Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 4/22 bl. 3
  • Is ’n wêreld sonder oorlog moontlik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is ’n wêreld sonder oorlog moontlik?
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is die toekoms van oorlog?
    Ontwaak!—1999
  • Die Verenigde Nasies—’n Beter manier?
    Ontwaak!—1991
  • Die mens se planne vir internasionale veiligheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Wêreldregering—Is die Verenigde Nasies die antwoord?
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 4/22 bl. 3

Is ’n wêreld sonder oorlog moontlik?

STEL jou voor dat jy nooit weer die aaklige werklikheid van oorlog en die nadraai daarvan sien of ondervind nie. Stel jou voor dat jy nooit die geluid van geweervuur of bomme hoor nie, nooit hordes uitgehongerde vlugtelinge op die vlug sien nie, nooit wonder of jy of ’n geliefde in die een of ander wrede en sinlose konflik sal sterf nie. Hoe wonderlik sou dit tog nie wees om in ’n wêreld sonder oorlog te lewe nie!

‘’n Onwaarskynlike vooruitsig’, sê jy dalk. Tog het mense net ’n paar jaar gelede nog ’n vreedsame wêreld in die vooruitsig gestel. In 1990 en 1991 het baie gesê dat die nasies op die drumpel van ’n nuwe era van veiligheid en samewerking staan. George Bush, wat toe die President van die Verenigde State was, het die gemoedstemming van die tyd weerspieël deur by baie geleenthede te praat van ’n “nuwe wêreldorde” wat te voorskyn kom.

Waarom die optimisme? Die Koue Oorlog het geëindig. Meer as 40 jaar lank het die bedreiging van kernoorlog onheilspellend oor die mensdom gehang soos ’n swaard wat aan ’n dun toutjie hang. Maar met die ondergang van Kommunisme en die verbrokkeling van die Sowjetunie het dit gelyk of die bedreiging van ’n kernslagting verdwyn. Die wêreld het ’n sug van verligting geslaak.

Daar was nog ’n belangrike rede waarom mense vol vertroue oor die toekoms was, en waarom baie steeds is. Vier dekades lank het die wedywering tussen die Ooste en die Weste die Verenigde Nasies net ’n debatsvereniging gemaak. Maar die einde van die Koue Oorlog het die VN bevry om te doen wat dit bedoel was om te doen—om hulle vir internasionale vrede en veiligheid te beywer.

Die VN het in onlangse jare verskerpte pogings aangewend om oorlogvoering af te weer. Met troepe uit lidlande tot hulle beskikking het die Verenigde Nasies in die 4 jaar voor 1994 meer vredebewaringsoperasies onderneem as in die vorige 44 jaar. Ongeveer 70 000 burgerlike en militêre personeellede het in 17 operasies regdeur die wêreld gedien. In net twee jaar het vredebewaringsuitgawes meer as verdubbel tot R12 miljard in 1994.

Boutros Boutros-Ghali, Sekretaris-generaal van die VN, het onlangs geskryf: “Daar is tekens dat die stelsel van gemeenskaplike veiligheid wat byna 50 jaar gelede [met die stigting van die VN] in San Francisco opgerig is uiteindelik begin werk soos dit bedoel is om te werk . . . Ons vorder tot die totstandbrenging van ’n bruikbare internasionale stelsel.” Ondanks hierdie ontwikkelinge vervaag die beeld van ’n nuwe wêreldorde vinnig. Wat het gebeur sodat die vooruitsigte op ’n wêreld sonder oorlog verdonker het? Is daar rede om te glo dat ons ooit wêreldvrede sal sien? Die volgende artikels sal hierdie vrae bespreek.

[Foto-erkennings op bladsy 3]

Oorlogsvliegtuie: USAF photo

Lugafweergeskut: U.S. National Archives photo

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel