Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 9/22 bl. 8-10
  • Verkry nóú beheer oor jou lewe!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verkry nóú beheer oor jou lewe!
  • Ontwaak!—1996
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is die Bybel se beskouing?
  • Die beste beskikbare hulp
  • “Die woord van God is lewend en kragtig”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Wie moet die skuld kry—Jy of jou gene?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Hoe jy kan verander wat jy is
    Ontwaak!—1991
  • ’n Geestelike immuniteit teen die morele verval
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 9/22 bl. 8-10

Verkry nóú beheer oor jou lewe!

WETENSKAPLIKE navorsing oor menslike gedrag en motivering het ons op baie gebiede gehelp. Miskien is ons gehelp om ’n siekte te verduur omdat ons dit beter verstaan het. Terselfdertyd is dit verstandig om versigtig te wees wat sensasionele teorieë betref, veral dié wat lyk of hulle goedgevestigde beginsels weerspreek.

Oor die onderwerp van genetika en gedrag ontstaan vrae soos: Kan ons ons verantwoordelikhede ontduik en geen skuld vir ons dade aanvaar nie? Kan ons ons verontskuldig van ’n onbesonne daad of oortreding of selfs iemand of iets anders daarvoor blameer en sodoende by die toenemende getalle van hierdie “nie-ek-nie”-geslag aansluit? Glad nie. Die meeste mense is gewillig om erkenning vir enige suksesse in die lewe te ontvang, waarom sal hulle dan nie net so gewillig wees om verantwoordelikheid vir hulle foute te aanvaar nie?

Daarom kan ons dalk vra: Wat sê God se Woord, die Heilige Bybel, oor wie of wat ons lewe vandag beheers?

Wat is die Bybel se beskouing?

Die eerste ding wat ons moet besef, is dat ons almal gebore is in sonde wat ons van ons eerste ouers, Adam en Eva, oorgeërf het (Psalm 51:7). Daarbenewens lewe ons in ’n spesiale tyd, wat “die laaste dae” genoem word, wanneer mense “kritieke tye” beleef “wat moeilik is om deur te kom” (2 Timoteus 3:1). Dit toon dat ons oor die algemeen meer probleme ondervind om goeie beheer oor ons lewe uit te oefen as wat ons voorouers ondervind het.

Alle mense het nietemin wilsvryheid, daarom kan hulle hulle eie persoonlike besluite neem. In dié mate het hulle beheer oor hulle lewe. Dit is reeds sedert die vroegste tye die geval en kan gesien word uit Josua se woorde aan die nasie Israel: “Kies dan vir julle vandag wie julle wil dien.”—Josua 24:15.

Die Bybel erken dat Satan die Duiwel uit die hemel gewerp is en dat hy nou, meer as ooit, ’n sterk invloed ten kwade op alle mense uitoefen. Dit sê ook vir ons dat die hele wêreld selfs in die dae van die apostel Johannes in die mag van die bose gelê het (1 Johannes 5:19; Openbaring 12:9, 12). Maar net soos die almagtige God nie al ons dade beheers of ons voorbestem vir ’n lot wat net hy ken nie, moet ons nie die skuld vir al ons foute of mislukkings direk op Satan pak nie. Die gebalanseerde skriftuurlike waarheid is dat elkeen “beproef [word] deurdat hy deur sy eie begeerte meegesleep en verlok word. Dan baar die begeerte, wanneer dit vrugbaar geword het, sonde” (Jakobus 1:14, 15). Die apostel Paulus het hierdie geïnspireerde woorde geskryf: “Moenie mislei word nie: God laat hom nie bespot nie. Want wat ’n mens ook al saai, dit sal hy ook maai.”—Galasiërs 6:7.

Jehovah God eis dus van elke individu rekenskap vir sy dade. Ons moet versigtig wees om nie onsself te probeer verskoon as gevolg van ons genetiese samestelling en oorgeërfde onvolmaakthede nie. God het van die gewelddadige, homoseksuele gemeenskap van eertydse Sodom en Gomorra rekenskap geëis vir hulle verderflike dade. Dit is duidelik dat hy nie die inwoners beskou het as stomme, ongelukkige wesens wat weens die een of ander veronderstelde genetiese fout nie anders kon as om goddeloos te wees nie. Die mense wat in Noag se dag geleef het, het insgelyks talle bose invloede om hulle gehad; maar hulle moes ’n keuse maak, ’n persoonlike besluit, as hulle die naderende Vloed wou oorleef. ’n Paar het die regte keuse gemaak. Die meeste het nie.

Die Hebreeuse profeet Esegiël bevestig dat persoonlike beheer nodig is as ons God se guns wil verkry: “As jý die goddelose waarsku, en hy hom nie van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jý het jou siel gered.”—Esegiël 3:19.

Die beste beskikbare hulp

Ons almal het natuurlik hulp nodig om persoonlike beheer in ons daaglikse lewe toe te pas, en vir baie van ons is dit nogal ’n uitdaging. Maar ons hoef nie moed op te gee nie. Hoewel ons oorgeërfde sondige neigings nie vir God aanneemlik is nie, voorsien hy die beste beskikbare hulp—sy heilige gees en sy geïnspireerde waarheid—as ons ons gedrag wil verander. Ten spyte van enige geenpredisposisie wat ons dalk het en enige eksterne invloede wat ons kan beïnvloed, kan ons ‘die ou persoonlikheid met sy gebruike aflê, en ons beklee met die nuwe persoonlikheid, wat deur juiste kennis nuut gemaak word na die beeld van die Een wat dit geskep het’.—Kolossense 3:9, 10.

Talle Christene in die gemeente in Korinte het opvallende veranderinge in hulle gedrag aangebring. Die geïnspireerde verslag deel ons mee: “Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of mans wat vir onnatuurlike doeleindes aangehou word of mans wat by mans lê of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of afpersers sal God se koninkryk beërf nie. En tog is dit wat party van julle was. Maar julle is skoon gewas, maar julle is geheilig, maar julle is regverdig verklaar in die naam van ons Here Jesus Christus en met die gees van ons God.”—1 Korintiërs 6:9-11.

As ons dus met ons onvolmaakthede sukkel, moet ons nie daaraan toegee nie. Baie hedendaagse Christene het bewys dat hulle met Jehovah se hulp kon ‘verander deur hulle verstand te hervorm, dat hulle hulle van die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God kon vergewis’. Hulle voed hulle verstand met alles wat waar, regverdig, kuis, lieflik, deugsaam en lofwaardig is; en hulle “hou aan om hierdie dinge te bedink”. Hulle neem vaste geestelike voedsel in, en deur die gebruik daarvan is hulle waarnemingsvermoëns geoefen om te onderskei wat reg sowel as verkeerd is.—Romeine 12:2; Filippense 4:8; Hebreërs 5:14.

Dit is bemoedigend om te weet van hulle stryd, hulle tydelike mislukkings en hulle uiteindelike sukses met die hulp van God se heilige gees. God verseker ons dat die hart en sy begeertes dikwels by ’n verandering in ons gedrag betrokke is: “Wanneer wysheid in jou hart inkom en kennis self vir jou siel aangenaam word, sal denkvermoë self oor jou waghou‚ sal onderskeidingsvermoë self jou beveilig, om jou van die slegte weg te bevry.”—Spreuke 2:10-12, NW.

As jy die ewige lewe jou doel wil maak—’n lewe sonder die probleme van die goddelose wêreld en vry van aftakelende onvolmaakthede—moet jy ‘jou derhalwe kragtig inspan’ om nóú beheer oor jou lewe te verkry en jou deur hemelse wysheid laat lei (Lukas 13:24). Maak gebruik van die hulp van Jehovah se heilige gees sodat jy die vrug van selfbeheersing kan voortbring. Maak dit jou hartsbegeerte om jou lewe in ooreenstemming met God se wette te bring, en slaan ag op die raad: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe” (Spreuke 4:23). Om ’n stewige houvas te verkry op “die werklike lewe” in God se nuwe wêreld—waarin Jehovah God alle genetiese gebreke gaan regstel op grond van geloof in die losprysofferande van Jesus Christus—is al die pogings werd wat jy aanwend om jou lewe in hierdie wêreld te beheers!—1 Timoteus 6:19; Johannes 3:16.

[Prent op bladsy 9]

’n Studie van die Bybel kan ons krag gee om diepgewortelde swakhede te oorkom

[Prent op bladsy 9]

Bybelstudie kan ons help om God se sedelike standaarde na te kom

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel