Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 7/22 bl. 31
  • “Nie almal is na die partytjie uitgenooi nie”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Nie almal is na die partytjie uitgenooi nie”
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Die kloof tussen ryk en arm word wyer
    Ontwaak!—2000
  • Armoededie—‘stille noodgeval’
    Ontwaak!—1997
  • Gevangenes van armoede
    Ontwaak!—1998
  • Voorspoedige tye—Vir wie?
    Ontwaak!—2007
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 7/22 bl. 31

“Nie almal is na die partytjie uitgenooi nie”

DIE Human Development Report 1998, ’n verslag wat jaarliks deur die VN se Ontwikkelingsprogram, of VNOP, opgestel word, het die ongeëwenaarde toename in die wêreld se verbruik van goedere beklemtoon. Dit het getoon dat ons op ’n wêreldwye skaal nou ses keer soveel op handelsartikels spandeer as in 1950 en twee keer soveel as in 1975. Ten spyte van hierdie geweldige toename in verbruik, sê die uitvoerende direkteur van die VNOP, James Gustave Speth: “Nie almal is na die partytjie uitgenooi nie.”

Ter toeligting: Die rykste 20 persent van die wêreldbevolking eet sewe keer soveel vis as die armste 20 persent van die mense in die wêreld. Die rykste 20 persent verbruik ook 11 keer soveel vleis, gebruik 17 keer soveel energie, het 49 keer soveel telefoonkabels, gebruik 77 keer soveel papier en besit 149 keer soveel motors as die armste 20 persent van die wêreld.

VN-radio het oor hierdie bevindinge kommentaar gelewer en gesê dat die nywerheidswêreld sy verbruikspatrone sal moet verander om die uitputting van die aarde se natuurlike hulpbronne te vertraag. Terselfdertyd moet ryker lande meer van hulle rykdom met die armes van die wêreld deel sodat hulle ook meer voordeel uit die aarde se hulpbronne kan put. Hoeveel verdeling van rykdom sal nodig wees?

Mnr. Speth bereken dat al die armes regoor die wêreld kos, gesondheidsorg, onderwys en huisvesting sal kan hê as die nywerheidslande hulle huidige vlak van ontwikkelingshulp verdubbel—van R300 miljard tot R600 miljard per jaar. Dalk klink R300 miljard na baie geld. Maar mnr. Speth herinner ons: “Dit is die bedrag wat Europa jaarliks aan sigarette spandeer, en dit is die helfte van wat die VSA vandag aan alkohol spandeer.”

Dit is dus duidelik dat ’n doelbewuste poging om die hulpbronne van hierdie planeet ewerediger te versprei baie daartoe sal bydra om knellende armoede te beëindig. Wat is nodig om dit te verwesenlik? Een VN-amptenaar het gesê: “Wat eintlik nodig is, is die verandering van harte, verstande en wilskrag.” Die meeste mense stem hiermee saam, maar besef ook dat vandag se beleidvormende organisasies, al is hulle bedoelings ook hoe goed, nie sulke veranderinge kan teweegbring nie, wat nog te sê van eienskappe soos hebsug uitroei.

Daar is nietemin hoop vir mense wat oor die toekoms van die mensdom en van ons planeet besorg is. Dit is bemoedigend om te weet dat die aarde se Skepper belowe het om ’n einde te maak aan die mens se probleme. Die psalmis het voorspel: “Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën. Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge” (Psalm 67:7; 72:16). Ja, dan sal al die aarde se inwoners “na die partytjie uitgenooi” word!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel