Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 7/8 bl. 12
  • Wenke vir stiefouers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wenke vir stiefouers
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Die unieke probleme van stiefgesinne
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Stiefgesinne kan suksesvol wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Verhoudings met diegene buite julle stiefgesin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Hoe om ’n gelukkige stiefgesin op te bou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 7/8 bl. 12

Wenke vir stiefouers

DIE Amerikaanse Buro vir die Sensus voorspel dat daar teen 1995 meer stiefgesinne as tradisionele gesinne sal wees. Teen daardie tyd sal 59 uit elke 100 kinders voor hulle 18 is deel uitmaak van “’n vermengde gesin” (’n gesin met ’n stiefouer). Hier volg net ’n paar wenke om die toenemende aantal stiefouers te help.

Moenie haastig wees nie: Stiefouers moet onthou dat dit ’n ruk duur voordat stiefkinders ’n nuwe ouer aanvaar. Die geestesgesondheidsdeskundige Mavis Hetherington verduidelik waarom die eerste paar maande—of jare—so moeilik kan wees: “In die vroeë stadiums van hertroue tree seuns sowel as dogters vyandig, nukkerig, negatief en kwaad op, nie net teenoor hulle stiefpa nie, maar ook teenoor hulle ma. Hulle is kwaad . . . vir hulle ma omdat sy weer getrou het.” Stiefouers moet probeer verstaan hoe die kinders voel, hoe moeilik dit ook al mag wees.—Sien Spreuke 19:11.

Bou eers ’n goeie verhouding op: In haar boek Stepfamilies waarsku Joy Conolly stiefouers wyslik dat hulle in ’n beter posisie sal wees om hulle stiefkinders te dissiplineer nadat hulle ’n goeie verhouding met hulle opgebou het. Dit is raadsaam dat die eie ouer intussen die nodige dissipline uitoefen. (Vergelyk Spreuke 27:6.) Daarenteen kan stiefouers die kinders ’n gevoel van stabiliteit gee deur in te val by die roetines wat hulle lank reeds volg—soos om saam ver te gaan stap of speletjies te speel. Maar stiefpa’s moenie etenstye gebruik as geleenthede om die gesin tereg te wys nie.

Vermy voortrekkery: Die stiefpa of stiefma moet, indien moontlik, enige teken van voortrekkery teenoor sy of haar eie kinders vermy, hoe moeilik dit soms ook al mag wees.—Vergelyk Romeine 2:11.

Soek versigtig toenadering: ’n Onlangse studie onder stiefgesinne het bevind dat dit dikwels veral vir stiefpa’s en stiefdogters moeilik is om met mekaar oor die weg te kom. Een skrywer het dit só gestel: “Stiefpa’s probeer kommunikeer, en die meisies kruip in hulle dop. Stiefpa’s probeer ’n mate van dissipline uitoefen, en die meisies verset hulle daarteen.” Die skrywer som dit op: “Dit lyk of niks wat ’n stiefpa aanvanklik met betrekking tot die meisies doen, kan slaag nie.” ’n Mens moet dus baie geduld en empatie hê. Hoewel meisies dit waardeer as hulle stiefpa hulle prys, laat iets fisies soos drukkies hulle dikwels ongemaklik voel. Die stiefpa moet besef dat ’n meisie moontlik so voel. As dit die geval is, moet hy meer klem lê op mondelinge lof en kommunikasie as op fisiese liefdeblyke.—Vergelyk Spreuke 25:11.

Waak teen jaloesie: Ondervinding toon dat talle stiefdogters geneig is om ’n stiefma as ’n mededinger te beskou. ’n Stiefma kan wyslik voorkom dat hulle onnodig om aandag meeding deur te verwag dat die meisie so sal voel en deur vir haar gevoelens begrip te toon. Die pa kan baie doen om die spanning te verlig deur sy dogter te verseker dat hy haar steeds liefhet en waardeer (Spreuke 15:1). Navorsers waarsku dat stiefma’s dikwels te hard en te gou probeer om deur hulle nuwe stiefdogters as ’n ma aanvaar te word. Geduld is weer eens die sleutel.

Dit is beslis nie maklik om ’n stiefouer te wees nie. Maar soos duisende suksesvolle voorbeelde toon, is dit moontlik. En onthou, die Bybel gee die beste raad om in enige gesinsituasie sukses te kan behaal wanneer dit sê: “Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.”—Kolossense 3:14, NAV.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel