Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 10/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sê die Bybel oor dinosourusse?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
  • Die ontdekking van ‘die groot reptiele’ van die verlede
    Ontwaak!—1990
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 10/22 bl. 30

Van ons lesers

Vakansie tuis Dit lyk of julle artikel (22 Junie 1990) net vir my geskryf is. Al die wenke was werklik goed, soos om dinge saam met ander te doen, aan die huis te werk, my kamer op te knap, plaaslike besienswaardighede te besoek, en meer Skriflesing te doen. Aangesien ek nog skoolgaan, het ek sewe weke vakansie in die somer. Danksy julle hulp sal ek hierdie tyd verstandiger gebruik.

M. K., Bondsrepubliek Duitsland

Stiergevegte Julle artikel oor stiergevegte (8 Julie 1990) was heel merkwaardig. Die meeste jongmense in Spanje sal eerder na ’n sokkerwedstryd gaan kyk as om so ’n gedoente by te woon, maar reisagente dring daarop aan dat toeriste na die stiergevegte gaan kyk. Die stadium van die geveg wanneer die pikadors die bul aandurf, is selfs wreder as wat julle beskrywing gesê het, aangesien die perde wat gebruik word dikwels beseer word.

C. M., Bondsrepubliek Duitsland

Franse Revolusie Dankie vir julle artikel oor die Franse Revolusie (22 Desember 1989). Aangesien ek ’n Amerikaner van Franse afkoms is, het ek die artikel uiters insiggewend en interessant gevind. Ek waardeer die verskeidenheid van artikels wat in die Ontwaak! verskyn.

J. F. S., Verenigde State

Lupus Ek was ongeveer ses maande lank siek, en dokters het nie geweet wat met my verkeerd was nie. ’n Paar dae nadat ek julle artikel oor lupus (8 Mei 1990) gelees het, het ’n diagnose bevestig dat ek ook lupus het. As dit nie vir hierdie artikel was nie, sou ek geen benul gehad het waarvan die dokters gepraat het nie. Omdat ek iets van die siekte geweet het, kon ek vrae vra wat ek andersins nie sou kon vra nie. Baie dankie dat julle my ingelig het.

K. S., Engeland

Dinosourusse As argeoloog en geoloog het ek die Ontwaak!-artikels oor dinosourusse (8 Februarie 1990) nogal geniet. Wat die tyd van hulle verdwyning betref, het die artikels gesê dat mensefossiele in rotslae aangetref word wat ver bokant dié is waarin dinosourusfossiele aangetref word en dat daar rotslae tussenin is. In baie wêrelddele word fossiele ook in hierdie tussengeleë rotslae, of strata, aangetref. Talle nuwe variëteite, of soorte, diere word in hierdie lae aangetref, soos olifante, sabeltandkatte en verskillende variëteite loopvoëls. Dit gee ’n sterk aanduiding dat God na die verdwyning van die dinosourusse steeds nuwe diere geskep het en dat die dinosourusse gedurende die sesde skeppingstydperk verdwyn het.

G. S., Kanada

Die Bybel sê nie wanneer dinosourusse geskep is of verdwyn het nie. Die kommentare van G. S. is nietemin interessant.—RED.

Epilepsie Ek vind dat baie mense epilepsie (22 Junie 1990) nie verstaan nie. Mense sê vir my dat ek my tong sal insluk, maar dokters sê dit is fisies gesproke onmoontlik. Daar is ook al vir my gesê dat ek van die duiwel besete is weens wat die Bybel in Mattheüs 4:24 sê. Weens vooroordeel weier mense om epileptici toe te laat om sekere dinge te doen. Maar baie min is in werklikheid vir ons onmoontlik.

V. E., Australië

Heelwat misverstand het al ontstaan in verband met Mattheüs 4:24, “NW”, wat vertel hoe Jesus “demonbesetenes en epileptici en verlamdes” genees het. Maar ’n sorgvuldige ondersoek van die konteks toon dat die Bybel in werklikheid ’n onderskeid tref tussen demonbesetenheid en fisiese siektes, soos epilepsie.—RED.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel