Wie gaan hel toe?
Die Bybel se antwoord
Hel (“Sjeool” en “Hades” in die Bybel se oorspronklike tale) is eenvoudig die graf, nie ’n brandende plek van foltering nie. Wie gaan hel toe? Goeie mense sowel as slegte mense (Job 14:13; Psalm 9:17). Die Bybel sê dat hierdie gemeenskaplike graf van die mensdom “die huis van samekoms [is] vir almal wat lewe”.—Job 30:23.
Selfs Jesus het by sy dood hel toe gegaan. Maar “hy het nie in die hel gebly nie”, want God het hom opgewek.—Handelinge 2:31, 32, The Bible in Basic English.
Sal die hel vir ewig bestaan?
Almal wat hel toe gaan, sal daar uitkom wanneer Jesus hulle met God se krag weer lewend maak (Johannes 5:28, 29; Handelinge 24:15). Met verwysing na daardie toekomstige opstanding sê die profesie in Openbaring 20:13: “Die dood en die hel het die dooies gegee wat daarin was” (King James Version). Wanneer die hel leeggemaak is, sal dit nie meer bestaan nie; niemand sal ooit weer soontoe gaan nie, want “die dood sal daar nie meer wees nie”.—Openbaring 21:3, 4; 20:14.
Maar nie almal wat sterf, gaan hel toe nie. Die Bybel toon dat party mense so verstok raak in ’n goddelose weg dat hulle nooit berou sal toon nie (Hebreërs 10:26, 27). Wanneer hierdie mense sterf, gaan hulle nie hel toe nie, maar Gehenna toe, wat ’n simbool van ewige vernietiging is (Matteus 5:29, 30). Jesus het byvoorbeeld aangedui dat party van die huigelagtige godsdiensleiers van sy dag Gehenna toe sou gaan.—Matteus 23:27-33.