Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 6/22 bl. 3
  • Dieet—Iets om oor besorg te wees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dieet—Iets om oor besorg te wees
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • As ék gewig verloor het, kan enigiemand dit doen!
    Ontwaak!—1993
  • Hoe om ’n gesonde dieet te kies
    Ontwaak!—1997
  • Hoe kan ek goeie eetgewoontes hê?
    Jongmense vra
  • Die stryd teen vetsug—Is dit die moeite werd?
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 6/22 bl. 3

Dieet—Iets om oor besorg te wees

“GAAN dan heen, eet jou brood met vreugde”, sê die Bybel in Prediker 9:7. Om te eet, is inderdaad nie net noodsaaklik nie, maar is ook een van die grootste genietinge in die lewe.

Neem byvoorbeeld die 34-jarige Thomas. Hy is lief vir sy vleis. En hy eet dit elke dag—dikwels ’n paar keer op ’n dag. Vir hom bestaan ’n tipiese ontbyt uit melk, ’n paar eiers, brood of roosterbrood met dik botter daarop en wors of spek. By kitskosrestaurante bestel hy kaasburgers, aartappelskyfies en melkskommels. Wanneer hy uiteet, kies hy biefstuk as hoofgereg. Sy gunstelingrestaurant bedien ’n biefstuk van 680 gram en ’n gebakte aartappel met lekker baie suurroom op, net soos hy daarvan hou. Sy gunstelingnagereg is sjokoladekoek met sjokoladeroomys daarop.

Thomas is 1,78 meter lank en weeg 89 kilogram; volgens die Amerikaanse regering se dieetkundige riglyne van 1995 is hy 9 kilogram oorgewig. “Ek is nie bekommerd oor my gewig nie”, sê Thomas. “Ek is perdfris. In die afgelope 12 jaar was ek nog elke dag by die werk. Die meeste van die tyd voel ek goed en vol energie—behalwe natuurlik nadat ek ’n biefstuk van 24 onse [680 g] geëet het.”

Is dit egter moontlik dat Thomas se dieet sy gesondheid benadeel, hom stadigaan ’n kandidaat vir ’n hartaanval maak? In sy boek How We Die praat dr. Sherwin Nuland van ‘dodelike lewenspatrone’ en sluit ’n dieet van ‘rooivleis, groot stukke spek en botter’ daarby in.

Hoe gee sekere voedselsoorte aanleiding tot hartsiektes by baie mense? Wat bevat dit wat gevaarlik is? Voordat ons hierdie vrae bespreek, laat ons die gevare van oorgewig van naderby beskou.

[Prent op bladsy 3]

Waarom is so ’n dieet iets om oor besorg te wees?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel