Ruigryp—Wie is die kunstenaar?
WANNEER lug wat met waterdamp versadig is saans afkoel, kan dit nie langer al die water hou nie. Die oortollige water vorm ’n douneerslag. Maar wanneer die lugtemperatuur tot benede vriespunt daal, sublimeer die oortollige water—dit wil sê, dit slaan die doustadium oor en vorm ’n ysneerslag. Die rypkristalle wat so gevorm word, is plaatagtig en lyk soos sneeukristalle. Wanneer dit op huise se vensters neerslaan, word hulle treffende geometriese vorms en kantagtige patrone bewonder. Baie kunstig.
Maar daar is ’n selfs treffender vorm van rypkristalle, wat as ruigryp bekend staan. Hulle is seskantige, hol ysnaalde wat opwaarts wys, en wanneer hulle buite in groepies voorkom, is dit ’n pragtige toneel en word hulle gepas ysblomme genoem. Vroeg een sonnige oggend in Yosemite- Nasionale Park, Kalifornië, is hierdie ysblomme gevind waar hulle gegroei het op rotse in die water van die Mercedrivier wat deur die Yosemitevallei vloei. Ook baie kunstig en voortgebring deur die fisiese wette wat deur die Skepper van die heelal vasgestel is. “U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.”—Openbaring 4:11.