Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 10/22 bl. 7-9
  • Die beste hulp is beskikbaar!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die beste hulp is beskikbaar!
  • Ontwaak!—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Regte beskouing van die lewe
  • Christelike riglyne
  • Wat sê die Bybel oor genadedood?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Vertroos dié wat terminaal siek is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Hoe moet terminale pasiënte versorg word?
    Ontwaak!—1991
  • Wanneer ’n geliefde terminaal siek is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 10/22 bl. 7-9

Die beste hulp is beskikbaar!

DIE keuse en mate van sorg vir terminale pasiënte kan vir die Christen moeilike vrae tot gevolg hê. Byvoorbeeld:

Sal dit onskriftuurlik wees as ’n mens nie alles moontlik doen om ’n lewe te red nie? En as dit sedelik aanvaarbaar is om toe te laat dat iemand natuurlik sterf, sonder intensiewe optrede om die lewe te verleng, wat van genadedood—’n voorbedagte, besliste daad om ’n pasiënt se lyding te beëindig deur sy lewe daadwerklik te verkort of te beëindig?

Dit is vandag belangrike vrae. Maar ons het hulp om hulle te kan beantwoord.

’n Geïnspireerde skrywer het gepas gesê: “God is vir ons ’n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef” (Psalm 46:2). Dit geld ook vir ons wat die onderwerp onder bespreking betref. Jehovah God is die bron van die wysste, mees ervare hulp. Hy het al die lewe van miljarde mense gesien. Hy weet—beter as enige dokter, etikus of prokureur—wat die beste is. Kom ons kyk dus watter hulp hy vir ons beskikbaar stel.—Psalm 25:4, 5; Hebreërs 4:16.

’n Regte beskouing van die lewe

Dit is goed as ons besef dat die filosofie van lewensbehoud tot elke prys nie net tot mediese tegnoloë beperk is nie. Dit is ’n natuurlike produk van die hedendaagse wêreldlike filosofie. Waarom is dit so? Wel, as hierdie huidige lewe al is wat daar is, dan lyk dit of elke mens se lewe in alle omstandighede en tot elke prys behou moet word. Maar hierdie wêreldlike filosofie het in sommige gevalle tegniese nagmerries tot gevolg gehad—bewustelose mense wat jare lank met masjiene “aan die lewe” gehou word.

Aan die ander kant is daar diegene wat in die onsterflikheid van die mensesiel glo. Volgens hulle filosofie is hierdie lewe net ’n tussenstasie op die weg na iets beters. Plato, een van die vaders van hierdie filosofie, het gesê:

“Die dood is óf ’n toestand waarin ’n mens nie bestaan nie en totaal bewusteloos is, óf, soos die mense sê, daar is ’n verandering en migrasie van die siel van hierdie wêreld na ’n ander. . . . As die dood ’n reis na ’n ander plek is . . . wat, o my vriende en regters, kan beter as dit wees?”

Iemand wat daardie opvatting huldig, beskou die dood dalk as ’n vriend wat verwelkom moet word en moontlik selfs bespoedig moet word. Maar die Bybel leer dat die lewe vir Jehovah heilig is. “By U is die fontein van die lewe”, het die geïnspireerde psalmdigter geskryf (Psalm 36:10). Moet ’n ware Christen dan instem om ’n aandeel te hê in genadedood?

Sommige meen dat die Skrif van die onderwerp melding maak waar koning Saul, wat ernstig gewond was, sy wapendraer gesmeek het om hom dood te maak. Hulle beskou dit as ’n soort genadedood, ’n doelbewuste daad om die dood te bespoedig van iemand wat reeds sterwend was. ’n Amalekiet het later beweer dat hy voldoen het aan Saul se versoek om doodgemaak te word. Maar is daar gedink dat daardie Amalekiet ’n goeie ding gedoen het deur Saul se lyding te beëindig? Inteendeel. Dawid, die gesalfde van Jehovah, het beveel dat hierdie Amalekiet vir sy bloedskuld gedood moes word (1 Samuel 31:3, 4; 2 Samuel 1:2-16). Hierdie Bybelse gebeurtenis regverdig dus geensins dat ’n Christen enigsins ’n aandeel in genadedood kan hê nie.a

Maar beteken dit dat ’n Christen alles tegnologies moontlik moet doen om ’n lewe wat eindig te verleng? Moet ’n mens die sterfproses so lank as moontlik uitrek? Die Skrif leer dat die dood nie die mens se vriend is nie maar ’n vyand (1 Korinthiërs 15:26). Bowendien, die dooies verduur nie lyding nie en is ook nie in die saligheid nie, maar hulle is in ’n toestand soortgelyk aan slaap (Job 3:11, 13; Prediker 9:5, 10; Johannes 11:11-14; Handelinge 7:60, NW). Die dooies se vooruitsigte vir lewe in die toekoms is heeltemal afhanklik van God se mag om hulle deur Jesus Christus op te wek (Johannes 6:39, 40). God het dus hierdie nuttige kennis aan ons voorsien: Die dood is nie iets waarna ons moet uitsien nie, maar ons is ook nie verplig om desperate pogings aan te wend om die sterfproses te verleng nie.

Christelike riglyne

Watter riglyne kan ’n Christen toepas in ’n situasie waar die dood ’n geliefde in die gesig staar?

Ons moet ten eerste erken dat elke situasie waarby ’n dodelike siekte betrokke is anders is, tragies anders, en daar is nie algemene reëls nie. Die Christen moet boonop sorg dat hy die landswette in sulke gevalle in ag neem (Mattheüs 22:21). Hou ook in gedagte dat geen liefdevolle Christen mediese nalatigheid sou voorstaan nie.

Slegs wanneer ’n dodelike siekte ’n voldonge feit is (waar daar duidelik vasgestel is dat die situasie hopeloos is), sal ’n mens dit oorweeg om te vra dat die lewensondersteunende prosedures gestaak word. In sulke gevalle is daar geen skriftuurlike rede om aan te dring op mediese prosedures wat bloot die sterfproses wat reeds ver gevorderd is, sal verleng nie.

Hierdie situasies is dikwels baie moeilik en kan pynlike besluite behels. Hoe weet ’n mens byvoorbeeld wanneer ’n situasie hopeloos is? Hoewel niemand volkome seker kan wees nie, moet ’n mens verstandig, asook met ernstige oorleg, te werk gaan. ’n Mediese geskrif wat dokters raad gee, sê:

“As daar ’n meningsverskil is oor die diagnose of die prognose of albei, moet daar met lewensondersteuning voortgegaan word totdat redelike eenstemmigheid bereik word. Maar as ’n mens aandring op sekerheid buite redelike perke kan dit probleme skep vir die geneesheer wat die behandeling moet kies in gevalle wat klaarblyklik hopeloos is. Die uitsonderlike gevalle van pasiënte met ’n soortgelyke toestand en wat dit oorleef het, is nie ’n oorheersende rede om met drastiese behandeling voort te gaan nie. Sulke onbeduidende statistiese moontlikhede weeg nie op teen die redelike verwagtings van die uitkoms wat ’n invloed op die besluite oor behandeling sal hê nie.”

In so ’n moeilike situasie sal die Christen, of hy nou ’n pasiënt of ’n familielid is, tereg in sekere mate hulp van sy geneesheer verwag. Hierdie mediese geskrif kom tot die slotsom: “In elk geval, dit is onredelik om eenvoudig ’n klomp mediese feite en opsies te voorsien en die pasiënt aan sy lot oor te laat sonder om hom enige verdere leiding te gee oor wat hom te doen staan.”

As bekwame bedienaars kan plaaslike Christen- ouere manne ook van groot hulp wees. Die pasiënt en sy naasbestaandes moet natuurlik hulle eie gebalanseerde besluit neem in hierdie hoogs emosionele situasie.

Ten laaste, dink na oor die volgende: Christene wil baie graag aan die lewe bly sodat hulle die vreugde kan smaak om God te dien. Maar hulle besef dat ons almal in hierdie huidige stelsel besig is om dood te gaan; in hierdie opsig is ons almal dodelik siek. Dit is slegs deur die bloed van Jesus Christus waardeur ons vrygekoop is dat ons enige hoop het om daardie situasie te verander.—Efesiërs 1:7.

Wanneer ’n geliefde sterf, hoe moeilik dit ook al is, hoef ons nie pyn en droefheid te verduur “soos die ander wat geen hoop het nie” (1 Thessalonicense 4:13). Inteendeel, ons put vertroosting uit die feit dat ons die beste wat ons kon vir ons siek geliefde gedoen het en dat enige mediese bystand wat ons ingeroep het hoogstens tydelike hulp was. Maar ons het die verblydende belofte van die Een wat ons van al sulke probleme sal bevry wanneer ‘die laaste vyand, die dood, vernietig word’.—1 Korinthiërs 15:26.

Ja, die beste hulp vir die sterwendes sal uiteindelik kom van die God wat lewe aan die eerste mense gegee het en wat ’n opstanding belowe aan diegene wat geloof in hom en in sy Seun, Jesus Christus, beoefen.—Johannes 3:16; 5:28, 29.

[Voetnoot]

a Sien die Ontwaak! van 8 Julie 1978, bladsye 4-7, en 22 Julie 1974, bladsye 22-23, vir verdere kommentare oor sogenaamde genadedood.

[Prent op bladsy 8]

Voorsien die dood van Saul ’n grondslag vir genadedood?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel