Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 7/22 bl. 3
  • Wanneer ’n ramp die mens tref

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer ’n ramp die mens tref
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Natuurrampe—Is God daarvoor verantwoordelik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Wat sê die Bybel oor natuurrampe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Natuurrampe—’n Teken van die tye?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Aardbewings, Bybelprofesie en jy
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 7/22 bl. 3

Wanneer ’n ramp die mens tref

DIE 20ste eeu is deur groot rampe gekenmerk, en die meeste van hulle was mensgemaak. Maar party was nie. Toe Jesus Christus ons dae voorspel het, het hy gesê: “Nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk, en daar sal voedseltekorte en aardbewings op die een plek na die ander wees” (Matteus 24:7). Die mens dra weliswaar die skuld vir oorloë en voedseltekorte, maar hy is nie vir aardbewings verantwoordelik nie. Hoewel party rampspoedige oorstromings deur die mens se bedrywighede veroorsaak is, kan hy eweneens nie vir aardbewings blameer word nie. Orkane en vulkaanuitbarstings is ook nie die mens se skuld nie.

Ongeag die oorsaak van natuurrampe, hulle toon die nietigheid van die mens, sy magteloosheid wanneer hy voor ontsagwekkende natuurkragte te staan kom. Hierdie aarde, ons tuiste, voel gewoonlik so veilig en vas. Maar daardie gevoel van veiligheid verdwyn wanneer dit in ’n aardbewing skud, deur watervloede oorstroom word of die aanslag van stormsterk winde trotseer wat genadeloos soos met die krag van ’n ontploffing daarteen slaan.

Natuurrampe het gedurende die 20ste eeu enorme skade en groot lewensverlies veroorsaak. Kon dit vermy gewees het? Kan enigiets gedoen word om die katastrofiese gevolge te verminder? Wat kan ons as individue doen om ons te beskerm? Is ons heeltemal hulpeloos wanneer ’n ramp ons tref? Sal die mensdom altyd slagoffers hiervan wees? Die volgende artikels sal hierdie vrae bespreek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel