Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 11/22 bl. 28-29
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die nadraai van die Koue Oorlog
  • Die dood deur aborsie
  • Een maand sonder ’n motor
  • Vulkaanverslaafdheid
  • Bloedoortappings nie die “gawe van die lewe” nie
  • Kampusgeweld in Nigerië
  • Vir ’n uur se arbeid
  • Teddiebeeralarms
  • Die waarde van die eenvoudige aartappel
  • Ongeletterdheid neem wêreldwyd af
  • Vigs—“dekades lank nog hier”
  • Bloedoortappings—Hoe veilig?
    Hoe kan bloed jou lewe red?
  • Gawe van lewe of kus van die dood?
    Ontwaak!—1990
  • “Regskwessies by oortappingsgeneeskunde”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • VIGS—sy tragiese slagting onder kinders
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 11/22 bl. 28-29

Ons beskou die wêreld

Die nadraai van die Koue Oorlog

Volgens ’n nuwe studie wat deur World Priorities, ’n navorsingsgroep in Washington, DC, gedoen is, was wêreldwye militêre besteding, ondanks die beëindiging van die Koue Oorlog, in 1990 steeds meer as R2475 miljard, en in werklikheid was dit meer as 60 persent hoër as die gemiddelde jaarlikse uitgawes van die sewentigerjare. Die jaarverslag World Military and Social Expenditures 1991 het ook gevind dat die sterfteverhouding van burgerlikes onder diegene wat wêreldwyd in oorloë omgekom het in die tagtigerjare tot 74 persent en in 1990 tot 90 persent gestyg het. Die skrywer van die verslag, Ruth Leger Sivard, ’n ekonoom, het hierdie styging in sterfgevalle onder burgerlikes toegeskryf aan wapens wat al hoe dodeliker word. “Vandag se sogenaamd konvensionele wapens het nou byna net soveel vernietigingskrag as klein kernwapens”, het sy gesê. Die studie het ook gevind dat die wêreld se gewapende magte die grootste enkele oorsaak van besoedeling op aarde is; in die Verenigde State produseer hulle jaarliks meer gifstowwe as die vyf grootste chemikaliemaatskappye saam.

Die dood deur aborsie

“In Nigerië sterf ongeveer 10-000 vroue elke jaar weens aborsies en 200 000 [word] vir komplikasies gehospitaliseer”, het Nigerië se Sunday Concord berig. Tieners is moontlik by tot 20 persent van hierdie gevalle betrokke. Dr. Uche Azie, ’n direkteur van Family Planning International Assistance, het volgens berig gesê dat “baie probeer om die aborsie self uit te voer”. Hy het daarop gewys dat onkunde omtrent geslagsake hoofsaaklik verantwoordelik is vir swangerskappe wat tot aborsie lei.

Een maand sonder ’n motor

In antwoord op ’n versoek deur sosioloë het ses gesinne in Bremen, Duitsland, aangebied om een maand lank sonder hulle motors klaar te kom. Hulle het van ander vervoermiddels gebruik gemaak en hulle daaglikse ondervindings aangeteken. “Die motor sonder die gebruiker van die omgewing af”, het die projekleier, professor Krämer-Badoni, in die Süddeutsche Zeitung verduidelik. “Jy wil net so gou as moontlik êrens kom.” Maar wanneer ’n mens per bus of per fiets of te voet reis, word jy meer bewus van die omgewing en let jy mooi geboue op of knoop jy gesprekke aan. “Die ritte op sigself word belangrik”, sê die professor. Na die eksperiment het vyf van die gesinne hulle motors verkoop.

Vulkaanverslaafdheid

Toe die vulkaan Unzen vroeër vanjaar in Suid-Japan uitgebars het, het meer as 30 mense omgekom. Onder hulle was daar drie vulkanoloë. Kollegas was veral ontsteld oor die dood van die Amerikaner Harry Glicken, aangesien hy gedurende die dae net voor sy dood waarskuwings aan die media uitgereik het. Saam met hom was ’n waagsame man-en-vrou-span, Maurice en Katia Krafft van Frankryk, wat gedurende die afgelope 25 jaar bekendheid verwerf het vir hulle navorsing, boeke en video’s wat oor die wêreld se aktiefste en gevaarlikste vulkane handel en teen hulle gevare waarsku. Die Asahi Evening News het aangehaal wat Maurice Krafft vroeër gesê het: “As ek eendag moet sterf, wil ek hê dit moet op die rand van ’n vulkaan wees.” Die paartjie het hulle geesdrif vir vulkane met “verslaafdheid” vergelyk en gesê: “As jy eers ’n uitbarstende vulkaan van naby gesien het, kan jy nie daarsonder lewe nie.”

Bloedoortappings nie die “gawe van die lewe” nie

Kan bloedoortappings werklik lewens red? Al hoe meer mediese kenners twyfel daaroor. Die hoof van hematologie by Australië se Royal North Shore-hospitaal in Sydney bespreek sy besorgdheid oor die veiligheid van bloedoortappings in die Medical Journal of Australia. Hy meen dat daar ’n verband is tussen kanker, infeksies en bloedoortappings. Die Courier-Mail van Brisbane haal hierdie vooraanstaande dokter soos volg aan: “’n Bloedoortapping is vroeër as ’n gawe van die lewe beskou, maar die bordjies is verhang en die algemene opvatting is nou dat bloedlose chirurgie en die vermyding van bloedoortappings die gawe van die lewe kan wees. Nuwe gegewens wat daarop dui dat ’n bloedoortapping gedurende chirurgie ’n risikofaktor vir die terugkeer van kanker en vir post-operatiewe infeksie is, is kommerwekkend.”

Kampusgeweld in Nigerië

Geheime kultusse sluip op die universiteitskampusse in Nigerië rond en “het verlammende vrees en afgryse ontketen”, sê The Observer van Nigerië. Lede van die kultusse is na bewering met vuurwapens, byle, messe en suur gewapen. Hulle het volgens berigte selfs sommige fakulteitslede aangeval en medestudente verkrag en gemartel. Gevegte tussen strydende kultusbendes het die dood van ten minste vier studente tot gevolg gehad. Hierdie kampuskultusse bestaan hoofsaaklik uit studente wat van ryk gesinne af kom, sê The Observer. Die minister van onderwys het universiteitsowerhede aangesê om lede van hierdie geheime kultusse uit te sit en het gedreig om institute te sluit wat dit nie doen nie.

Vir ’n uur se arbeid

’n Onlangse studie het die verdienvermoë van werkers in 159 verskillende beroepe uit 49 sosiale vlakke dwarsdeur die wêreld vergelyk, berig die Franse koerant Le Monde. Die studie, wat deur die Internasionale Arbeidsorganisasie onderneem is, toon net hoe die werkers se koopkrag van plek tot plek buite verhouding kan wees. ’n Wewer in Soedan, ’n kelner in Sri Lanka, ’n spinner in Joego-Slawië, ’n busbestuurder in Bangladesj en ’n bakker in die Sentraal-Afrikaanse Republiek moet byvoorbeeld meer as drie uur werk om net een kilogram rys te kan koop. In teenstelling hiermee kan ’n kantoorwerker in Frans-Polenesië of ’n skrynwerker in Swede met die loon vir net een uur se werk ten minste nege kilogram rys koop.

Teddiebeeralarms

Die sindroom van skielike sterftes by suigelinge is ’n wesentlike vrees van baie ouers. Nou kan suigelinge 24 uur per dag gemonitor word deur middel van hipertegnologiese teddiebere wat deur dr. Jan Heunis van Aerospace Research Laboratories in Suid-Afrika ontwerp is. Die troetelbare speelding monitor die suigeling se lewensfunksies. The Star, ’n koerant wat in Johannesburg uitgegee word, het oor die toestel verslag gedoen en gesê dat as daar onreëlmatighede in die kind se lewensfunksies is, soos “abnormaliteite in temperatuur, ’n stadige hartklop of ’n versnelde polsslag”, ’n alarm sal afgaan om die ouers oor die moontlike gevaar te waarsku. Die “Medi-teddie”, soos die nuwe produk al genoem is, kos ongeveer R600.

Die waarde van die eenvoudige aartappel

“Toe die Europese veroweraars in Amerika aangekom het, het hulle met die idee gekom dat metale en edelgesteentes die rykdom was. Drie eeue moes verbygaan voordat die ekonomiese waarde van die aartappel ‘ontdek’ is.” So sê Eduardo H. Rapoport van die Streeksuniversiteitsentrum van Bariloche, Argentinië, in die Brasiliaanse tydskrif Ciência Hoje. Aartappels is een van die belangrikste en voedsaamste kossoorte en bevat baie vitamiene. Hulle waarde is jaarliks dus in die miljarde dollars. Rapoport voeg by: “Die waarde van die wêreld se aartappeloes per jaar is baie groter as al die goud en silwer wat Spanje uit Amerika geneem het.”

Ongeletterdheid neem wêreldwyd af

“Vir die heel eerste keer het die aantal ongeletterdes in die wêreld in onlangse jare effens afgeneem”, berig The New York Times. “Die verslag, wat deur die Verenigde Nasies se Organisasie vir Onderwys, Wetenskap en Kultuur uitgereik is, skat dat daar in 1990 948 miljoen ongeletterdes was, ’n afname vergeleke met die skatting van 950 miljoen in 1985.” Ongeveer 26,6 persent van die wêreld se bevolking is ongeletterd, en indien huidige tendense voortduur, sal dit teen die jaar 2000 tot 21,8 persent, of 935 miljoen, afneem. Verlede jaar is toevallig Internasionale Geletterdheidsjaar genoem. Buiten ’n groter gewilligheid aan die kant van armer nasies om geletterdheid te bevorder, was daar ook in nywerheidslande ’n groter bewustheid van funksionele ongeletterdheid, wat nou op tussen 10 en 20 persent geskat word.

Vigs—“dekades lank nog hier”

“Noudat die vigs-epidemie sy tweede dekade begin, het navorsers sowel as kampvegters vir mense wat die siekte het hulle eens hoë verwagtinge om die plaag vinnig onder beheer te bring pynlik laat vaar”, sê The New York Times. “Hierdie verwagtinge het soos mis voor die son verdwyn omdat die soeke na doeltreffende geneesmiddels baie moeiliker is as wat eers gedink is, en pogings om ’n entstof te ontwikkel, is voortdurend deur die virus se fyn verweermiddels in die wiele gery. Mediese kenners sê nou hulle dink dat die vigs-virus nog dekades lank hier sal wees.” Daar word gereken dat ongeveer 40 miljoen mense teen die jaar 2000 met die vigs-virus besmet sal wees. Hoewel navorsers die virus geïsoleer het, sy proteïene bestudeer het en sy gene gekloon het en middels ontwikkel het om die lyding van vigs-pasiënte gedeeltelik te verlig, is die siekte nog net so dodelik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel