Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 2/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 2/22 bl. 30

Van ons lesers

Ons beskou die wêreld Julle tydskrifte word al hoe interessanter. Hulle handel oor allerhande onderwerpe—onlangse gebeure, sport, wetenskap, ensovoorts. “Ons beskou die wêreld” is uiters interessant. Ek dink dat die TV-nuus baie interessanter sou wees as dit op hierdie rubriek gegrond was.

R. S., Italië

Ek waardeer werklik die onderwerpe wat in “Ons beskou die wêreld” gedek word. Een waarmee ek my heeltemal kon vereenselwig, was in die nommer van 22 April 1995. Die onderwerp was “Wat maak onderwysers gewild?” Die artikel het gesê dat leerlinge nie noodwendig van die onderwysers hou wat minder huiswerk gee nie, maar dat hulle van die onderwysers hou wat goedhartig is, omgee en regverdig is. Dit is die waarheid! Ek het al soveel ondervindinge gehad met onderwysers wat die gewilde leerlinge begunstig in ’n poging om self gewild te wees. Maar op die ou end bly sulke onderwysers nie gewild nie. Nogmaals dankie vir hierdie waardevolle inligting.

L. K., Verenigde State

Valse voorspellings Dankie vir die reeks “Valse voorspellings of ware profesieë—Hoe kan jy hulle van mekaar onderskei?” (22 Junie 1995). Hoewel ek die Bybel al 42 jaar lank daagliks bestudeer en die inligting oor die teken van die laaste dae probeer inneem het, kan ek sê dat die duidelike opsomming wat julle van al die tekste oor hierdie onderwerp gegee het my werklik gehelp het. Julle het dit makliker gemaak om hierdie onderwerp te onthou. Dit was wonderlike geestelike voedsel!

M. B., Verenigde State

Diefstal Ek is 13 jaar oud, en ek het ’n probleem met diefstal gehad. Ek het geld gesteel, of ek het na ’n winkel toe gegaan en kougom gesteel. Ek wou ophou, maar niks het gehelp nie totdat ek die Ontwaak! van 22 Junie 1995 ontvang het en na die artikel “Jongmense vra . . . Steel—Waarom nie?” geblaai het. Dit het my werklik geraak. Dit het my gehelp om tot Jehovah te bid en te weet dat hy my menigvuldiglik sal vergewe. Ek wil in God se Koninkryk wees, en ek weet dat mense wat steel nie daar sal wees nie. Dankie dat julle hierdie artikel gepubliseer het.

J. A., Kanada

Ek is 23 jaar oud en weens diefstal opgesluit. Dit het alles as gevolg van portuurdwang begin. Hulle wou hê dat ek iemand ’n poets moes bak, en van daar af het dinge vererger. Die artikel is so waar. Ek hoop net dat jongmense die raad toepas voor dit te laat is. Sodoende kan hulle dit vermy om op die ou end te sit waar ek is—in die tronk.

M. S., Verenigde State

Lewensverhaal Ek het so pas die artikel “Hoe ek by God se sorg baat gevind het” (22 Junie 1995) gelees. Toe ek gelees het hoe Celeste Jones deur gesinslede mishandel is—en tog haar geloof behou en volhard het—het dit my laat belowe dat ek hard sal probeer om nooit weer oor my eie gesondheidsprobleme te kla nie.

J. P., Verenigde State

As iemand wat ietwat minder as Celeste Jones gestremd is, het ek ’n idee van watter moed dit van haar geverg het om standvastig te bly. Spesiale dank aan almal wat Celeste stilweg bygestaan het en haar die sorg gegee het wat sy vir haar bediening nodig gehad het.

W. R., Kanada

Ek is deur die artikel ontroer. Dit het my geloof versterk en my help besef dat die doeltreffendste manier waarop ons ons naaste kan help, is deur op elke moontlike manier vir hulle te getuig.

P. H. P., Nigerië

Ek is diep ontroer en bemoedig deur Celeste se ondervinding. Ek word oud en ondervind al die skete wat met veroudering gepaardgaan, maar haar ondervinding gee my bykomende krag om dit te verduur.

M. R., Jamaika

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel