Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 5/8 bl. 3
  • Die mummie wat in die ys gevind is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die mummie wat in die ys gevind is
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Leidrade tot die raaisel van die Ysman
    Ontwaak!—1995
  • Insig in die Ysman se denke en sy wêreld
    Ontwaak!—1995
  • Bybelverhale in ys en sneeu
    Ontwaak!—2005
  • Visvang op die ys—Waarom so gewild?
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 5/8 bl. 3

Die mummie wat in die ys gevind is

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN ITALIË

Met die eerste oogopslag het dit dalk na ’n misdaadtoneel gelyk. ’n Uitgedroogde lyk het met sy gesig na onder gelê, gedeeltelik vasgevang onder die ys. Is sy dood deur ’n ongeluk veroorsaak? Het iemand hom uit wraak vermoor? Of is dit net nog ’n bergklimongeluk? In elk geval, wat het hy daar in die stilte van die Tiroolse Alpe 3200 meter bo seevlak gedoen? Wie was hy? En hoe het hy gesterf?

DIE “Ysman”, soos hy onmiddellik genoem is, of Homo tyrolensis, soos wetenskaplikes hom noem, is in September 1991 per toeval deur ’n Duitse egpaar gevind wat op die berg Similaun (in die Ötztaler-Alpe), op die Oostenryks-Italiaanse grens, voetgeslaan het. Die besonderse warm somer daardie jaar het die meeste van die sneeu laat smelt en die oorskot te voorskyn gebring wat andersins versteek sou gebly het—en wie weet vir hoe lank? Ná speurders aanvanklike onsekerhede oor die vonds opgeklaar het, is die liggaam hardhandig uit die ys gekap sodat dit beskadig is toe dit uitgehaal is. Dit het egter gou duidelik geword dat dit nie ’n gewone lyk is nie. Naby die liggaam het verskeie voorwerpe gelê wat baie verskil het van die toerusting wat deur hedendaagse voetslaners gebruik word wat sulke hoogtes trotseer.

Party het besef dat die lyk baie oud is. Ná die eerste toetse het Konrad Spindler, van die Universiteit van Innsbruck, Oostenryk, ’n onverwagse verklaring gemaak—dat die gemummifiseerde liggaam wat op die berg Similaun gevind is etlike duisende jare oud is! Verdere ontleding en navorsing op die terrein het deskundiges tot die gevolgtrekking laat kom dat die lyk wat hulle ondersoek “verreweg die oudste mens is wat tot nog toe gevind is wat feitlik ongeskonde behoue gebly het” (Time, 26 Oktober 1992). Argeoloë meen dat die Ysman, wat die bynaam Ötzi gegee is (van Ötztal, die Duitse naam van ’n nabygeleë vallei), ongeveer 3000 v.G.J. gesterf het.

Toe die belangrikheid van die vonds eers besef is, het argeoloë etlike kere na die berg Similaun teruggekeer om na ander artefakte te soek wat nuttig sou wees in hulle pogings om te verstaan wat soveel eeue gelede met hierdie man gebeur het. Wat het hulle ontdek? Waarom is daar soveel belangstelling in ’n mummie wat in die ys begrawe was? Was dit moontlik om enige van die raaisels met betrekking tot die Ysman te ontrafel?

[Prent op bladsy 3]

Ötzi, die Ysman

[Erkenning]

Foto: Archiv Österreichischer Alpenverein/Innsbruck, S.N.S. Pressebild GmbH

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel