Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 5/8 bl. 31
  • Nasionale Yosemite-park—100 jaar oud

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nasionale Yosemite-park—100 jaar oud
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Ruigryp—Wie is die kunstenaar?
    Ontwaak!—1994
  • Daar is lewe in Death Valley
    Ontwaak!—2006
  • Bly in “die vallei van die berge”
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
  • ’n Paradys met ’n verskil
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 5/8 bl. 31

Nasionale Yosemite-park—100 jaar oud

DIE rit vanaf Merced, Kalifornië, VSA, die berge in berei ’n mens kwalik voor op die ontsagwekkende gesig wat jou begroet wanneer jy deur ’n tonnel op die hoofpad ry. Jy word onmiddellik getref deur die grootheid van die Yosemite-vallei, met sy yslike rotsmassas en skerp pieke wat uittroon bokant die valleivloer, wat self 1 200 meter bo seespieël is. Na links rys El Capitan loodreg op tot ’n hoogte van 1 100 meter; na regs is Bridalveil-waterval, wat 190 meter na benede val; in die verte na regs is die enorme Half Dome, wat 2698 meter oprys. Hierdie gesig is so onverwags en asemrowend. Onwillekeurig dink jy aan die woorde: “Die Rots [Jehovah]—volkome is sy werk.”—Deuteronomium 32:4.

Miljoene mense van dwarsoor die wêreld het hulle al verlustig in die skoonheid en prag van die Nasionale Yosemite-park sedert die Amerikaanse Kongres dit in 1890 geproklameer het. Reeds in 1864 het die Kongres die Yosemite-vallei aan Kalifornië gegee as ’n openbare park. Deesdae word Yosemite gedurende die toeristeseisoen deur besoekers oorstroom. Maar as jy na afsondering soek, kan jy altyd die High Sierra aandurf en die hele panorama uit ’n arend se oogpunt aanskou.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel