SKATTE UIT GOD SE WOORD | GENESIS 48-50
Ouer mense kan ons baie leer
Ons geloof in Jehovah en sy beloftes word versterk wanneer ouer mense vir ons hulle ondervindinge vertel van Jehovah se “wonderlike werke” in hierdie laaste dae (Ps 71:17, 18). As jy die voorreg het om ouer mense in jou gemeente te hê, vra hulle oor
hoe Jehovah hulle gehelp het om hom aan te hou dien al was dit soms moeilik
hoe hulle gevoel het om te sien hoe die getal Koninkryksverkondigers oor die jare gegroei het
hoe bly hulle was wanneer Bybelwaarhede duideliker geword het
die goeie veranderinge wat hulle in Jehovah se organisasie gesien het