Gratis publikasies
GRATIS koerante in Brittanje het ’n advertensie-inkomste van honderdmiljoene rande omdat daar weekliks tienmiljoene eksemplare versprei word. Die resultate verskil grootliks van die minagtende voorspellings toe dit meer as 20 jaar gelede verskyn het. “Mense het die spot gedryf met die gedagte dat jy in iets kon adverteer wat gratis is”, het Ian Locks, uitvoerende direkteur van die Vereniging vir Gratis Koerante, gesê. Maar om die waarheid te sê, “het dit gelei tot ’n hele nuwe reeks gratis koerante, tydskrifte en blaadjies as ’n nuwe genre van bemarkingsgeleenthede”, het hy bygevoeg.
Tydskrifte ook? Ja. Daar word meer as 400 verskillende tydskrifte, waarvan daar ook tienmiljoene versprei word, in die Verenigde Koninkryk weggegee. Baie lae pryse het adverteerders van die tradisionele plaaslike koerante gelok, waarvan baie nie meer bestaan nie of nou self gratis weggegee word. The Times van Londen beskryf die verskynsel as “’n dinamiese nuwe krag in Brittanje se uitgewersbedryf”, ’n krag wat hier is en hier gaan bly.