Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 11/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Asteke—hulle fassinerende stryd om voortbestaan
    Ontwaak!—1999
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2004
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 11/22 bl. 30

Van ons lesers

Menopouse Ek wil julle van harte bedank vir die reeks “’n Beter begrip van die menopouse” (22 Februarie 1995). Ek is 43 jaar oud, en julle het my bevredigende antwoorde op my vrae gegee. Twee vroue wat saam met my werk, het eksemplare gevra, maar ek moes my persoonlike eksemplaar vir hulle leen. Ons gemeente se voorraad het opgeraak!

M. H. S., Brasilië

Die artikels het my verstand en hart geopen om te besef watter soort verandering my moeder ondergaan. Ek hoop ek kan aanhou om hierdie verandering in haar lewe te verstaan en meer behulpsaam wees.

A. K., Verenigde State

Ek is 47 jaar oud, en totdat ek daardie nommer van die Ontwaak! ontvang het, het ek die onderwerp glad nie verstaan nie, nie eers nadat ek dokters geraadpleeg het nie. Julle het my gehelp om te verstaan dat hierdie veranderinge natuurlik is. Ek is nou gereed om die probleme aan te pak.

E. M., Sierra Leone

Ek het onlangs ’n drie uur lange seminaar oor hierdie onderwerp bygewoon. Dit is deur die opvoedkundige departemente van twee groot hospitale aangebied. Die program was baie leersaam, maar ek het binne 30 minute meer geleer deur die Ontwaak! te lees as wat ek in drie uur by die seminaar geleer het.

J. B., Verenigde State

Ontbrekende artikels? Ek is ’n 11-jarige meisie. Ek het uitgevind dat julle nie meer die reeks “Jongmense vra . . .” druk nie. Waarom nie? Ek het daardie deel werklik geniet. Party van die vrae was op my van toepassing, en ek het daarvan gehou om dit te lees! Dit was die eerste ding waarna ek gesoek het wanneer ons die Ontwaak! gekry het. Ek is seker daar is ander jongmense wat dieselfde daaroor voel. Gaan julle daardie deel in die toekoms druk?

E. K., Verenigde State

“Jongmense vra . . .” sal steeds een keer per maand gepubliseer word. Dit sal in die nommer van die 22ste van elke maand verskyn. Sedert die reeks in 1982 begin het, is meer as 300 artikels in hierdie reeks gepubliseer. Ons spoor ons jong lesers aan om weer na party van hierdie ouer artikels te kyk. Maar wees verseker van ons volgehoue belangstelling in die probleme van jongmense.—RED.

Inkwisisie In julle artikel “Die inkwisisie in Mexiko—Hoe het dit plaasgevind?” (8 Oktober 1994) het julle na “die koning van die Asteke, Netzahualcóyotl”, verwys. Netzahualcóyotl was egter nie ’n koning van die Asteke nie, maar die koning van die Chichimec-volk.

E. R. C. L., Mexiko

Netzahualcóyotl was inderdaad Chichimecaans, nie Asteeks nie. Dit is egter interessant dat party naslaanwerke, soos die “Nueva Enciclopedia Cultural IEPSA”, wel na hom verwys as “die koning van die Asteke”. Soos die boek “Historia de México” verduidelik, het Netzahualcóyotl “in bondgenootskap met die Asteke” geheers, wat reeds die Chichimec-volk oorheers het.—RED.

“Verlore” jongmense Ek kan nie begin om vir julle te sê hoe dit my geestelik bemoedig het toe ek die artikel “Jongmense vra . . . Hoe kan ek my lewe regkry?” (8 Januarie 1995) gelees het nie. Dit het my die moed gegee om tot Jehovah te bid en sy vergifnis te vra vir die sondes wat ek in die verlede gepleeg het. Voordat ek hierdie artikel gelees het, het my hart dag en nag oor hierdie sondes getreur. Ek het baie nagte in die bed gelê en gedink dat selfmoord die enigste oplossing is. Ek weet nou dat Jehovah se beginsels ons tot voordeel strek, en ek sal uit my vorige foute leer.

Q. B., Verenigde State

As ’n jeugdige het ek Jehovah en sy organisasie verlaat. Hoewel ek nou al byna vyf jaar terug is, het ek partykeer gevoel dat Jehovah my nooit ten volle sou vergewe nie. Ek weet nou dat ek verkeerd was; die diep, knaende gevoel van twyfel in my het uiteindelik weggegaan.

R. D., Trinidad

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel