Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 6/8 bl. 8-10
  • Bied die uitdaging die hoof

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die uitdaging die hoof
  • Ontwaak!—1997
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ouers wat ’n positiewe invloed is
  • Bied die uitdaging met sukses die hoof
  • Aanvaar Jehovah se voorsienings vir lewe
  • Die Bybel en tienersedes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Wat vorm jou gesindheid?
    Ontwaak!—1997
  • Veranderende gesindhede laat nuwe vrae ontstaan
    Ontwaak!—1997
  • Voorhuwelikse seks
    Ontwaak!—2013
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 6/8 bl. 8-10

Bied die uitdaging die hoof

DIE aanslag op seksuele sedelikheid begin vroeg in die lewe met die beskikbaarheid van televisieprogramme, boeke, tydskrifte, rolprente en musiek waarin seks uitgebeeld word. Jongmense word aangespoor om die seksuele gedragspatrone van volwassenes na te volg sonder die beskerming van emosionele stabiliteit. Sommige ouers dra selfs tot die seksuele druk by deur hulle kinders toe te laat om op ’n vroeë ouderdom afsprake te maak. Portuurdwang moedig afsprake aan, en talle jongmense wat ’n vaste kêrel of meisie het, laat kort voor lank hulle waaksaamheid verslap en raak seksueel aktief. “Hoe baie gebeur dit tog . . . dat ’n jong tienderjarige meisie wat voel dat haar ouers haar nie liefhet nie . . . ’n seksuele verhouding met haar kêrel begin omdat sy verkeerdelik dink dat dit tot liefde en intimiteit sal lei”, het Luther Baker, ’n professor in gesinstudies, gesê.

Jongmense is geneig om hulle tienerjare te lei asof dit hulle laaste kans is om pret te hê, in plaas van dit te gebruik om vir die lewe voor te berei. “Omdat baie jeugdiges bekoor is deur hulle nuwe vermoë en deur hulle portuurs oortuig word dat seksuele prestasie hulle manlikheid kan bewys, word hulle seksjagters” in hulle jeug, het professor Baker gesê. Ongeveer 30 jaar gelede het die geskiedskrywer Arnold Toynbee dit beklaag dat ons jeug so bedrieg is, aangesien hy geglo het dat die geskiedenis bewys het dat die moderne Weste se skeppende energie gedeeltelik voortgespruit het uit die vermoë om tieners se ‘seksuele ontwaking’ uit te stel sodat hulle hulle op die verkryging van kennis kan toelê.

Ouers wat ’n positiewe invloed is

Ouers wat nie toelaat dat hulle tieners afsprake maak vir vermaak nie toon ’n opregte besorgdheid oor die toekomstige gesondheid en geluk van hulle kinders. Deur hoë sedelike standaarde te handhaaf en goeie kommunikasie in stand te hou, kan hulle ’n positiewe invloed op hulle kinders se lewe hê. Navorsing oor die seksuele gedrag van jongmense toon dat “hierdie invloed daartoe kan lei dat kinders seksuele bedrywigheid uitstel”, sê die Journal of Marriage and the Family.

Ouers wat ’n sterk gevoel van selfdissipline en verantwoordelikheid by hulle kinders inskerp, kry die beste resultate. “Wanneer adolessente en hulle ouers waardes het wat verantwoordelikheid beklemtoon, word die adolessente se kanse op ’n buite-egtelike swangerskap aansienlik verminder”, verklaar een studie. Dit behels ’n oordeelkundige betrokkenheid by kinders se bedrywighede—om hulle huiswerk te kontroleer; om te weet waar hulle hulle bevind en wie hulle maats is; om realistiese opvoedkundige doelwitte te stel en om geestelike waardes met hulle te deel. Kinders wat grootword met hierdie intieme verhouding met hulle ouers sal beter voel oor hulleself en sal gemaklik voel met hulle seksualiteit.

Die beste raad vir beide ouers en kinders is die wysheid wat in die Bybel gevind word. Ouers in Israel is beveel om hulle kinders behoorlike sedelike waardes te leer. Jehovah het hulle gevra: “Watter groot nasie is daar wat sulke regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie hele wet wat ek julle vandag voorhou?” Dit was hierdie “regverdige insettinge” wat hulle hulle kinders in die hartlike en intieme atmosfeer van die gesinsreëling moes leer. “Jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.” Kinders is vermaan: “Bewaar . . . die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie.” Sulke hartlike, intieme kommunikasie en onderrigting van beide vader en moeder is die boustene van ’n gebalanseerde beskouing van die lewe en seksualiteit, wat regdeur ’n jongmens se lewe sal ‘waghou oor’ hom.—Deuteronomium 4:8; 6:7; Spreuke 6:20, 22.

Jongmense, waarom julle toekoms vernietig deur aan seksuele drange toe te gee? Die tienerjare duur ongeveer sewe jaar. Dit behoort gebruik te word om verstandelik, emosioneel en geestelik te groei en om ’n gebalanseerde beskouing van seksualiteit te ontwikkel ter voorbereiding van die volgende 50 of 60 jaar van die lewe. Ouers, neem julle godgegewe verantwoordelikheid ernstig op en beskerm julle kinders teen die verdriet wat seksueel oordraagbare siektes en ongewenste swangerskappe meebring (Prediker 11:10). Laat julle kinders in julle daaglikse lewe sien hoe liefde en bedagsaamheid teenoor ander blywende verhoudings opbou.

Bied die uitdaging met sukses die hoof

Moenie toelaat dat vandag se beheptheid met seks jou beskouing van die lewe verdraai en jou kanse op ’n vol en gelukkige toekoms bederf nie. Peins oor die talle voorbeelde van menseverhoudings in die Bybel. Wees verseker daarvan dat die lewe en liefde lank ná die tienerjare steeds interessant en betekenisvol is. Wanneer hierdie feit ernstig oorweeg word in ooreenstemming met die goddelike wil vir Christenmanne en -vroue, dan word die grondslag gelê vir ’n intieme en blywende huwelik tussen twee mense wat mekaar liefhet.

Wanneer jy paartjies in die Bybel ondersoek, soos Jakob en Ragel, Boas en Rut asook die herder en die Sulammitiese meisie, sal jy ’n element van seksuele aangetrokkenheid in hulle verhoudings sien. Maar wanneer jy Genesis hoofstukke 28 en 29, die boek Rut en die Hooglied van Salomo noukeurig lees, sal jy opmerk dat daar ander belangrike elemente is wat sulke verhoudings verryk.a

Aanvaar Jehovah se voorsienings vir lewe

Jehovah, die Skepper van die mensdom, verstaan menslike seksualiteit en die drange wat daarmee gepaardgaan. Hy het ons liefdevol na sy beeld geskep, nie met “promiskue gene” nie, maar met die vermoë om ons emosies in ooreenstemming met die goddelike wil te beheers. “Dit is wat God wil: . . . dat julle julle onthou van hoerery; dat elkeen van julle moet weet hoe om in heiliging en eer sy eie vat in besit te kry, nie in hebsugtige geslagslus soos ook dié nasies het wat God nie ken nie; dat niemand so ver gaan dat hy sy broer skade berokken of inbreuk maak op sy regte in hierdie saak nie.”—1 Tessalonisense 4:3-6.

Dit word deur Getuies van Jehovah regoor die wêreld bewys. Hulle respekteer God se hoë standaarde vir Christenmanne en -vroue. Ouer mans word soos vaders beskou, “jonger manne soos broers, ouer vroue soos moeders, jonger vroue soos susters met alle kuisheid” (1 Timoteus 5:1, 2). Wat ’n gesonde milieu is dit tog vir jong manne en vroue om te geniet terwyl hulle hulle volle potensiaal bereik, vry van die druk om afsprake te maak en te vroeg te trou of van seksueel oordraagbare siektes! Die bedrywige Christengesin, wat deur die Christengemeente versterk word, is ’n veilige hawe in ’n seksmal wêreld.

Omdat jong Christene Bybelbeginsels in hulle lewe toepas, is hulle nie behep met seks nie en vind hulle geluk daarin om ag te gee op die vermaning wat in God se Woord gegee word: “Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring. En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.”—Prediker 11:9, 10.

[Voetnoot]

a Sien bladsy 247 van die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, uitgegee deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc.

[Lokteks op bladsy 10]

Moenie toelaat dat ’n beheptheid met seks jou kanse op ’n vol en gelukkige toekoms bederf nie

[Prent op bladsy 9]

Dit is minder waarskynlik dat jongmense wat dinge saam met hulle gesin doen seksuele intimiteit sal soek

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel