Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 6/8 bl. 28-29
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—1999
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Wêreldwye toename in ongeletterdheid
  • Millennium-waansin
  • Aspirien vir ’n plant se pyn?
  • “Hekse” ná hulle dood kwytgeskeld?
  • Die Jangtserivier word getem
  • Asma neem toe
  • Ongeëwenaarde weerskade
  • Gesinne onder druk
  • Ysberge word benut
  • Geweld teen vroue
  • ’n Kykie na asma
    Ontwaak!—1990
  • Die Europese heksejagte
    Ontwaak!—2014
  • Kinders in ’n krisis
    Ontwaak!—1992
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 6/8 bl. 28-29

Ons beskou die wêreld

’n Wêreldwye toename in ongeletterdheid

“Nagenoeg ’n sesde van die 5,9 miljard mense in die wêreld kan nie lees of skryf nie”, berig The New York Times. Volgens die Verenigde Nasies-kinderfonds (UNICEF) sal die ongeletterdheidsyfer na verwagting styg. Waarom? Omdat 3 uit 4 kinders in die wêreld se armste lande tans nie skoolgaan nie. Etniese konflikte het nie net wêreldwye ekonomiese probleme veroorsaak nie, maar het ook tot gevolg dat miljoene kinders nie onderwys ontvang nie. Oorloë vernietig nie net skole nie, maar maak ook van baie kinders soldate in plaas van leerlinge. Ongeletterdheid dra natuurlik ook tot maatskaplike probleme by. Die UNICEF-verslag met die titel The State of the World’s Children 1999 sê dat daar ’n regstreekse verband tussen ongeletterdheid en geboortesyfers is. Byvoorbeeld, in een Suid-Amerikaanse land “het ongeletterde vroue gemiddeld 6,5 kinders, en ma’s met ’n hoërskoolopleiding gemiddeld 2,5 kinders”, het die Times gesê.

Millennium-waansin

“Die regering [van Israel] het $12 miljoen [R73 miljoen] beskikbaar gestel om veiligheid by die Tempelberg te verskerp” ter voorbereiding van geweld wanneer die nuwe millennium aanbreek, berig Nando Times. Die polisie is bekommerd dat Joodse of “Christen”-fanatici dalk moskees by die Tempelberg sal probeer vernietig sodat hulle die Joodse tempel kan herbou. Party “Christen”-kultusse glo dat dit die einde van die wêreld en die tweede koms van Christus sal bespoedig. Volgens die verslag word die Tempelberg, wat vir Moslems as al-Haram al-Sjarif bekend is, as “die kruitvat in die Midde-Oosterse konflik beskou”. Dit is “in die ommuurde Ou Stad van Jerusalem [geleë], wat in 1967 se Midde-Oosterse oorlog deur Israel van Jordanië verower is”. ’n Aantal “Christene” het blykbaar alreeds plek op die Olyfberg gehuur in afwagting van Christus se wederkoms.

Aspirien vir ’n plant se pyn?

Plante voel dalk nie pyn op dieselfde manier as mense nie, maar hulle reageer wel op besering deur jasmoonsuur te vervaardig. Party stel selfs jasmynagtige dampe vry wat ’n reaksie in ander plante kan veroorsaak. “Navorsers weet al jare lank dat aspirien op die een of ander manier ’n plant se afskeiding van jasmoonsuur beëindig”, sê Science News. Nou het wetenskaplikes aan die Staatsuniversiteit van Arizona ’n deel van hierdie geheimsinnige meganisme ontrafel. Aspirien neutraliseer ’n belangrike ensiem in plante deur middel van dieselfde soort chemiese reaksie wat dit gebruik om ’n ander ensiem in mense te neutraliseer. Die verband tussen aspirien se werking in plante en in mense is egter nog steeds nie duidelik nie, aangesien dit lyk of die twee ensieme niks in gemeen het nie.

“Hekse” ná hulle dood kwytgeskeld?

In 1994 het die Pous gevra dat die Rooms-Katolieke Kerk ‘sy historiese gewete ondersoek’. Een gevolg hiervan is die vorming van ’n Katolieke kommissie in die Tsjeggiese Republiek—die eerste in sy soort—om te oorweeg of honderde mense wat lewendig verbrand is as hekse kwytgeskeld moet word. As gevolg van heksejagte wat deur die kerk goedgekeur is, het etlike duisende mense tussen die 12de en 18de eeu, óf deur vuur óf deur marteling, in Europa gesterf. Nadat pous Innocentius VIII in 1484 ’n edik oor heksery uitgevaardig het, het heksejagte toegeneem, en meer as 30 martelingsmetodes is gebruik om diegene te identifiseer wat van heksery verdink is. Hulle het selfs nie eers klein kindertjies gespaar in hulle poging om bewyse teen die ouers te kry nie. Duitsland het die meeste hekse verbrand, maar sulke verhore was ook algemeen in Frankryk en Brittanje. Die kerk sal moontlik nadoodse kwytskeldings oorweeg, berig The Sunday Telegraph van Londen.

Die Jangtserivier word getem

Wanneer die Drieklowedam in China se Jangtserivier voltooi is, sal dit die wêreld se grootste hidro-elektriese kragstasie wees. Die dam sal 185 meter hoog wees, 2,3 kilometer wyd wees en 18,2 miljoen kilowatt elektrisiteit opwek. Maar die hoofrede vir die dam is nie om hidro-elektriese krag op te wek nie. Dit is om oorstromings deur die Jangtserivier te help verminder. Bouwerk het in 1994 begin en sal na verwagting in 2009 voltooi wees. In hierdie reuseprojek moet altesaam 147 miljoen kubieke meter grond en klip uitgegrawe word, meer as 25 miljoen kubieke meter beton gegiet en nagenoeg tweemiljoen ton staal ingesit word. “Die moeilikste taak is egter die hervestiging van die meer as 1,1 miljoen mense wat in gebiede woon wat deur die projek geraak sal word”, sê China Today.

Asma neem toe

Verslae van die Wêreldgesondheidsorganisasie toon dat die voorkoms- en hospitalisasiesyfer van asma in die laaste dekade wêreldwyd met 40 persent toegeneem het. Waarom die toename? Lede van die Amerikaanse Kollege vir Geneeshere van Borssiektes het gewys op die skerp styging in die aantal mense wat troeteldiere besit, asook die huidige tendens om in klein, swak geventileerde wooneenhede te bly. Asma-aanvalle kan veroorsaak word deur “stukkies vel, hare en vere van diere, stofmyte, skimmel, sigaretrook, stuifmeel, omgewingsbesoedelstowwe en sterk reuke”, sê The Toronto Star. Kathare is egter die grootste allergeen. Die koerant het gesê dat asma veral kommer wek omdat die meeste sterfgevalle voorkom kan word. Tans is daar ongeveer 1,5 miljoen asmalyers in Kanada, en sowat 500 sterf elke jaar aan die siekte.

Ongeëwenaarde weerskade

In die eerste 11 maande van 1998 is ’n rekordbedrag van R541,6 miljard regoor die wêreld verloor weens rampe wat deur die weer veroorsaak is. Hierdie skade was “baie meer as die $55 miljard [R334,7 miljard] se verliese vir die hele dekade van die tagtigerjare”, sê ’n berig deur Associated Press. Die berig sê: “Selfs wanneer ’n inflasieaanpassing gemaak word, is die verliese van die tagtigerjare, teen $82,7 miljard [R503,2 miljard], steeds minder as die verliese van die eerste 11 maande” van 1998. Benewens materiële verliese het natuurrampe soos storms, oorstromings, brande en droogtes die lewe van ongeveer 32 000 mense geëis. “Dit is al hoe duideliker”, sê Seth Dunn van die Worldwatch-instituut, “dat mense tot natuurrampe bydra.” Hoe so? Volgens Dunn het ontbossing tot die probleem bygedra deur bome en vleilande, wat as die ‘natuur se sponse’ dien, te vernietig.

Gesinne onder druk

’n Onlangse meningsopname onder Kanadese het getoon dat gesinne vandag voel dat hulle onder groter finansiële en emosionele druk verkeer as gesinne ná die oorlog ’n halfeeu gelede. Die koerant National Post gee egskeiding en gesinsverbrokkeling aan as van die vernaamste redes vir hierdie druk. Ander groot bronne van druk in die gesin is in dalende volgorde: “Ouers wat te hard en te lank werk, onsekere werksomstandighede, te veel belasting en ’n gebrek aan waardering vir ouers se pogings om hulle kinders groot te maak”. Volgens die meningsopname is dié druk selfs groter in die meeste enkelouergesinne.

Ysberge word benut

“Inwoners van Newfoundland weet al lank dat ysbergwater baie suiwer is”, sê die Financial Times van Londen, maar nou word hierdie “onuitputbare hulpbron wat verby hulle strande dryf”, benut. Nadat nette om ’n drywende ysberg gespan word, trek ’n sleepboot dit met hoogwater na die strand. Terwyl dit teen volle spoed vaar, draai die sleepboot skerp wanneer dit naby die kuslyn kom, laat die nette los en slinger die ysberg na die strand toe. Wanneer die gety terugtrek, is die ysberg op droë land. ’n Groot hyskraan breek dan die ys in stukke en laai dit in ’n vragskuit “waar dit fyngemaak, gesmelt en gefiltreer word voordat dit onder ultraviolet ligte deur gestuur word” om gesuiwer te word.

Geweld teen vroue

“In Brasilië vind 63 persent van alle geweld teen vroue in die huis plaas, en net ’n derde word aangemeld”, sê die koerant O Globo. Die koerant voeg by: “Gesinsgeweld raak meestal arm vroue, maar dit is dikwels hulle wat die aanranding by die polisie aanmeld. Ryk vroue kom omtrent nooit in die statistiek voor nie.” Ander lande het soortgelyke statistieke. Volgens ’n opname wat deur die Amerikaanse Departement van Justisie uitgegee is, “is meer as die helfte van alle vroue in die VSA op die een of ander stadium van hulle lewe aangerand, en nagenoeg 1 uit 5 is verkrag of is ’n slagoffer van ’n poging tot verkragting”, sê die Reuters-nuusdiens. Die Amerikaanse Sekretaris van Gesondheids- en Menslike Dienste, Donna Shalala, sê: “Elke syfer in hierdie opname verteenwoordig ons dogters, ons ma’s en ons bure.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel