Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 10/22 bl. 3
  • Die mag van koerante

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die mag van koerante
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Die vraag na nuus word bevredig
    Ontwaak!—2005
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2005
  • Hoe om by koerante baat te vind
    Ontwaak!—2005
  • Gratis publikasies
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 10/22 bl. 3

Die mag van koerante

Toe die Eerste Wêreldoorlog ’n einde gemaak het aan die monargie in Duitsland, het ’n sosiaal-demokratiese regering in Berlyn aan die bewind gekom. Later het Kommuniste hierdie nuwe regering probeer omverwerp. Die Kommuniste sowel as die regering het gemeen dat beheer oor die pers hulle nie net beheer oor die openbare mening sou gee nie, maar ook oor die mense. So het ’n geweldige stryd begin om beheer oor die pers te kry.

GEDURENDE die afgelope paar eeue het koerante die kultuur gevorm, die politiek beïnvloed, ’n belangrike rol in die sakewêreld gespeel en die daaglikse lewe van miljoene mense geraak. Watter rol speel dit in jou lewe?

In 1605 het Duitsland blykbaar die geboorteplek van Europa se eerste koerant geword. Vandag is daar in party plekke sowat 3 uit 4 mense bo die ouderdom van 14 wat elke dag ’n koerant lees. Terwyl daar in sekere ontwikkelende lande minder as 20 eksemplare van ’n dagblad vir elke 1 000 mense is, is daar in Noorweë meer as 600. Wêreldwyd is daar ongeveer 38 000 koerante wat om lesers meeding.

Oral lig koerante die publiek in oor belangrike aangeleenthede. Maar hulle doen meer as dit. Hulle voorsien inligting op grond waarvan baie lesers menings vorm. “Ons gewoonte om elke dag die koerant te lees”, sê Dieter Offenhäusser van die Duitse Kommissie vir UNESCO, beïnvloed “ons gesindhede, ons gedrag en selfs ons fundamentele sedelike waardes”.

Geskiedkundiges sê dat koerante al oorloë aangeblaas, ondersteun en geregverdig het. Hulle verwys na die Frans-Pruisiese Oorlog van 1870-71, die Spaans-Amerikaanse Oorlog van 1898 en die Viëtnamese Oorlog van 1955-75. Baie sakemanne, wetenskaplikes, vermaaklikheidsterre en politici is al geruïneer weens ’n skandaal wat in die koerante gepubliseer is. In die bekende Watergate-skandaal van die middel-1970’s het ondersoekende joernalistiek ’n reeks gebeure aan die gang gesit wat die Amerikaanse president Richard M. Nixon gedwing het om uit te tree. Ja, hetsy ten goede of ten kwade, die pers kan ’n invloedryke mag wees om mee rekening te hou.

Maar hoe het hierdie invloed begin? Hoe betroubaar is die inligting in ons koerante? Watter voorsorgmaatreëls kan ons help om daarby baat te vind?

[Prent op bladsy 3]

Die Berlynse koerantoorlog ná die Eerste Wêreldoorlog

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel