Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 10/8 bl. 31
  • Aapwysheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aapwysheid
  • Ontwaak!—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Les 2
    My Bybellesse
  • My Bybellesse
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Kinders ‘te leen’—Hoe verstandig is die gebruik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Die dissipelmaakwerk het my lewe gerig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 10/8 bl. 31

Aapwysheid

In Sierra Leone, Wes-Afrika, is daar ’n gesegde: “Die aap sê nie net vir haar kind: ‘Hou styf vas!’ nie. Sy sê: ‘Kyk af.’”

Dit herinner ons aan die klein apie wat hoog in die bome aan sy ma se rug vasklou. Die gedagte agter die gesegde is dat as Mamma net vir hom sê om styf aan haar vas te hou, haar kleintjie dit dalk vir ’n tydjie sal doen, maar aangesien hy nie weet wat die rede agter haar opdrag is nie, hy dalk gou daarvan sal vergeet en nie meer so styf sal vashou nie.

Maar as die kleinding afkyk, sal hy sien hoe ver hy van die grond af is, en dit sal kragtiger in hom ingeprent word dat sy lewe daarby betrokke is. Hy kan byvoorbeeld ernstig beseer word of selfs sy lewe verloor! Omdat hy die gevaar nou beter verstaan, het hy goeie rede om styf vas te hou. Enige vermaning of bevel wat nou bygevoeg word, sal meer gerespekteer word.

Wat ’n puik beginsel om ander, veral kinders, te onderrig. Die les van die verhaal is om nie net bevele uit te deel nie, maar dat dit belangriker is om hulle te help om dit te verstaan.

Soms kan daar natuurlik nie genoeg tyd wees om dit eers te doen nie. As jou kind byvoorbeeld, sonder om versigtig te kyk, begin om ’n besige straat oor te steek, kan jy hom beveel om stil te staan en onmiddellik terug te kom. Om hier eers die bevel te gee, is kritiek. Maar dan kan ’n verduideliking van die gevaar waarin die kind hom bevind het hom help om jou opdrag te verstaan.

Die voordeel van hierdie benadering—om nie net die bevel te gee nie maar ook om hom te help om dit te verstaan—word gevind in die Bybelspreuk: “Wie die wet bewaar, is ’n verstandige seun.”—Spreuke 28:7.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

© Zoological Society of San Diego

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel