Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 143
  • Is dit verkeerd om te rook?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is dit verkeerd om te rook?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Sê die Bybel iets oor die gebruik van dagga of ander dwelms vir ontspanning?
  • Sigarette—Wys jy dit van die hand?
    Ontwaak!—1996
  • Wat moet ek weet omtrent rook?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • Maak dit werklik vir God saak of ek tabak gebruik of nie?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Wat is God se beskouing van rook?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 143
Iemand wat ’n sigaret rook

Is dit verkeerd om te rook?

Die Bybel se antwoord

Die Bybel praat nie van rooka of ander maniere om tabak te gebruik nie. Maar dit bevat beginsels wat wys dat God nie ongesonde en vuil gebruike goedkeur nie, en daarom beskou hy dit as verkeerd as mense rook.

  • Respek vir lewe. ‘God gee aan almal lewe en asem’ (Handelinge 17:24, 25). Omdat lewe ’n geskenk van God is, moet ons niks doen wat ons lewe sal verkort, soos om te rook, nie. Regoor die wêreld is rook een van die hoofoorsake van sterftes wat voorkom kon word.

  • Liefde vir jou naaste. “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Matteus 22:39). Om rondom ander mense te rook, is nie liefdevol nie. Mense wat gereeld aan tweedehandse rook blootgestel word, staan ’n groter kans om dieselfde siektes as rokers te kry.

  • Ons moet heilig wees. ‘Bied julle liggaam aan as ’n offerande wat lewend, heilig en vir God aanneemlik is’ (Romeine 12:1). “Laat ons ons van elke verontreiniging van die vlees en die gees reinig en heiligheid in die vrees van God tot volmaaktheid bring” (2 Korintiërs 7:1). Om te rook is onnatuurlik en pas nie by iemand wat heilig is nie, dit wil sê iemand wat skoon en rein is nie. Mense wat tabak gebruik, neem opsetlik gifstowwe in wat hulle liggaam ernstig beskadig.

Sê die Bybel iets oor die gebruik van dagga of ander dwelms vir ontspanning?

Die Bybel verwys nie spesifiek na dagga of soortgelyke dwelms nie. Maar dit bevat wel beginsels wat wys dat dit verkeerd is om sulke verslawende middels vir ontspanning te gebruik. Behalwe vir die beginsels wat vroeër genoem is, is die volgende beginsels ook van toepassing:

  • Ons moet in beheer wees van ons denkvermoë. “Jy moet Jehovah jou God liefhê met . . . jou hele verstand” (Matteus 22:37, 38). “Bly volkome nugter van verstand” (1 Petrus 1:13). ’n Persoon kan nie heeltemal reg dink as hy dwelms gebruik nie, en baie mense word selfs daaraan verslaaf. Al waaraan hulle dink, is om dwelms in te hande te kry en te gebruik. Hulle dink nie aan opbouende gedagtes nie. — Filippense 4:8.

  • Gehoorsaamheid aan die land se wette. ‘Wees gehoorsaam aan regerings en owerhede’ (Titus 3:1). In baie lande is daar streng wette oor die gebruik van sekere dwelms. As ons God se hart wil bly maak, moet ons gehoorsaam wees aan hierdie wette. — Romeine 13:1.

Tabak en jou gesondheid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie skat dat daar elke jaar omtrent ses miljoen mense doodgaan as gevolg van siektes wat verband hou met die gebruik van tabak, insluitende meer as 600 000 nie-rokers wat deur tweedehandse rook geraak word. Kyk na hoe tabak die gesondheid van mense raak wat dit gebruik asook die mense om hulle.

Kanker. Tabakrook bevat meer as 50 middels wat kanker veroorsaak. Die Encyclopædia Britannica sê dat daar geglo word dat tabakrook “90 persent van alle gevalle van longkanker veroorsaak”. Tabakrook kan kanker in ander organe veroorsaak, insluitende die mond, lugpyp, slukderm, keel, larinks, lewer, pankreas en blaas.

Asemhalingsiektes. Tabakrook vergroot die kanse dat iemand asemhalingsiektes soos longontsteking en griep kan kry. Kinders wat gereeld tweedehandse rook inasem, is meer geneig om asma te kry, chronies te hoes en swakker longontwikkeling en -funksie te hê.

Hartsiektes. Rokers staan ’n groter kans om ’n beroerte te kry of om ’n hartsiekte te ontwikkel. Koolstofmonoksied wat in tabakrook is, beweeg maklik van die longe na die bloedstroom, waar dit suurstof vervang. Omdat daar minder suurstof in die bloed is, moet die hart harder werk om suurstof aan die liggaam te voorsien.

Uitwerking op swangerskap. Vroue wat rook terwyl hulle swanger is, vergroot die kanse dat hulle baba te vroeg gebore word, dat die baba min sal weeg by geboorte of met sekere gebreke, soos ’n haaslip, gebore word. Sulke babas kan ook asemhalingsprobleme ontwikkel of doodgaan as gevolg van sindroom van skielike sterfte by suigelinge.

a Om te rook verwys hier na iemand wat aspris tabakrook inasem deur middel van sigarette, sigare, pype of tabakpype wat met water werk. Maar die beginsels wat hier bespreek word, is ook van toepassing op iemand wat tabak kou of snuif, elektroniese sigarette rook wat nikotien bevat en soortgelyke produkte gebruik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel