Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb20 Desember bl. 8
  • Hou aan om die tydskrifte te gebruik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hou aan om die tydskrifte te gebruik
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik tydskrifte in jou bediening
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Hoe ons ons tydskrifte ten beste kan benut
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Tydskrifte kondig die Koninkryk aan
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met tydskrifte
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
mwb20 Desember bl. 8
’n Suster praat met ’n vrou oor ’n onderwerp uit ‘Ontwaak!’

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Hou aan om die tydskrifte te gebruik

Sedert 2018 bespreek elke nommer van ons openbare tydskrifte net een onderwerp. Al daardie tydskrifte is deel van ons Gereedskapskissie vir Onderrigting. Daarom kan ons dit in die bediening gebruik. Ons kan ook ’n paar van hierdie verskillende tydskrifte saam met ons vat wanneer ons reis of inkopies doen. Ons gebruik nie hierdie tydskrifte om die Bybel met mense te studeer nie, maar dit kan iemand se belangstelling stimuleer om meer oor God te wil leer.

Nadat jy ’n gesprek begin het, kan jy ’n Bybelvers met die persoon deel en een van die onderwerpe in ’n tydskrif noem waarin hy dalk sal belangstel. Byvoorbeeld, as hy kinders het of ’n hartseer of stresvolle tyd deurmaak, kan jy dalk sê: “Ek het onlangs ’n goeie artikel daaroor gelees. Kan ek dit vir jou wys?” As dit lyk of die persoon belangstel, kan jy vir hom ’n gedrukte tydskrif gee of dit vir hom elektronies stuur, al is dit die eerste besoek. Al is dit nie ons doel om net lektuur te plaas nie, kan die tydskrifte ons help om dié te vind wat bereid is om te reageer op dit wat hulle leer. – Han 13:48.

2018

Collage: Voorbladonderwerpe vir ‘Die Wagtoring’ en ‘Ontwaak!’ in 2018. 1. ‘Is die Bybel vandag nog prakties?’ 2. ‘Wat hou die toekoms in?’ 3. ‘Gee God vir jou om?’ 4. ‘Die pad van geluk.’ 5. ‘12 Geheime vir ’n suksesvolle gesin.’ 6. ‘Hulp vir dié wat treur.’

2019

Collage: Voorbladonderwerpe vir ‘Die Wagtoring’ en ‘Ontwaak!’ in 2019. 1. ‘Wie is God?’ 2. ‘Is die lewe die moeite werd?’ 3. ‘Is hierdie lewe al wat daar is?’ 4. ‘Sal ons ooit veilig voel?’ 5. ‘Ses lesse wat kinders moet leer.’ 6. ‘Kan die Bybel jou lewe verbeter?’

2020

Collage: Voorbladonderwerpe vir ‘Die Wagtoring’ en ‘Ontwaak!’ in 2020. 1. ‘Die waarheid – Hoe om daarna te soek.’ 2. ‘Wat is God se Koninkryk?’ 3. ‘Ewige seëninge van ’n liefdevolle God.’ 4. ‘Kry verligting van stres.’ 5. ‘Antwoorde op 5 vrae oor swaarkry.’ 6. ‘Diskriminasie – Is daar ’n oplossing?’

In watter onderwerpe stel mense in julle gebied belang?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel