Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 1/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2004
  • Afknouery—’n Paar oorsake en gevolge
    Ontwaak!—2003
  • Afknouery—’n Wêreldwye probleem
    Ontwaak!—2003
  • Afknouery—Watter kwaad kan dit doen?
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 1/8 bl. 30

Van ons lesers

Amasonereënwoud Ek was baie beïndruk deur die reeks artikels “Die Amasonereënwoud—mites en werklikhede” (22 Maart 1997). As ’n plant-ekoloog by die Amerikaanse Bosboudiens moet ek heelwat lektuur oor die omgewing bestudeer. Maar ek dink julle artikel is die beste wat ek nog oor die onderwerp gelees het. Dit is baie goed nagevors, leersaam en op hoogte van die tyd, en dit was werklik ’n plesier om te lees. Dit was vir my bemoedigend om te sien dat gedagtes soos biodiversiteit, benutting, fragmentering en ekosisteem verskyn in ’n tydskrif met so ’n groot internasionale verspreiding. Dit kan sake net verbeter.

D. S., Verenigde State

Ek is 12 jaar oud, en ek wil baie dankie sê vir die artikels. Ek moes dit eenvoudig lees die aand toe ons die tydskrif ontvang het! Aangesien ons hierdie onderwerp in die aardrykskundeklas op skool behandel, het ek die volgende dag ’n eksemplaar vir my aardrykskundeonderwyseres gegee. Dit het ander in die klas natuurlik nuuskierig gemaak, en ek hoop om ook ’n paar tydskrifte by hulle te laat.

T. E., Duitsland

Die artikels was waarlik fassinerend. Daar word van soveel soorte insekte melding gemaak, en elkeen verrig sy eie funksie onder die blare op die woudvloer. Jehovah sien toe dat daar kos is vir almal wat daar woon. Ek kan verstaan waarom hy ‘die verderwers van die aarde gaan verderf’.—Openbaring 11:18.

D. K. H., Verenigde State

Afknouery—Watter kwaad kan dit doen? Dankie vir die artikel “Jongmense vra . . . Afknouery—Watter kwaad kan dit doen?” (22 Maart 1997). By die skool verneder almal die swakstes, en ek is ook oorreed om dit te doen. Maar die raad wat in hierdie artikel gegee is om jou in die ander persoon se posisie te stel, het my baie gehelp om ander nie af te knou nie. Weer eens dankie.

M. N., Frankryk

Ek is 17 jaar oud en wil baie dankie sê vir die artikel. Dit is ’n antwoord op my gebede, en dit het my werklik bemoedig. Die wete dat Jehovah afknouery haat, het my grootliks gehelp om die nodige veranderinge in my gedrag aan te bring. Die Gulde Reël en die voorbeeld van Jesus het my ook beïndruk, en dit help my om reg op te tree.

V. T., Italië

Ek het onlangs in ’n wagkamer ’n Ontwaak! gelees en hierdie stylvolle artikel gevind. Ek verstaan beslis watter blywende skade afknouery kan veroorsaak. My broer het my [sy suster] uitgeskel en emosioneel en fisies mishandel. As hy gekonfronteer is, het hy sy skouers opgetrek, gelag en gesê dat dit net ’n grap was. Hy het vir my gesê dat die probleem by my lê omdat ek nie ’n sin vir humor het nie! Toe ek 13 en hy 15 was, het hy my met seksuele molestering begin dreig. Ek het hom voortdurend gevrees omdat hy ouer, groter en soveel sterker was! My ouers het my nooit beskerm nie. Dankie, Ontwaak!, dat julle die ernstige sake van die lewe bespreek. Ek besef dat dit moed verg. Ek dink dat julle met hierdie artikel baie harte geraak het.

B. S. M., Verenigde State

Miere wat tuinmaak Nadat ek die artikel “’n Bedrewe tuinier” (22 Maart 1997) gelees het, het ek na ’n uitstalling gegaan en presies die bedrywighede gesien wat julle beskryf het. Dit het gelyk asof blare langs ’n tou beweeg wat van die plafon af gehang het. Dit was in werklikheid miere wat daardie blare gedra het, en hulle was daar naby besig om ’n swamtuin te kweek. Om te sien waarvan julle melding gemaak het, was waarlik ’n wonderlike gesig, en dit het my en my twee dogtertjies nader aan ons liefdevolle hemelse Vader, Jehovah, gebring.

P. F., Skotland

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel