Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 10/8 bl. 3
  • Onveiligheid—’n wêreldwye epidemie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onveiligheid—’n wêreldwye epidemie
  • Ontwaak!—1998
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Angs in Europa
  • ’n Saak van persoonlike veiligheid
  • Sal Europa werklik verenig?
    Ontwaak!—2000
  • Hoe is sedes vandag?
    Ontwaak!—2000
  • Die soeke na ’n veilige lewe
    Ontwaak!—1998
  • ’n Lewe van blywende veiligheid
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 10/8 bl. 3

Onveiligheid—’n wêreldwye epidemie

VOEL jy soms dat jou lewe en lewenstyl kwesbaar en onseker is? Jy is nie alleen nie. Miljoene mense voel so. Onveiligheid, wat nie deur nasionale, godsdienstige of maatskaplike grense gestuit word nie, versprei soos ’n epidemie en teister mense van Moskou tot Manhattan.

Wanneer ons lewe onveilig is, word ons, volgens een woordeboek, “deur vrees en angs oorweldig”. Angs is ’n emosionele las wat spanning veroorsaak, en dit kan ons gesondheid aantas. Maar waarom voel ons angstig en onveilig?

Angs in Europa

In die Europese Unie (EU) lewe 1 uit 6 mense onder die broodlyn, is 18 miljoen mense werkloos en is tallose ander bang dat hulle hulle werk gaan verloor. In verskeie EU-lande voel ouers beangs oor die gevaar wat pedofiele vir hulle kinders inhou. In een EU-land is 2 uit 3 mense bekommerd oor die bedreiging van misdaad. Ander EU-inwoners voel al hoe meer verontrus oor vandalisme, terrorisme en besoedeling.

Mense se lewens en lewensonderhoud word nie net deur sulke maatskaplike afwykings bedreig nie, maar ook deur natuurrampe. In 1997 en 1998 het stortreëns, modderstortings en tornado’s byvoorbeeld dele van die Verenigde State verwoes. In 1997 het oorstromings Sentraal-Europa getref toe die Oder- en Neisserivier hulle walle oorstroom het. Volgens die Poolse weekblad Polityka is groot landbougebiede oorstroom sowel as 86 stede en dorpe en ongeveer 900 dorpies. Ongeveer 50 000 huishoudings het hulle oeste verloor, en sowat 50 mense het hulle lewe verloor. En modderstortings vroeg in 1998 het die dood van talle mense in suidelike Italië veroorsaak.

’n Saak van persoonlike veiligheid

Maar word ons nie verseker dat die lewe veiliger is as wat dit tien jaar gelede was nie? Het die einde van die Koue Oorlog nie beteken dat gewapende magte verminder sou word nie? Ja, nasionale veiligheid het dalk verbeter. Maar persoonlike veiligheid word geraak deur wat in die huis en op straat gebeur. As ons ons werk verloor of as ons vermoed dat ’n straatrower of pedofiel daar buite rondsluip, voel ons angstig en onveilig, ongeag hoeveel wapens uitmekaar gehaal word.

Hoe bied party mense die onsekerheid van die lewe die hoof? Selfs belangriker, is daar ’n manier waarop almal se lewens—joune ook—vir goed veilig gemaak kan word? Hierdie punte sal in die volgende twee artikels bespreek word.

[Foto-erkenning op bladsy 3]

UN PHOTO 186705/J. Isaac

[Foto-erkenning op bladsy 3]

FAO photo/B. Imevbore

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel