Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 10/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • Verstaan die vrees om te hakkel
    Ontwaak!—1997
  • Hoe ek hakkelry die hoof bied
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 10/8 bl. 30

Van ons lesers

Kinders wat die huis verlaat Die reeks “Wanneer kinders die huis verlaat” (22 Januarie 1998) het my bemoedig. Drie jaar gelede het drie van ons vier kinders die huis verlaat. Alhoewel ek hulle grootgemaak het in die verwagting dat hulle eendag die huis sou verlaat, het ek nooit gedroom dat drie op een slag sou weggaan nie! Ek waardeer werklik die Wagtoringgenootskap se besorgdheid oor die gevoelens van ouers.

M. S., Japan

Ek en my vrou dien tans as spesiale pioniers, of voltydse evangeliedienaars, buite ons tuisstaat. Julle raad oor hoe om aan ons ouers te toon dat ons hulle nog altyd liefhet en dat hulle vir ons dierbaar is, al is ons ver van hulle af, werk regtig.

M. M. S., Brasilië

Ek is 11 jaar oud. Ek het nie gedink dat huishoudelike take ’n mens oplei om ’n grootmens te wees nie. Maar hierdie artikels het my gehelp om anders daaroor te dink. Dankie dat julle vir ons jongmense omgee.

D. U., Joego-Slawië

Gorillas Die artikel “’n Besoek aan die berggorillas” (22 Januarie 1998) was aangename leesstof. Ek het nooit gedink dat ’n mens so naby aan gorillas kan kom sonder dat hulle gewelddadig raak nie. In rolprente word hulle gewoonlik as verwoede diere uitgebeeld. Dankie vir so ’n uitstekende artikel.

R. P., Venezuela

Hakkelry My innige dank vir die artikel “Hoe ek hakkelry die hoof bied” (22 Januarie 1998). Sven Sievers se ondervinding was besonder aanmoedigend vir my, aangesien ek ’n soortgelyke stryd voer. Deur die jare heen het die Teokratiese Bedieningskool my gehelp om ’n vlotter spreker te word.

E. Z. S., Brasilië

Die Teokratiese Bedieningskool word elke week by plaaslike Koninkryksale van Jehovah se Getuies gehou.—RED.

Sven Sievers se positiewe gesindheid ten spyte van sy terugslae het my beïndruk. In ons gemeente is daar ’n broer wat hakkel. Ek sal nou groter respek en besorgdheid toon wanneer ek met hom praat.

K. K., Japan

Ek hakkel ook sedert my kinderdae. Julle het die spyker op die kop geslaan toe julle gesê het dat ’n mens eerder ’n hakkelaar moet probeer verstaan as om hom jammer te kry. Dankie vir hierdie artikel.

E. C., Italië

Teenstand van ouers Ek het so pas die tydskrif van 22 Januarie 1998 ontvang en “Jongmense vra . . . Sê nou my ouers staan my huwelik teë?” gelees. Ek het gedink dat dit verkeerd van my is om my dogter se voorgenome huwelik teë te staan. Maar die artikel het alles ingesluit waaroor ek bekommerd is—sy is te jonk, die voornemende maat se persoonlikheid, die moontlikheid dat sy onder ’n ongelyke juk met ’n ongelowige sal kom, die moontlikheid van vigs en kulturele verskille. Ek bid dat hierdie artikel my dogter se hart sal raak.

N. B., Verenigde State

Wat ’n uitstekende artikel! Julle het ’n sensitiewe onderwerp bespreek en het julle goed van julle taak gekwyt. Verskeie punte is geopper wat die leser help om onbevooroordeeld teenoor hierdie sake te wees.

S. C., Verenigde State

Ek was agt jaar lank ’n voltydse evangeliedienaar. My ouers is ook Christene, en ek het ’n meningsverskil met hulle gehad oor my besluit om te trou. Baie dankie dat julle hierdie nuttige inligting voorsien het.

T. C. F., Tanzanië

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel