Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 1/22 bl. 31
  • Argentinië se unieke gletser

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Argentinië se unieke gletser
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om onvrugbare lande vrugbaar te maak
    Ontwaak!—2001
  • Visvang op die ys—Waarom so gewild?
    Ontwaak!—2004
  • Kristalpaleise van die see
    Ontwaak!—1995
  • Antarktika—’n vasteland in die moeilikheid
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 1/22 bl. 31

Argentinië se unieke gletser

“JULLE moet daarna gaan kyk.” “Dit is een van die wonders van die wêreld.” Ons is na Buenos Aires gestuur om te help met die bou van nuwe fasiliteite vir die Wagtoringgenootskap se takkantoor, maar dit was aansporing soos dié wat gemaak het dat ek en my man na die Nasionale Gletserpark in die suide van Argentinië gegaan het om na ’n unieke gletser wat Perito Moreno genoem word te gaan kyk.

Eindelik het ons by die Andesgebergte met sy boombedekte voorheuwels aangekom. Die pad het al langs die Rico-arm van die Argentino-meer geloop. Kort voor lank het ons die einde van ’n skiereiland bereik waar die waterweg in die meer indraai. Perito Moreno—’n ysmuur van ruim vier kilometer wyd en meer as 50 meter hoog—kon halfpad oor die kanaal gesien word. Wat ’n asemrowende gesig was dit tog nie!

Hierdie ysrivier, Perito Moreno, kan tot 4 meter per dag of 450 meter per jaar voortbeweeg! Ons móés eenvoudig foto’s neem toe ons sien hoe die son op die blou kristalle vonkel. Waarom is dit blou? Vanweë die sneeu se massa bly daar geen lug in die yskorrels oor nie, en daarom neem die gletser ’n deursigtige blouerige kleur aan. Iets anders wat ons aandag getrek het, was die buitengewone geluide. Ons kon die gerommel hoor van 195 vierkante kilometer gletser wat stadig met die vallei af beweeg en die kraakgeluid van groot stukke ys wat van die gletserfront losbreek. Hulle tref die water soos ’n donderslag.

Elke paar jaar versper Perito Moreno die Rico-arm se natuurlike afvoer in die Argentino-meer in. Aan die een kant styg die opgedamde waters tussen 20 en 35 meter bo hulle natuurlike vlak. Uiteindelik is die water se druk te veel vir die ys, en wanneer die water deurbreek, lewer Perito Moreno ’n treffende skouspel.

Die meer se kalm waters verander dan in ’n onstuimige see. Dit hou ure lank aan. “Enorme stukke ys wat groter is as ’n 15-verdiepinggebou breek van die gletser se wande los en val met ’n oorverdowende lawaai”, het die dokumentêre televisieprogram La Guerra Del Hielo verduidelik. “Almal skreeu en spring terwyl hierdie ongelooflike blyk van die natuur se krag plaasvind.”

Hoe bly was ons tog nie dat ons vriende by ons aangedring het om na Perito Moreno te gaan kyk nie!—Bygedra.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel