Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 9/22 bl. 31
  • Vreemde en skrikwekkende gebeure onder die osoongat

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vreemde en skrikwekkende gebeure onder die osoongat
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Moet jy besorg wees oor sonblootstelling?
    Ontwaak!—2009
  • Wanneer ons atmosfeer beskadig word
    Ontwaak!—1994
  • Sonsoeker—Beskerm jou vel!
    Ontwaak!—1999
  • Beskerm jou vel!
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 9/22 bl. 31

Vreemde en skrikwekkende gebeure onder die osoongat

DIE 125 000 inwoners van Punta Arenas, Chili se suidelikste stad, spot al lank dat hulle aan “die einde van die wêreld” lewe. Maar ’n reeks vreemde en skrikwekkende gebeure wat verlede jaar plaasgevind het, het die grap ’n bietjie te letterlik gemaak. Party wetenskaplikes begin dink dat daar dalk “hier iets nuuts onder die son is”. ’n Berig in The Wall Street Journal, 12 Januarie 1993, gee ’n paar besonderhede.

Felix Zamorano, ’n lid van die Atmosferiese Studies-groep aan die plaaslike Magallanes-universiteit, sê: “In Oktober het ons die laagste osoonvlakke gemeet wat nog geregistreer is. Die osoonvlakke was drie dae lank ongeveer die helfte minder as normaalweg en was veel minder as die vlakke wat as gevaarlik beskou word.” Die gevolge van verhoogde ultravioletbestraling weens ’n gat in die osoonlaag “sluit velkanker en katarakte in, plus probleme vir fitoplankton, die begin van die voedselketting in die see”, het die Journal gesê.

Verlede jaar is “die helfte van Radovan Vilicic se trop van 1200 beeste so deur konjunktivitus verblind dat hulle soos stampkarretjies teen mekaar vasgeloop het, en vyf het doodgegaan van die honger omdat hulle nie hulle voedsel kon vind nie”.

Die berig in die Journal sê voorts: “Jose Bahamonde vertel ’n soortgelyke verhaal. Sy plaas wat 125 kilometer hiervandaan is, bied ’n pragtige uitsig oor die Straat van Magellaan, maar baie van sy 4300 skape kan dit, of enigiets anders, nie sien nie. Ongeveer 10% van hulle word vir ooginfeksies behandel, en 200 van sy trop het verlede jaar blind geword.”

Die dermatoloog Jaime Abarca sê dat “wat hier gebeur iets heeltemal nuuts in die wêreld is. Dit is so ongewoon soos Marsmannetjies wat land.” Hy word deur al hoe meer pasiënte met velprobleme besoek, sonbrandgevalle neem drasties toe en die aantal gevalle van velkanker wat van die gevaarliker melanomakankers is, is vyf keer meer as normaalweg. Hy is persoonlik daarvan oortuig dat dit met die verhoogde ultravioletbestraling verband hou.

Die bevolking van Punta Arenas beskou dit in ’n ernstige lig. Een apteek het 40 persent meer sonskermmiddels as verlede jaar verkoop. ’n Sonbrandtelefoondiens verskaf die ultravioletlesings. Drie plaaslike radiostasies saai dit ook uit. Skole sê vir hulle leerlinge om ’n hoed, sonskermmiddel en ’n sonbril te dra. By een winkel het sonbrilverkope met 30 persent toegeneem. En “’n plaaslike boer probeer ’n sonbril vir skape ontwerp”.

Goewerneur Scarpa sê: “Ek ontken nie die feite nie. . . . Wat wil julle doen? Ons kan nie ’n dak oor die hele gebied sit nie.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel