Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 9/8 bl. 3-5
  • Hoe was die wêreld 50 jaar gelede?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe was die wêreld 50 jaar gelede?
  • Ontwaak!—1995
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die gevolge van die Tweede Wêreldoorlog
  • Churchill se oproep tot aksie
  • ’n Halfeeu van konflikte en dood
  • Die oorlog om ’n einde aan orloë te maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Wie sit werklik agter oorlog en lyding?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • ‘Die ingrypendste veranderinge’
    Ontwaak!—1999
  • Oorlog samel ’n jong oes in
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 9/8 bl. 3-5

Hoe was die wêreld 50 jaar gelede?

IS JY oud genoeg om te onthou hoe die wêreld in 1945 was? Dit het net begin herstel van die Tweede Wêreldoorlog wat in 1939 begin het toe Brittanje en Frankryk oorlog teen Duitsland verklaar het weens die Nazi-inval in Pole. Kan jy, as jy te jonk is om dit te onthou, die oorlog onthou wat in 1950 in Korea uitgebreek het? Of die oorlog in Viëtnam wat van die 1950’s tot 1975 geduur het? Of die oorlog in Koeweit wat in 1990 deur Irak begin is?

Is dit nie vir jou opmerklik dat ons, wanneer ons die geskiedenis sedert die Tweede Wêreldoorlog nagaan, aan nog soveel oorloë moet terugdink wat ellende en lyding vir miljoene mense veroorsaak het en wat die lewens van miljoene ander vernietig het nie? Wat het die Tweede Wêreldoorlog destyds vir mense nagelaat?

Die gevolge van die Tweede Wêreldoorlog

Ongeveer 50 miljoen mense is tydens die Tweede Wêreldoorlog dood, en teen 1945 was daar miljoene vlugtelinge wat in Europa rondgeswerf het terwyl hulle na hulle huise probeer terugkeer het in stede en dorpe wat deur bomme vernietig is en hulle verwoeste lewens weer probeer opbou het. Honderdduisende vroue en meisies, veral in Rusland en Duitsland, het probeer herstel van die trauma van verkragting deur invallende leërs. In byna die hele Europa was rantsoenering iets algemeens—kos en klere was skaars. Honderdduisende gedemobiliseerde soldate het werk gesoek. Miljoene weduwees en weeskinders het getreur oor die verlies van hulle mans en ouers.

Jode was nog besig om die werklikheid van die Slagting te probeer verwerk wat miljoene van hulle mede-Jode uitgewis het sowel as hulle kanse om ’n nageslag voort te bring. Miljoene mense—uit Amerika, Brittanje, Frankryk, Duitsland, Rusland en baie ander nasies—het in daardie oorlog gesterf. ’n Enorme potensiële genepoel het verlore gegaan sodat die politieke en kommersiële belange van die wêreldmagte en hulle heersers bevorder kon word.

Baie lande is so erg deur die Tweede Wêreldoorlog verwoes dat ekonomiese herstel hulle eerste prioriteit was. Voedseltekorte was etlike jare ná die oorlog nog iets algemeens in Europa. Hoewel Spanje gedurende die Tweede Wêreldoorlog amptelik neutraal was, is die land erg deur hulle eie burgeroorlog (1936-39) en deur ’n handelsverbod getref—voedselrantsoeneringsboeke is nog tot Junie 1952 gebruik.

In die Verre-Ooste was die herinnering aan Japannese wreedhede nog vars in die geheue van slagoffers in Birma, China, die Filippyne en ander Oosterse lande. Hoewel die Verenigde State die oorwinnaars was, het hulle ongeveer 300 000 militêre personeel verloor, waarvan omtrent die helfte in die Pasifiese oorlogsgebied was. In Japan was armoede, tering en lang toue vir voedselrantsoenering die lot van die burgerlikes.

Churchill se oproep tot aksie

In sy oorwinningstoespraak wat op 13 Mei 1945 aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Europa vir die Britse volk gehou is, het die eerste minister Winston Churchill gesê: “Ek wens ek kon vanaand vir julle sê dat al ons geswoeg en probleme oor is. . . . Ek moet julle waarsku . . . dat daar nog baie is om te doen en dat julle voorbereid moet wees op verdere inspanning van verstand en liggaam asook verdere opofferings om groot sake te bevorder.” Hy het met versiendheid die verspreiding van Kommunisme voorsien en gesê: “Ons moet op die vasteland van Europa nog seker maak dat . . . die woorde ‘vryheid’, ‘demokrasie’ en ‘bevryding’ se ware betekenis, soos ons dit verstaan, nie verdraai word nie.” Toe het hy die uitdaging aan hulle gerig: “Voorwaarts, onverskrokke, onwrikbaar, onoorwinlik, totdat die hele taak voltooi is en die hele wêreld veilig en skoon is.”—Ons kursiveer.

’n Halfeeu van konflikte en dood

In ’n toespraak in 1992 het die sekretaris-generaal van die VN Boutros Boutros-Ghali erken dat daar “sedert die skepping van die Verenigde Nasies in 1945 meer as 100 groot konflikte regoor die wêreld was waarin ongeveer 20 miljoen dood is”. Die tydskrif World Watch het ’n selfs hoër dodetal aangegee en gesê: “Hierdie eeu het die minste vrede in die hele geskiedenis gehad.” Dieselfde bron haal ’n navorser aan wat sê dat “meer mense in hierdie eeu in oorloë dood is as in die hele vorige mensegeskiedenis saam. Ongeveer 23 miljoen van daardie sterfgevalle het sedert die Tweede Wêreldoorlog plaasgevind.”

The Washington Post het egter ook ander syfers verskaf: “Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog is ongeveer 160 oorloë regoor die wêreld gevoer, waarin meer as 7 miljoen op die slagveld en tot 30 miljoen burgerlikes gesterf het. Daarbenewens is daar ook diegene wat gewond is, wat verkrag is en wat vlugtelinge geword het.” Al hierdie feite hou nie rekening met die miljoene slagoffers van wêreldwye geweld gedurende die afgelope 50 jaar nie!

Ons het nou in 1995 steeds dodelike konflikte wat deur vurige haat aangevuur word en die dood veroorsaak van nie net soldate wat weet dat hulle moontlik sal sterf nie, maar ook van duisende burgerlikes in Afrika, die Balkanstate, die Midde-Ooste en Rusland.

Kan ons derhalwe sê dat “die hele wêreld” 50 jaar ná 1945 “veilig en skoon is”? Watter vooruitgang het die mensdom gemaak om ons aarde ’n geskikte en veilige plek te maak om op te woon? Wat het ons in 50 jaar geleer? Het die mensdom vooruitgang gemaak op gebiede wat werklik saak maak—waardes, sedes, gedragsnorme? Die volgende twee artikels sal hierdie vrae beantwoord. ’n Vierde artikel sal die toekomstige vooruitsigte van ons almal hier op die aarde bespreek.

[Venster op bladsy 4]

Herinneringe aan die tydperk ná die Tweede Wêreldoorlog

’n Engelsman wat nou in sy sestigerjare is, sê: “Aan die einde van die veertigerjare het ons nie ’n televisie in ons huis gehad nie. Ons verbeelding is hoofsaaklik deur die radio geprikkel. Aangesien ek nog op skool was, het lees- en huiswerk my gedagtes besig gehou. Ek het miskien een keer per maand bioskoop toe gegaan. Ek het Saterdae etlike kilometers met my fiets gery om na my gunstelingsokkerspan te gaan kyk. Betreklik min gesinne kon ’n motor of ’n telefoon bekostig. Soos miljoene ander in Brittanje het ons nie ’n aparte badkamer gehad nie. Die toilet was buite, en die bad was in die kombuis, wat ook as ’n badkamer gebruik is. Gedurende die oorlog het ons van ontwaterde voedsel—poeiereiers, -melk en -aartappels—geleef. Vrugte, soos lemoene en piesangs, was ’n luukse wat ons af en toe gehad het. Wanneer die plaaslike groentewinkel dit ingekry het, was dit ’n teken vir almal om na die winkel te storm om vir hulle rantsoen tou te staan. Baie vroue moes in wapenfabrieke werk. Die mense het toe nie besef watter ongelooflike veranderinge voor die deur was nie—’n wêreld van TV’s, video’s, rekenaars, kibernetika, faks-kommunikasie, ruimtevlugte en genetiese manipulering.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel