Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 9/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Van Ons Lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 9/22 bl. 30

Van ons lesers

Vertroue Ek het neerslagtig gevoel omdat van my vriende en familie my vertroue misbruik het. Ek het aan die geloofwaardigheid van almal om my begin twyfel. Maar die reeks “Wie kan jy vertrou?” (8 Februarie 1996) het my ’n meer gebalanseerde beskouing van vertroue gegee. Dankie vir hierdie tydige inligting.

E. I., Korea

Met die jare is my vertroue deur my vader, wat my gemolesteer het, deur twee huweliksmaats en deur ’n Christenbroer misbruik. Ek het die punt bereik waar ek besluit het om niemand te vertrou nie. Ek het my daarvan oortuig dat ek mense nie nodig het nie. Maar die artikel het my gehelp om meer gebalanseerd te wees. Hoewel dit vir my baie moeilik is om ander te vertrou, gaan ek aanhou probeer. Hierdie keer sal ek versigtiger wees wie ek vertrou.

C. H., Verenigde State

Matterhorn Ek het die artikel “Die unieke Matterhorn” (8 Februarie 1996) gelees. Die foto van hierdie pragtige berg het werklik my aandag getrek! Die artikel het my gehelp om God se skeppingswerke nog meer te waardeer.

J. W., Verenigde State

Appels Baie dankie vir die artikel “’n Appel ’n dag laat die dokter wag” (8 Februarie 1996). Dit het my belangstelling gewek, aangesien ons meer as 100 appelbome op ons kleinhoewe het. Ons geniet dit om hierdie bome te snoei en te versorg sodat hulle goed kan dra. Ons waardeer die juistheid van al julle artikels. Dit voorsien verkwikkende, betroubare inligting.

P. B., Verenigde State

Kompulsiewe gedrag Dankie vir die uitstekende artikel “Kompulsiewe gedrag—Beheer dit jou lewe?” (8 Februarie 1996). Ek is net 20 jaar oud en ly aan hierdie steurnis. Ek het Jehovah al telkemale in gebed gevra om my van inligting te voorsien oor wat besig is om met my te gebeur.

M. A. C., Spanje

Omstreeks die tyd toe ek ’n pionier, voltydse evangeliedienaar, geword het, het onwillekeurige, oneerbiedige gedagtes oor God my begin teister. Ek het gedink dat ek ’n onvergeeflike sonde gepleeg het en het baie keer gehuil. Julle sal julle nooit kan voorstel hoe ek nou voel nadat ek ’n beskrywing van my gevoelens swart op wit gesien het nie. Ek het nooit gedink dat enige ander persoon hieraan kon ly nie. Dankie broers dat julle altyd daar is vir ons.

C. B., Nigerië

Ek het die artikel oor en oor gelees, en ek was in trane. Dit het my toestand so breedvoerig beskryf! Ek het gewonder of ek besig was om mal te word en of die demone my verstand begin oorneem het. Dit was ’n verligting om te weet dat daar ander broers is wat aan dieselfde steurnis ly.

K. T., Japan

Ek het my dikwels tot Jehovah gewend vir hulp met hierdie probleem. Maar ek het besluit om op te gee omdat ek gemeen het dat dit vergeefs was en dat niks my kon help nie. Nou verstaan ek myself, en ek voel verlig. Ek twyfel of julle die artikel op ’n liefdevoller wyse kon geskryf het. Ek is seker daarvan dat Jehovah werklik vir ons omgee.

J. F., Tsjeggiese Republiek

Ek word nou al sewe jaar lank verstandelik geteister deur kompulsiewe gedagtes. Dit het my uitgeput en terneergedruk laat voel. Ek het te skaam en te skuldig gevoel om dit met enigiemand te bespreek. Ek het werklik gedink dat ek van my verstand af geraak het. Toe ek hierdie artikel lees, kon ek dit nie glo nie. Daar is ander wat dieselfde ondervinding deurgemaak het! My oë het vol trane geword. Ek was nie meer alleen nie. Ek het nie die onvergeeflike sonde gepleeg nie, en Jehovah was nie kwaad vir my nie.

S. B., Suid-Afrika

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel