Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 10/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is die New Age-beweging?
    Ontwaak!—1994
  • Die gewilde New Age-beweging
    Ontwaak!—1994
  • Hoe sal die ware nuwe era kom?
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 10/22 bl. 30

Van ons lesers

New Age-beweging Baie dankie vir die artikels oor die New Age-beweging (8 Maart 1994). Ek het vroeër ondersoek ingestel na VVV’s, buiteaardse lewe en reïnkarnasie. Ek het kursusse in joga en meditasie gevolg en behandeling ontvang wat hipnotisme ingesluit het. Ek het uiteindelik ernstige geestelike, verstandelike, emosionele en fisiese probleme ondervind en selfs onder die beheer van die demone gekom. Die Utopia waarna ek so gesmag het, het verder weg gelyk as ooit. Nou, vyf en ’n half jaar later, dien ek Jehovah en is ek bevry van die duisternis van die New Age-beweging.

E. D., Nederland

Voor ek ’n Christen geword het, was ek by die New Age-denke en -lewenswyse betrokke. My jonger suster het onlangs gesê dat sy by ’n groep betrokke wil raak wat die New Age-beweging voorstaan. Ek het dus hierdie artikel met haar bespreek. Sy was geskok oor die duidelike verbintenis wat die New Age met die mistisisme en die okkulte het. Sy is nou vasbeslote om weg te bly van New Age-denke.

L. S., Engeland

Julle artikel het goed begin. Maar kort daarna sê julle “die mens kan nie self sy pad kies nie”. Uiteindelik sê julle dat New Age-opvattings net meer duisternis tot gevolg kan hê. Sê julle dat ons alle idealistiese beskouings moet laat vaar en maar net moet hoop dat alles goed sal uitwerk? Presies hoe kom julle tot die gevolgtrekking dat dit nie die mens se verantwoordelikheid is om ’n beter wêreld vir homself te probeer maak nie?

A. L., Verenigde State

Dit is die Bybel—nie die “Ontwaak!” nie—wat sê “die mens kan nie self sy pad kies nie” (Jeremia 10:23, NAV). Die mens se pogings om ’n nuwe era tot stand te bring, is dus tevergeefs. Maar ware Christene ignoreer nie vandag se probleme nie. Deur ander die beginsels van God se Woord te leer, het Jehovah se Getuies miljoene gehelp om te “leer wat heilsaam is”—ekonomies, fisies en geestelik (Jesaja 48:17; Mattheüs 28:19). Terselfdertyd vestig ons ander se aandag op die ware hoop van ’n komende “nuwe hemele en ’n nuwe aarde”—iets wat deur God, nie deur die mens nie, tot stand gebring sal word (2 Petrus 3:13).—RED.

Dubbele lewe Julle artikels oor ’n dubbele lewe (22 Desember 1993 sowel as 8 en 22 Januarie 1994) het ons 17-jarige seun beweeg om ons te vertel van ’n sonde waarby hy langer as vier jaar betrokke was. Op die oog af het dit gelyk asof hy goeie geestelike vordering maak. Hierdie sonde het ons diep geskok en met weersin vervul, maar ons kon as gevolg van julle artikels op ’n liefdevolle en vergewensgesinde manier optree.

J. P., Verenigde State

Ek het meer as ’n jaar lank nie met die Christengemeente geassosieer nie. Maar daardie artikels was werklik aanmoedigend en liefdevol. Soos julle gesê het, was die eerste stap om Jehovah in gebed te nader. Dit is baie moeilik, maar dit het vir my groot seëninge meegebring.

M. G., Frankryk

Jongmense weerstaan bloedoortappings Ek is 12 jaar oud en het so pas die artikels “Jongmense wat God eerste gestel het” (22 Mei 1994) gelees. Ek was baie beïndruk deur die moed wat hierdie jong Christenbroers en -susters aan die dag gelê het deur soveel vertroue in Jehovah en die opstanding te hê toe hulle voor die dood te staan gekom het. Hulle moed en geloof in Jehovah het my van vreugde laat huil.

B. C. R., Spanje

Ons het baie soortgelyke woorde van waardering ontvang. Daar is egter een saak wat reggestel moet word. Ons het berig dat Ernestine Gregory nie ’n bloedoortapping ontvang het nie. Minute ná die hofbevel uitgereik is, is ’n bloedoortapping blykbaar wel op haar afgedwing. Sy het die verskriklike ondervinding oorleef.—RED.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel