Europa verbied was. 2. ’n Mimeograaf. 3. Roemeense broers omhels mekaar.

Leer wonderlike dinge by ervare Christene wat jou kan help om jou geloof in Jehovah te versterk!

Wat kan jy doen as die meeste van die broers en susters in jou gemeente eers onlangs gedoop is? Jy kan ondervindinge kry van broers en susters met jare se getroue diens onder “Video’s” in die biblioteek-gedeelte op jw.org of in die Watch Tower Publications Index onder “Life Stories of Jehovah’s Witnesses”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel