Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 10/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1991
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 10/8 bl. 30

Van ons lesers

Skoonheid Ek is 11 jaar oud en het die reeks “Watter soort skoonheid is die belangrikste?” (22 Desember 2004) baie waardeer. Partykeer is ek te bekommerd oor hoe ek lyk. Hierdie artikel het my help besef dat dit die innerlike mens is wat saak maak.

A. L., Verenigde State

Ek is nie heeltemal gelukkig met my voorkoms nie. Maar ek hoop dat my innerlike skoonheid vir Jehovah aanneemlik is en dat hy behae skep in my en my lewenswyse. Sulke artikels is nie net baie interessant nie, maar dit versterk ’n mens ook.

M. G., Duitsland

Jongmense vra Dankie dat julle die artikel “Jongmense vra . . . Sê nou hy sê nee?” (22 Desember 2004) gepubliseer het. Net soos diegene wat in die artikel aangehaal is, het ek tot ’n Christenman aangetrokke gevoel, maar hy het nie my liefde beantwoord nie. Dit het my baie seergemaak. Danksy hierdie artikel bid ek vol vertroue tot Jehovah om my te help om met geestelike dinge besig te bly. Ek wil die pyn van hierdie onbeantwoorde liefde oorkom.

I. J., Japan

Ek kan nie in woorde uitdruk hoe ek gevoel het nadat ek die artikel gelees het nie. Ek het dit net betyds gekry, en dit het presies beskryf hoe ek gevoel het! Dit was nie maklik om te aanvaar dat hy nie in my belangstel nie, maar die artikel het my gehelp om met my lewe voort te gaan.

M. P., Italië

Hoewel van die gedagtes dalk moeilik is om toe te pas, dink ek dat hierdie artikel my uiteindelik in staat gestel het om my ewewig te herwin. Ek hoop dat dit baie ander mense sal help om weer te besef dat hulle waardevol in Jehovah se oë is en met hulle lewe voort te gaan!

J. E., Verenigde State

Hierdie artikel het my die krag gegee om nie deur gevoelens van teleurstelling oorweldig te word nie. Hoewel ek nog steeds voel dat ek verwerp is, het die artikel die pyn help verlig. Dit is goed om te weet dat Jehovah vir elkeen van ons omgee.

M. L., Verenigde State

Die dag toe ek hierdie Ontwaak! ontvang het, het ek ook ’n brief ontvang waarin ’n Christenman vriendelik maar beslis gesê het dat hy nie in my belangstel nie. Ek kon dae lank nie eet of slaap nie, maar hierdie artikel het my gehelp om ’n realistiese beskouing te hê en my selfrespek te behou.

M. I., Japan

Nadat ek lank gely het omdat my romantiese gevoelens nie beantwoord is nie, het ek besef dat dit beter sal wees om die feite onder die oë te sien. Ek weet nou dat ek nie die enigste een is wat al gely het omdat iemand nee gesê het nie. Baie dankie.

L.A.C., Brasilië

Ek was teleurgesteld en seergemaak toe die persoon in wie ek belanggestel het, nee gesê het. Ek het gehuil nadat ek die artikel gelees het, want dit is hoe Jehovah my gehelp het. Nou weet ek dat hy my baie pyn wou spaar. Ek het Jehovah nou selfs liewer.

D. O., Oostenryk

Die gedagte in die “Jongmense vra”-artikel dat Jehovah die begeerte na liefde in mense gesit het en dat hy weet hoe ons daardie liefde kan beheer, was vir my nuut en vertroostend. Ek wil iemand word wat, soos die voorbladreeks in hierdie nommer gesê het, mooi is in Jehovah se oë—innerlik mooi.

H. W., Japan

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel