Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 3/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
  • Hoe om verkragting te verwerk
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 3/8 bl. 30

Van ons lesers

Gewig verloor Dankie vir die artikel oor gewig verloor (22 Mei 1989). Verlede April was ek ’n 58-jarige vrou met suikersiekte en hoë bloeddruk, en ek het [80 kilogram] geweeg. Ek was ook baie terneergedruk. Vandag weeg ek [72 kilogram], het ek minder insulien nodig en is my bloeddruk uitstekend. Ek is ook nie meer so terneergedruk nie. Ek het dit reggekry deur op my suiker- en vetinname te let en elke oggend [vyf kilometer] te stap met gewigte van [454 gram] om elke pols. Ek lyk dalk komieklik wanneer ek stap, maar ek het ’n paar oorwinnings behaal en ek glo dat ek die stryd sal wen. Nogmaals dankie.

E. P., Kanada

Lockerbie-tragedie Julle kommentaar oor die biskop van Galloway in die artikel oor die Lockerbie-ramp het my ontstel (22 Julie 1989). Julle vertolk hom verkeerd wanneer julle sê dat hy ‘bitter woorde teenoor God’ geuiter het toe hy gevra het: ‘Waarom het God dit laat gebeur?’

A. W., Brittanje

Ons het die biskop se woorde akkuraat weergegee soos dit in “The New York Times” van 26 Desember 1988 aangehaal is. Maar ons het sedertdien ’n afskrif van die biskop se preek gekry, en blykbaar het hy bedoel om ander se gedagtes, nie sy eie nie, met sy woorde weer te gee. Die biskop se woorde is nietemin aangehaal om te toon dat hy nòg die Bybel se antwoord op daardie vraag gegee het, nòg op die Bybel se hoop vir die dode gewys het (Johannes 5:28, 29).—RED.

Vloekery Die artikel “Jongmense vra . . . Hoe kan ek die drang om te vloek weerstaan?” het net betyds verskyn! (8 September 1989). Met ’n huweliksmaat wat teen die Christelike godsdiens gekant is, is dit soms vir my moeilik om my tong in toom te hou. Die drang om te vloek het my skaam laat voel en laat voel dat ek God se liefde nie waardig is nie. Hierdie wonderlike artikel het my die nodige leiding gegee om die versoeking om te vloek te weerstaan.

C. D., Verenigde State

Voorkom verkragting Die vrou in julle artikel (22 Augustus 1989) het gesê dat sy ‘verkragting kon verhoed omdat Jehovah haar gehelp het’. Beteken dit dat diegene wat wel verkrag word nie God se hulp het nie? Waarom sal hy een mens help en ’n ander nie?

V. R., Verenigde State

Die Bybel sê nie dat God sy volk wonderbaarlik teen die kwaad beskerm nie. God se wette aan Israel het getoon dat dit moontlik was dat getroue knegte van God verkrag kon word (Deuteronomium 22:23-27). God het ons egter van skriftuurlike leiding voorsien wat ons van nut kan wees as ons dit toepas. En die Bybelse raad oor hoe om jou teen verkragting te verset, was vir die vrou wat ter sprake is ’n beskerming. Sy het God gepas vir hierdie nuttige inligting gedank.—RED.

Rokery Die voorblad van die nommer “Dood te koop” (8 Julie 1989) het mense se aandag werklik getrek. Ek besoek gereeld ’n ouerige dame wat ’n kettingroker is. Sy teken reeds jare lank in op Ontwaak! maar lees selde die artikels. Ek het haar onlangs besoek en agtergekom dat ek uiteindelik in haar huis kon asemhaal. Ja, sy het probeer om op te hou rook. Toe sy daardie nommer gesien het, het sy dit van voor tot agter gelees, en nou wil sy die Bybel bestudeer en na die Koninkryksaal gaan. Dankie dat ons tydskrifte so aantreklik is!

C. P., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel