Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 4/8 bl. 31
  • Hoe om onvrugbare lande vrugbaar te maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om onvrugbare lande vrugbaar te maak
  • Ontwaak!—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Argentinië se unieke gletser
    Ontwaak!—1993
  • Gletsers op die ewenaar
    Ontwaak!—2005
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2004
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Ontwaak!—2001
g01 4/8 bl. 31

Hoe om onvrugbare lande vrugbaar te maak

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN INDIË

Hoe kan die onvrugbare landgebiede van Ladakh, ’n noordelike gebied in Indië, vrugbaarder gemaak word? Dit was die vraag waaroor Tsewang Norphel, ’n afgetrede siviele ingenieur, gewonder het. Hoog in die Himalajagebergte begin die afloopwater van natuurlike gletsers in Junie vloei, en nie in April wanneer reën skaars is en die boere water nodig het om hulle lande te besproei nie. Norphel het ’n blink gedagte gekry: Bou kunsmatige gletsers op laerliggende gebiede, waar die ys vroeër in die jaar sal smelt.

Volgens die Indiese nuustydskrif The Week, het Norphel en sy span ’n bergstroom in ’n 200 meter lange mensgemaakte kanaal met 70 afvoerkanaaltjies begin verander. Van hier af sal die water teen ’n stadige en beheerde tempo teen die berghang afvloei en ys voordat dit die keerwalle bereik wat op die laer deel van die berghang gebou is. Die ys sal geleidelik saampak en uiteindelik die walle bedek. Omdat die gletser aan die skadukant van die berg is, sal dit dan net smelt wanneer die temperatuur in April styg, en sodoende sal dit die water voorsien wat dan so bitter nodig vir besproeiing is.

Het die idee gewerk om ’n kunsmatige gletser te bou? Norphel se idee was in werklikheid so prakties dat tien soortgelyke gletsers alreeds in Ladakh ontwikkel is, en planne vir nog gletsers is onderweg. Een van hierdie gletsers, wat op ’n hoogte van 1 370 meter gebou is, lewer ongeveer 34 miljoen liter water. En die koste? “Om ’n kunsmatige gletser te bou, neem ongeveer twee maande en kos Rs80 000 [R14 400], waarvan die meeste arbeidskoste is”, sê The Week.

Wanneer die mens sy vindingrykheid behoorlik gebruik, kan dit beslis voordelig wees. Dink net wat die mensdom onder leiding van God se hemelse Koninkryk sal kan bereik! Die Bybel belowe: “Die woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos ’n narsing. . . . In die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis” (Jesaja 35:1, 6). Wat ’n genot sal dit tog wees wanneer ons kan help om ons aarde mooi te maak!

[Foto-erkennings op bladsy 31]

Mountain High Maps® Copyright © 1997 Digital Wisdom, Inc.

Arvind Jain, The Week Magazine

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel