Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 4/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 4/22 bl. 30

Van ons lesers

’n God van oorlog? Dankie vir die goeie artikel in die Ontwaak! van 8 November 1993, “Die Bybelse beskouing . . . Is Jehovah ’n oorlogsgod?” Dit is ’n vraag wat baie al deur die jare heen gevra het. Ons het dit al af en toe as ’n gesin bespreek. Julle artikel, tesame met ander navorsing wat ek gedoen het, het my vrae help beantwoord.

S. T., Verenigde State

Borsvoeding Ons het dit geniet om die artikel “Moedersmelk bly maar die beste” (22 September 1993) te lees. My vrou borsvoed op die oomblik ons kind. Die artikel het egter geen melding gemaak van die feit dat borsvoeding die moeder fisies uitput nie. Nie alle vroue kan moontlik snags borsvoed nie. In ons geval, byvoorbeeld, vind my vrou dit baie moeilik as sy nie genoeg slaap kry nie.

T. K., Duitsland

Dankie vir julle opmerkings. Vorige artikels het party van die probleme aangeroer wat nuwe moeders in hierdie verband kan ondervind. Sien byvoorbeeld die “Ontwaak!” van 22 September 1983 en van 22 Maart 1986.—RED.

Te ver? Ek wil julle graag bedank vir die artikel “Jongmense vra . . . Hoe ver is ‘te ver’?” (22 Oktober 1993). Ek is nou al amper ’n jaar lank ’n gedoopte Christen, en ek het dikwels gewonder hoe Jehovah hierdie saak beskou. Ek waardeer dit baie dat julle hierdie onderwerp aangeroer het. Al sal dit nie maklik wees nie, is ek vasbeslote om Jehovah se standaarde te handhaaf.

C. S., Verenigde State

Ek soek al maande lank na so ’n artikel. Ek gaan al nege maande lank met iemand uit, en toe die artikel gekom het, het ek dadelik my kêrel gebel. Baie dankie dat julle ons in hierdie netelige en delikate sake onderrig.

A. P. G. S., Brasilië

Ek bedank julle van ganser harte vir die artikel. Dit het verskyn net toe ek dit nodig gehad het. Ek is 16 jaar oud, en daar is ’n seun van wie ek hou. Ek het dit oorweeg om vir hom te wys dat ek van hom hou. Ek het natuurlik geweet dat hoerery verkeerd is, maar ek het gedink dat ons nie werklik te ver gaan as ons mekaar soen en omhels nie. Maar met hierdie artikel kan ek sien dat ek, totdat ek oud genoeg is om te kan trou, te ver sal gaan as ek sulke dinge doen!

M. H., Japan

Ek is nie jonk nie, maar is nog ongetroud, en ek het daardie selfde vraag gevra. Ek gaan uit met iemand, en as ’n voltydse evangeliedienaar behoort ek die antwoord te ken. Maar wanneer jy emosioneel betrokke raak, lê jy soms nie goeie oordeel aan die dag nie. Die artikel was baie tydig en het my geweldig gehelp om hierdie onderwerp met die Christenman te bespreek met wie ek uitgaan. Ons het dit saam gelees en wil dinge voor almal eerbaar hou.

M. R., Verenigde State

Ek het gebid om ’n verduideliking van hierdie onderwerp. Toe ek die opskrif van die artikel gesien het, het dit gevoel asof my hart gaan staan. Ek het die artikel verslind, en nou weet ek presies hoe ek my moet gedra.

S. G., Italië

Bloedlose mediese behandeling Ek wil julle baie bedank vir die artikel “Samewerking tussen Jehovah se Getuies en die mediese beroep” (22 November 1993). Terwyl ek dit gelees het, het trane van waardering in my oë opgewel. Die artikel het die harde werk beskryf waarvan baie van ons nie bewus is nie omdat ons nog nooit met hierdie probleem te kampe gehad het nie. Maar vir dié van ons wat dalk eendag voor ’n toets van ons geloof te staan gaan kom oor die bloedgeskil is dit baie vertroostend om te weet dat ons broers ywerig om ons ontwil werk.

B. B., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel