Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 7/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 7/22 bl. 30

Van ons lesers

Kredietkaarte Ek het die artikel “Plastiekgeld—Moet jý dit gebruik?” (8 Desember 1993) veral geniet. ’n Paar jaar gelede het ek en my vrou ’n baie groot kredietkaartskuld gehad wat ons lank geneem het om af te betaal, selfs nadat ons ons kaarte vernietig het. Ons het egter gerieflikheidshalwe net onlangs ’n nuwe kaart aangeskaf. Julle tydige waarskuwings oor plastiekgeld en die gevare daaraan verbonde het ons gehelp om vasbeslote te wees om dit nie hierdie keer te misbruik nie.

M. B. en D. B., Verenigde State

Diereverhale Dankie vir die artikel oor ysbere met die titel “Indrukwekkende reuse van die Noorde van Kanada” (8 Desember 1993). Die artikel was so pragtig geskryf. Die feite wat bespreek is, het my werklik laat besef hoe liefdevol dit van Jehovah was om die diere vir ons genot te skep.

D. C., Verenigde State

Julle artikel “’n Koedoe steek leeus in die skande” (22 November 1993) was skreeusnaaks. Ek kon my net voorstel hoe die woedende en vernederde koedoebul hierdie onbeweeglike, brons koedoe bestorm het. En die manier waarop dit ’n trop leeus op die vlug laat slaan het—dit was eenvoudig lagwekkend! Dit toon dat Jehovah ’n goeie humorsin het.

A. L., Verenigde State

Ek was beïndruk deur die deeglike wyse waarop julle die onderwerp “Die geheime van die paling word ondersoek” (22 Oktober 1993) bespreek het. Hierdie diere bevestig dat die Bybel se skeppingsverslag waar is, en dit weerlê alle pogings om die evolusieteorie te bewys.

C. S. S., Brasilië

Ek is 11 jaar oud en het regtig gehou van die beriggie in “Ons beskou die wêreld” oor “Die aanbidding van rotte” (8 November 1993). Dit het verduidelik dat priesters in ’n tempel in Indië glo dat hulle ná hulle dood redding verkry deur weer gebore te word—as rotte! Die priesters sê dat hulle nie werklik rotte is nie maar boodskappers van God. Dis eienaardig!

E. L., Verenigde State

Feesdae Ek wil julle graag bedank vir die artikels “Feesdae—waarom party kinders dit nie vier nie” (22 November 1993). Die deel “Ons word nie iets ontsê nie!” het my laat huil. Ek voel dikwels dat ek alleen is wanneer ek my oortuiging aan my skoolmaats verduidelik, maar hierdie artikel het my laat besef dat ek nooit alleen was nie en nooit alleen sal wees nie.

B. P., Verenigde State

So lank as wat ek kan onthou, het ek nog nooit Kersfees gevier nie. Daar was tye dat ek afgunstig was op ander kinders. En net voor hierdie artikel verskyn het, is ek na ’n Kerspartytjie uitgenooi. Ek het nie die uitnodiging aanvaar nie en het, uit wat ek reeds geweet het, probeer verduidelik waarom ek nie kon gaan nie. Maar noudat ek gesien het hoe Kersfees, wat selfs in Japan ’n jaarlikse viering geword het, ’n heidense viering met ’n demoniese agtergrond is, is ek oortuig dat ek die regte ding gedoen het.

K. I., Japan

Dubbele lewe Dankie dat julle die artikel “Jongmense vra . . . ’n Dubbele lewe—Waarom nie?” (22 Desember 1993) gepubliseer het. Ek is 15 jaar oud en is as ’n Christen grootgemaak. Maar ek vorder nie geestelik baie goed nie en ek voel voortdurend dat ek stadig wegdryf. Een van die redes is dat my ouers baie streng is, en ek wil dikwels dinge doen wat hulle verbied het, al weet ek dat dit verkeerd is. Terwyl ek die artikel gelees het, het ek besef dat Jehovah God vir my hulp gestuur het. Ek het geweet dat ek nie die enigste een is wat dinge agter my ouers se rug doen nie. Maar toe ek verder gelees het, was ek verbaas dat ander net soos ek gevoel het. Ek weet dit gaan nie maklik wees nie, maar ek hoop om my lewenswyse met Jehovah se hulp te verander.

K. J., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel