Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 5/22 bl. 21
  • Is die Bybel waardeloos?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is die Bybel waardeloos?
  • Ontwaak!—1994
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Maar wat is die feite?
  • Die wetenskap: Het dit die Bybel verkeerd bewys?
    Die Bybel—God se woord of die mens s’n?
  • Kom hierdie boek met die wetenskap ooreen?
    ’n Boek vir alle mense
  • ’n Unieke bron van hoër wysheid
    Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind?
  • Het hulle die Bybel onwaar bewys?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 5/22 bl. 21

Is die Bybel waardeloos?

BAIE mense antwoord ja en sê: “Dit is onwetenskaplik. Dit bevat mites en legendes. Dit is ouderwets. Dit is onprakties. Mense wat daarin glo, lewe in ’n droomwêreld.”

Maar wat is die feite?

• Die Bybel sê dat lewe deur God geskep is. Die wetenskap sê dat lewe toevallig deur ’n kombinasie van chemikalieë en energie ontstaan het. The World Book Encyclopedia sê: ‘Pasteur het getoon dat lewe nie spontaan kan ontstaan nie.’ Die bioloog Michael Denton se boek Evolution: A Theory in Crisis sê: “Tussen ’n lewende sel en die ordelikste nie-biologiese stelsel . . . bestaan daar die grootste en mins oorbrugbare kloof denkbaar.” Geen evolusionis kan enige wetenskaplik onweerlegbare manier aan die hand doen waarvolgens die lewe spontaan kon ontstaan nie.

• Volgens evolusie het hierdie oorspronklike sel in al die lewende skepsele op aarde geëvolueer. Die fossielverslag toon hoegenaamd geen oorgang van hierdie aard waarin een familiesoort ’n ander word nie. Die wetenskaplike Francis Hitching skryf in sy boek The Neck of the Giraffe: “Wanneer jy na skakels tussen die vernaamste diergroepe soek, is hulle eenvoudig nie daar nie.” Dit stem ooreen met wat die Bybel sê—dat families “volgens hulle soorte” voortplant.—Genesis 1:12, 25.

• Die argeologie bevestig in baie gevalle dat die Bybel se geskiedkundige verslae waar is.

• Die ou volke het gemeen dat die aarde op allerhande wonderlike maniere in die ruimte gehou word. Dit was Isaac Newton wat wetenskaplik getoon het dat die aarde op grond van bewegings- en swaartekragwette vry in die ruimte dryf. Die Bybel het dít bykans 3200 jaar vroeër aangedui toe daar in Job 26:7 opgeteken is dat God “die aarde ophang oor ’n niks”.

• The Encyclopedia Americana sê: “Die begrip van ’n bolvormige aarde is eers tydens die Renaissance algemeen aanvaar”, maar in die agtste eeu v.G.J. het die Bybel van God gesê: “Hy sit bo die ronde aarde.”—Jesaja 40:22, Moffatt.

• Die Mosaïese Wet (16de eeu v.G.J.) het duisende jare voordat Pasteur kieme met siekte verbind het ’n bewustheid van aansteeklike siektekieme weerspieël.—Levitikus, hoofstukke 13, 14.

• Duisend jaar voor Christus het Salomo in figuurlike taal oor die sirkulasie van bloed geskryf, maar die mediese wetenskap moes wag tot William Harvey dit in die 17de eeu G.J. verduidelik het.—Prediker 12:6, NW.

• Salomo het van miere geskryf wat ondergrondse voorraadskure het waar hulle sade vir die winter berg (Spreuke 6:6-8). Bybelkritici het gesê dat daar nie sulke miere bestaan nie. Maar in 1871 het ’n Britse natuurkundige die miere en hulle voorraadskure ontdek.

• Psalm 139:16 het kennis van die genetiese kode weerspieël: “U oë het selfs my embrio gesien, en in u boek was al die dele daarvan beskrywe”.—NW.

• In die sewende eeu v.G.J., voor wetenskaplikes van die migrasie van voëls bewus was, het die Bybel in Jeremia 8:7 gesê: “Die ooievaar in die lug ken die tyd om te migreer, die duif en die swaeltjie en die draaihals ken die seisoen van terugkeer.”—The New English Bible.

• In die eerste eeu G.J. het die Bybel voorspel dat mense die aarde se omgewing in “die laaste dae” sal vernietig en dat God as gevolg hiervan ‘die verderwers van die aarde sal verderf’.—2 Timotheüs 3:1; Openbaring 11:18.

• Is die Bybel onprakties? Dit bevat die mees praktiese wysheid vir hierdie gevaarlike tye, maar om daarby baat te vind, moet mense hulle wilsvryheid gebruik om dit toe te pas. ‘Smee van julle swaarde pikke en van julle spiese snoeimesse.’ ‘Doen aan ander wat julle wil hê hulle aan julle moet doen.’ Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Diegene wat hierdie riglyne volg, begin geen oorloë en pleeg geen misdade nie. Wanneer mense op aarde die heerskappy van God se Koninkryk in die hande van Christus Jesus gehoorsaam, sal die persoon wat in die Bybel glo se hoop nie ’n onmoontlike droom nie, maar ’n praktiese werklikheid wees.—Miga 4:2-4; Mattheüs 7:12; Openbaring 21:3-5.

[Foto-erkenning op bladsy 21]

Courtesy of the Shrine of the Book, Israel Museum, Jerusalem

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel