Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 8/22 bl. 19
  • Australië se Anglikaanse Kerk—’n verdeelde huis

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Australië se Anglikaanse Kerk—’n verdeelde huis
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Ordening van vroue maak Anglikaanse geestelikes woedend
    Ontwaak!—1995
  • Die kerk—veranderinge en verwarring
    Ontwaak!—1993
  • Vroue se verbeterde rol in ons dag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • “Vroue wat hard werk in die Here”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 8/22 bl. 19

Australië se Anglikaanse Kerk—’n verdeelde huis

Deur Ontwaak!-medewerker in Australië

DIE twispunt of vroue in die Anglikaanse Kerk tot priesters georden moet word, is beslis nie nuut nie. Maar die saak het onlangs ’n groot geskilpunt in Australië geword.

In Januarie 1992 het die biskop van Canberra en Goulburn planne aangekondig om ’n aantal diakonesse tot priesters van die Anglikaanse Kerk te orden. Hy wou nie vir die volgende kerksinode wag nie. Trouens, die sinode het reeds drie keer teen sulke ordeninge beslis.

Tien vroue is toe uiteindelik, ten spyte van teenkanting, vroeg in Maart in Perth, Australië, tot Anglikaanse priesters georden. Dit was dus geen wonder dat die daaropvolgende kerksinode met groot afwagting begroet is nie. Die Julie-sitting het nie ’n finale beslissing opgelewer nie, en “’n spesiale sitting” is gevolglik vir 21 November 1992 gereël.

Net meer as ’n week tevore het die Algemene Sinode van die Anglikaanse Kerk ten gunste van vroue-ordening gestem. Baie het verwag dat hierdie beslissing ’n sterk invloed op Australië sou hê. Nadat die Australiese sinode bymekaargekom het, het een koerant opgemerk: “Twisgesprekke en argumente het gewoed gedurende ’n dag wat by tye spanningsvol was.” Voordat die uitslag van die stemming bekend gemaak is, het die voorsitter van die sinode gevra dat die uitslag met stilte begroet word. Toe daar bekend gemaak is dat vroue-ordening goedgekeur is, het party in die gehoor hulle gevoelens met moeite onderdruk. Toe die nuus na buite versprei het, is dit met ’n gejuig begroet, en papierlinte is die lug ingeskiet.

Nie almal was so uitgelate oor die besluit nie. The Sydney Morning Herald het die aartsbiskop van Sydney aangehaal: “Ons sal nie gelukkig kan saamwoon nie . . . Daar sal twee kerkgenootskappe in die een Anglikaanse Kerk wees.” ’n Ander geestelike het selfs gesê dat vroulike priesterordening ’n teken is dat “die Anglikaanse Kerk in Australië begin verbrokkel”.

Die Bybel gee ’n goeie grondslag vir sulke besorgdheid. Jesus Christus het self gesê: “Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en geen stad, geen huis, wat teen homself verdeeld is, kan bly staan nie.”—Mattheüs 12:25, The New English Bible.

Dit laat ’n vraag ontstaan wat skynbaar te midde van al die kerk se stryery verlore geraak het: Wat sê die Bybel van vroue se rol in die gemeente? Hoewel dit sê dat Jehovah God toegewyde mans en vroue dieselfde beskou, dra dit nietemin verskillende rolle aan mans en vroue in die gemeente op (Galasiërs 3:28). In 1 Korinthiërs 11:3 sê dit: ‘Christus is die hoof van elke man, en die man is die hoof van die vrou, en God is die hoof van Christus.’ Paulus is dus deur God geïnspireer om met betrekking tot formele onderrigting in die gemeente te skryf: “Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie.”—1 Timotheüs 2:11, 12.

Dit behoort Christenvroue egter nie te frustreer nie, want dit staan hulle vry om in die openbare bediening te onderrig soos vroue soos Loïs, Eunice, Euodia en Sintiche in die vroeë Christelike tye gedoen het.—Filippense 4:2, 3; 2 Timotheüs 1:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel