Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 5/8 bl. 31
  • Botsende vliegroetes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Botsende vliegroetes
  • Ontwaak!—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Wanneer voëls in geboue vasvlieg
    Ontwaak!—2009
  • Waarom ek weer ná my ongeluk gevlieg het
    Ontwaak!—1991
  • Hoe veilig is vliegtuie?
    Ontwaak!—1999
  • Masjienaangedrewe vlug
    Ontwaak!—2010
Sien nog
Ontwaak!—1992
g92 5/8 bl. 31

Botsende vliegroetes

Die 266 passasiers op die Conair-vlug het na Denemarke teruggekeer ná ’n vakansie op die Spaanse eiland Ibiza. Hulle tweemotorige lugbus het net van die aanloopbaan af opgestyg toe daar ’n ontploffing in die linkerenjin was. Met net een enjin wat werk, het die beskadigde vliegtuig gesukkel om te styg. Danksy die bekwaamheid van die vlieënier het die vliegtuig, na ’n senutergende vlug van 24 minute, ’n suksesvolle noodlanding uitgevoer.

’n Tragedie is voorkom. Nogtans wou lugveiligheidsbeamptes weet waarom die enjin op so ’n kritieke stadium van die opstyging ontplof het. Wat was waarskynlik die oorsaak van die ontploffing? ’n Seemeeu.

Jare gelede het die hemele net aan die voëls behoort. Maar in die laaste deel van hierdie eeu het hulle lugruimte al hoe voller geword as gevolg van die hoeveelheid lugverkeer. Dit is dus nie verbasend nie dat dit tot ’n merkbare toename in die aantal botsings tussen voëls en vliegtuie gelei het. Dit hou groot gevaar in vir passasiers wanneer voëls in die enjininlaat ingesuig word, soos wat blykbaar in Ibiza gebeur het.

Aangesien die meeste voëlbotsings naby lughawens plaasvind, het lughaweowerhede groot somme geld bestee aan verskillende metodes om die voëls weg te hou. By ’n lughawe in Vigo, aan die noordweskus van Spanje, word ’n ongewone benadering probeer. Daar word gebruik gemaak van roofvoëls, hoofsaaklik hawike, om die aanloopbane te patrolleer. Om hierdie metode nog effektiewer te maak, word opnames van meeue se alarmkrete gespeel wanneer die hawike oor die aanloopbane vlieg. Die dreigende gesig van die hawik in die lug saam met die deurdringende alarmkrete oorreed die meeue om ’n veiliger blyplek elders te gaan soek.

Tot dusver het die hawike merkbare sukses behaal om die meeue weg te hou. Daar word gehoop dat die vliegtuie en die voëls met behulp van hierdie nuwe stelsel ongestoord sal kan vlieg. Die voëls was buitendien eerste in die lug.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel