Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek
1-7 JUNIE
Soek na geestelike skatte
(Genesis 44:13) Toe het hulle hulle klere geskeur, en elkeen van hulle het sy vrag weer op sy donkie getel en na die stad teruggekeer.
it-2-E 813
Wat dit beteken wanneer mense hulle klere geskeur het
Wanneer die Jode, of ander mense in die Ooste, gehoor het dat een van hulle familielede gesterf het, het hulle gewoonlik hulle klere geskeur om te wys dat hulle hartseer is. Baiekeer wanneer klere geskeur is, is dit aan die voorkant geskeur, net genoeg om die bors te wys. So die klere is nie noodwendig heeltemal geskeur sodat dit nie meer gedra kon word nie.
Die eerste keer dat die Bybel hiervan praat, is toe Ruben, Jakob se oudste seun, sy klere geskeur het nadat hy gesien het dat Josef nie meer in die waterput is nie en gesê het: “Die kind is weg! Wat gaan ek nou doen?” As die eersgeborene was Ruben veral verantwoordelik vir sy jonger broer. Toe daar vir Jakob gesê is dat sy seun dood is, het hy ook sy klere geskeur en saklinne aangetrek om te wys dat hy hartseer is (Ge 37:29, 30, 34), en in Egipte, toe dit gelyk het of Benjamin ’n dief is, het Josef se halfbroers hulle kleure geskeur om te wys dat hulle hartseer is. – Ge 44:13.
8-14 JUNIE
Soek na geestelike skatte
(Genesis 46:4) Ek sal saam met jou na Egipte gaan, en ek sal jou ook weer daarvandaan terugbring, en Josef sal jou oë toedruk wanneer jy sterf.”
it-1-E 220 ¶1
Gesindhede en gebare
Om iemand wat gesterf het se oë toe te druk. Toe Jehovah vir Jakob gesê het “Josef sal jou oë toedruk wanneer jy sterf” (Ge 46:4), het hy basies gesê dat Josef die een sou wees wat Jakob se oë sou toemaak, iets wat gewoonlik deur die eersgebore seun gedoen sou word. So dit lyk asof Jehovah hier vir Jakob gesê het dat Josef die eersgeboortereg moet kry. – 1Kr 5:2.
(Genesis 46:26, 27) Die nakomelinge van Jakob, wat saam met hom na Egipte gegaan het, was 66, buiten die vrouens van Jakob se seuns. 27 Twee seuns is vir Josef in Egipte gebore. Daar was altesaam 70 lede van Jakob se huishouding wat na Egipte gegaan het.
Studienota oor Han 7:14 in nwtsty
Altesaam 75 mense: Stefanus haal dalk nie ’n spesifieke vers uit die Hebreeuse Geskrifte aan wanneer hy sê dat daar altesaam 75 familielede van Jakob in Egipte was nie. Hierdie getal word nie in die Masoretiese teks van die Hebreeuse Geskrifte gevind nie. Ge 46:26 sê: “Die nakomelinge van Jakob, wat saam met hom na Egipte gegaan het, was 66, buiten die vrouens van Jakob se seuns.” Vers 27 sê verder: “Daar was altesaam 70 lede van Jakob se huishouding wat na Egipte gegaan het.” Hier word die mense op twee verskillende maniere getel. Die eerste getal sluit waarskynlik net sy natuurlike nakomelinge in, en die tweede getal is almal wat in Egipte ingegaan het. Die getal van Jakob se nakomelinge word ook in Eks 1:5 en De 10:22 genoem, waar die getal “70” gegee word. Stefanus gee moontlik ’n derde getal wat meer van Jakob se uitgebreide familie insluit. Party sê dat hierdie getal seuns en kleinseuns van Josef se seuns Manasse en Efraim insluit wat in die Septuagint-vertaling van Ge 46:20 genoem word. Ander sê dat dit die vrouens van Jakob se seuns insluit wat spesifiek nie in die getal in Ge 46:26 genoem word nie. So die getal “75” sluit moontlik almal in. Maar hierdie getal was dalk in kopieë van die Hebreeuse Geskrifte wat in die eerste eeu HJ gebruik is. Geleerdes het vir jare geweet dat “75” die getal is wat in Ge 46:27 en Eks 1:5 in die Griekse Septuagint genoem word. En in die twintigste eeu is twee fragmente van Eks 1:5 in Hebreeus uit die Dooie See-rolle gevind wat ook die getal “75” gebruik. Stefanus se getal kom moontlik uit een van daardie eertydse tekste. Maak nie saak watter idee reg is nie, Stefanus se getal is net ’n ander manier om Jakob se nakomelinge te tel.
15-21 JUNIE
SKATTE UIT GOD SE WOORD | GENESIS 48-50
“Ouer mense kan ons baie leer”
(Genesis 48:21, 22) Daarna het Israel vir Josef gesê: “Kyk, ek gaan sterf, maar God sal beslis met julle wees en julle na die land van julle voorvaders terugbring. 22 En ek gee aan jou een deel meer van die land as aan jou broers. Dit is die land wat ek met my swaard en my boog uit die hand van die Amoriete geneem het.”
it-1-E 1246 ¶8
Jakob
Kort voor sy dood het Jakob sy kleinseuns, Josef se seuns, geseën en Jehovah het vir hom gewys dat die jonger Efraim voor die ouer Manasse moet kom. Toe het Jakob vir Josef, wat die dubbele porsie van die eersgeborene sou kry, gesê: “Ek gee aan jou een deel meer van die land as aan jou broers. Dit is die land wat ek met my swaard en my boog uit die hand van die Amoriete geneem het” (Ge 48:1-22; 1Kr 5:1). Omdat Jakob die stuk grond naby Sigem in vrede by die seuns van Hamor gekoop het (Ge 33:19, 20), lyk dit asof hierdie belofte aan Josef ’n bewys van Jakob se geloof was. Hierdie belofte van Jakob was ’n profesie oor die toekomstige oorwinning van Kanaän deur sy nakomelinge asof dit reeds deur sy eie swaard en boog oorwin is. (Sien “AMORITE” in it-1-E.) Josef se dubbele porsie van daardie land het bestaan uit die twee stukke grond wat aan die stamme van Efraim en Manasse gegee is.
(Genesis 49:1) En Jakob het sy seuns geroep en gesê: “Kom staan hier sodat ek vir julle kan sê wat aan die einde van die dae met julle sal gebeur.
it-2-E 206 ¶1
Laaste dae
Jakob se sterfbedprofesie. Toe Jakob vir sy seuns gesê het: “Kom staan hier sodat ek vir julle kan sê wat aan die einde van die dae met julle sal gebeur” of “in die dae wat kom” (AT), het hy gepraat van daardie toekomstige tyd wanneer sy woorde in vervulling sou begin gaan (Ge 49:1). Meer as twee eeue vroeër het Jehovah vir Jakob se oupa Abram (Abraham) gesê dat sy nageslag vir 400 jaar sleg behandel sou word (Ge 15:13). Daarom kon die toekomstige tyd waarna Jakob as “die einde van die dae” verwys het in hierdie geval nie begin tot nadat die 400 jaar van slegte behandeling geëindig het nie. (Vir meer inligting oor Genesis 49 sien die artikels van die seuns van Jakob onder hulle afsonderlike name.) Ons kan dalk ’n latere vervulling van hierdie profesie verwag wat te doen het met die geestelike “Israel van God”. – Ga 6:16; Ro 9:6.
Soek na geestelike skatte
(Genesis 49:27) “Benjamin sal bly verskeur soos ’n wolf. In die oggend sal hy die prooi eet, en in die aand sal hy buit verdeel.”
it-1-E 289 ¶2
Benjamin
Die feit dat Benjamin se nakomelinge goed sou kon veg, is uitgebeeld in Jakob se sterfbedprofesie waar hy van sy geliefde seun gesê het: “Benjamin sal bly verskeur soos ’n wolf. In die oggend sal hy die prooi eet, en in die aand sal hy buit verdeel” (Ge 49:27). Benjaminitiese vegters was daarvoor bekend dat hulle baie goed was met die slingervel en hulle kon klippe met hulle regter- of linkerhand slinger en hulle was “baie akkuraat” (Rig 20:16; 1Kr 12:2). Die rigter Ehud wat die slegte koning Eglon doodgemaak het, was links en was uit die stam van Benjamin (Rig 3:15-21). Israel se eerste koning was Saul, die seun van Kis. Dit is belangrik dat Saul, wat ’n baie sterk vegter teen die Filistyne was, “in die oggend” van die koninkryk van Israel uit die stam van Benjamin gekom het al was dit een van die “kleinste van die stamme” (1Sa 9:15-17, 21). Net so het koningin Ester en eerste minister Mordegai uit die stam van Benjamin “in die aand” van die nasie Israel die Israeliete gered van vernietiging onder die Persiese Ryk. – Est 2:5-7.
29 JUNIE – 5 JULIE
SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 4-5
Soek na geestelike skatte
(Eksodus 5:2) Maar Farao het gesê: “Wie is Jehovah dat ek sy stem moet gehoorsaam en Israel moet wegstuur? Ek ken Jehovah glad nie, en wat meer is, ek sal Israel nie wegstuur nie.”
it-2-E 12 ¶5
Jehovah
So om te “ken” beteken nie noodwendig dat ’n mens net weet van of bewus is van iets of iemand nie. Die dwase Nabal het geweet wat Dawid se naam is, maar hy het nog steeds gevra: “Wie is Dawid?” In ’n sekere sin het hy gevra: “Wie is hy nou eintlik?” (1Sa 25:9-11; vergelyk 2Sa 8:13.) So ook het Farao vir Moses gesê: “Wie is Jehovah dat ek sy stem moet gehoorsaam en Israel moet wegstuur? Ek ken Jehovah glad nie, en wat meer is, ek sal Israel nie wegstuur nie” (Eks 5:1, 2). Toe Farao dit sê, het hy eintlik bedoel dat hy nie erken dat Jehovah die ware God is of enige gesag oor Egipte se koning en sy sake het nie en dat Hy ook nie die mag het om te doen wat Moses en Aäron gesê het Hy gaan doen nie. Maar nou sou Farao en die hele Egipte, en die Israeliete, weet wat daardie naam regtig beteken en wie die persoon agter daardie naam is. Soos Jehovah vir Moses gewys het, sou dit gebeur wanneer God sy wil uitvoer deur Israel te red en vir hulle die Beloofde Land te gee en so sy verbond met hulle voorvaders vervul. Dit sal wees soos God gesê het: “Julle sal beslis weet dat ek Jehovah is, julle God.” – Eks 6:4-8; sien “ALMIGHTY” in it-1-E.