Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 6/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 6/8 bl. 30

Van ons lesers

Die bejaardes Ek moet julle bedank vir die artikel “Die verouderingsproses—’n realistiese beskouing” in die Ontwaak! van 8 Augustus 1993. Die artikel het my oë vol trane laat skiet. Die rede hiervoor was dat my ma amper 90 is. Sy het onlangs besluit om alleen buite toe te gaan, hoewel sy nie veronderstel is om dit te doen nie, en het geval en haar arm gebreek. Sy het mooi gesond geword, maar kan nie alleen gelaat word nie. Ek kon etlike Christelike vergaderinge nie bywoon nie, en soms voel ek asof ek Jehovah in die steek laat. Maar julle het my baie aangemoedig. Wanneer ek neerslagtig raak, dink ek aan hierdie artikel.

B. T., Verenigde State

Vergifnis Ek het so pas die artikel “Die Bybelse beskouing . . . Hoe ver strek God se vergifnis?” (8 Desember 1993) gelees. Dit was beslis wat ek nodig gehad het. Hierdie artikel het my gehelp om te besef dat wanneer ons God sondes vergewe hulle weg is, dat hulle uitgewis en afgewas is. Terwyl ek hierdie brief skryf, het ek ware gemoedsrus.

J. W., Verenigde State

Dit is bemoedigend om te weet dat Jehovah die hart sien en dat hy gewillig is om ons sondes uit te wis. Ek het altyd gevoel dat ek nie waardig is om Jehovah se vergifnis te ontvang nie en het gevolglik depressief geraak. Ek het selfs selfmoord oorweeg. Hegte vriende in die gemeente het my gehelp. Maar ek het steeds gerusstelling nodig gehad en hierdie artikel het my gehelp.

K. H., Verenigde State

Brille Baie dankie vir die artikel “’n Kykie na brille” (8 Julie 1993). Ek het geweet dat daar iets met my oë verkeerd is en dat ek ’n oogarts moes raadpleeg, maar ek het dit altyd uitgestel. Nadat ek julle artikel gelees het, het ek ’n afspraak gemaak. Ek is bly ek het dit gedoen. Hierdie tydskrif het vir my op die regte tyd gekom.

J. W., Engeland

Getroue vader en seun Ek het die verhaal “My pa se getroue voorbeeld” (22 Desember 1993) in een slag deurgelees. Hierdie artikel het my aangespoor om meer in God se diens te doen. Die Daveys (beide vader en seun) se standvastige vasbeslotenheid, om Jehovah tot die dood toe te dien, het weer die vasberadenheid aangevuur wat ek gehad het toe ek twee jaar gelede op die ouderdom van 18 gedoop is. Ek hoop dat soortgelyke artikels die harte van talle ander jongmense oor die hele wêreld sal roer.

C. M., Italië

Skoenlappers Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om julle te bedank vir die artikel “’n Dag in die lewe van ’n skoenlapper” (8 Oktober 1993). Ek en my vrou het verlede maand ’n bietjie in die Zion- Nasionale Park ontspan. Terwyl ons hierdie artikel saam gelees het, het ’n skoenlapper skielik op die grond kom sit en sy vlerke plat uitgestrek. Ons het voorheen nooit geweet waarom hulle dit doen nie! Die artikel het ons beslis gehelp om die wonders van Jehovah se skepping te waardeer.

C. B., Verenigde State

Buierige ouers Ek het die artikel “Jongmense vra . . . Waarom is my ouers so buierig?” (8 November 1993) waardeer. My ma was in die laaste tyd buierig. Die artikel het my werklik gehelp om te verstaan dat ekonomiese probleme, tesame met ander verantwoordelikhede, die vername redes vir haar buierigheid is. Nou gaan ek meermale ’n handjie bysit waar ek kan en haar drukkies gee en haar vertel dat ek haar liefhet.

T. B., Verenigde State

Ons is die ouers van twee seuns wat onderskeidelik 7 en 12 is. ’n Hele paar van die probleme wat julle in hierdie artikel bespreek, het onlangs in ons huis opgeduik en ons het sake—sonder welslae—aan ons seuns probeer verduidelik. Hierdie artikel was beslis ’n antwoord op ons gebede. Dit het reeds ons situasie verbeter.

R. P. en A. P., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel