Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 4/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Premenstruele sindroom—Mite of werklikheid?
    Ontwaak!—1995
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Die betekenis agter die masker
    Ontwaak!—1995
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 4/8 bl. 30

Van ons lesers

PMS Ek moet julle opreg bedank vir die artikel “Premenstruele sindroom—Mite of werklikheid?” (8 Augustus 1995) wat julle gepubliseer het. Ek het gebid om so ’n artikel, aangesien ek nie verstaan het waarom ek elke maand sulke ontstellende gevoelens ervaar nie. Toe ek die artikel lees, het ek ’n sug van verligting geslaak; nou besef ek dat my probleem nie die gevolg van geestelike swakheid is nie.

Y. E., Jamaika

Ek ly al so lank as wat ek kan onthou aan PMS, maar ek het dit altyd afgemaak as iets wat ek bloot moet verduur. Hierdie artikel het my help besef dat PMS ’n werklike probleem is, een wat belangrik genoeg is om te bespreek.

Y. M., Engeland

My PMS bekommer my kind en my man al ongeveer 12 jaar lank baie. Hierdie artikel het my simptome volmaak beskryf! Wat my veral gelukkig gemaak het, was my man se reaksie. Hy is nie ’n Getuie nie en is gewoonlik taamlik krities teenoor die Ontwaak! Hy het groot belangstelling in die artikel getoon en gesê: ‘Ek is bly dat ons hierdie artikel het.’

K. O., Japan

Egbreuk Baie dankie vir die artikel “Die Bybelse beskouing: Egbreuk—Moet dit vergewe word of nie?” (8 Augustus 1995). Ná jare van mishandeling het ek ’n skriftuurlike egskeiding van my man verkry. Party mense het my nietemin skuldig laat voel daaroor en ek moes baie jare lank teen hierdie gevoel stry. Ek het selfs gedink dat Jehovah my verwerp het. Maar hierdie artikel het baie van my gevoelens uitgedruk en dit het my grootliks bemoedig.

A. K., Tsjeggiese Republiek

Maskers uit Afrika Julle artikel “Die betekenis agter die masker” (8 Augustus 1995) was uiters insiggewend. Julle het daarin gesê dat ware Christene nie sulke maskers sal hou nie. Maar wat van maskers wat bloot as aandenkings gemaak word of wat nog nooit vir godsdiensdoeleindes gebruik is nie?

J. A., Verenigde State

Ons artikel het spesifiek gehandel oor maskers wat vir valse aanbidding gemaak is. Ons het erken dat daar “’n groot verskil [is] tussen maskers wat in aanbidding gebruik word en die replikas wat vir die toeristebedryf gebeeldsny word”. In Westerse lande het sulke maskers wat vir die handel vervaardig word dalk geen godsdiensbetekenis nie, maar word dalk oor die algemeen as sierkuns beskou. Elke Christen moet dus self besluit of hy sulke maskers sal vertoon en die uitwerking wat dit op die gewete van ander kan hê in gedagte hou (1 Korintiërs 10:29).—RED.

Renoster Ek wil my waardering en bewondering uitspreek vir julle vermoë om ’n brokkie onbelangrike inligting genotvol te maak—selfs vir iemand soos ek wat voorheen nooit vir plesier gelees het nie. Ek het so pas “Die dier met daardie gesogte horings” (8 Augustus 1995) gelees. Ek begin gewoonlik sulke artikels uit ’n pligsgevoel lees. Maar op die ou end is ek altyd verbaas oor hoe aangenaam dit is om hulle te lees!

J. M., Verenigde State

Verhaal van Celeste Jones Ek lees julle tydskrifte al 17 jaar. Nadat ek die ondervinding van Celeste Jones in die artikel “Hoe ek by God se sorg baat gevind het” (22 Junie 1995) gelees het, moes ek eenvoudig skryf en my waardering uitspreek.

M. M., Colombia

Celeste Jones het op 27 Oktober 1995 gesterf. Voor haar dood het sy baie briewe van lesers oor die hele wêreld ontvang wat haar vir haar ondervinding bedank het.—RED.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel