Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/07 bl. 3
  • Voorspoedige tye—Vir wie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Voorspoedige tye—Vir wie?
  • Ontwaak!—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2013
  • Waarom soveel armes in ’n ryk wêreld?
    Ontwaak!—2007
  • Pogings om ’n miljard mense te voed
    Ontwaak!—2005
  • Die armes word armer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Sien nog
Ontwaak!—2007
g 5/07 bl. 3

Voorspoedige tye—Vir wie?

ONS lewe in ’n wêreld van voorspoed. Vind jy dit moeilik om te glo? Sommige lande kan in werklikheid nie al hulle geld spandeer nie. Daar word geskat dat 2005 se bruto wêreldproduk, die waarde van alle goedere en dienste wat in daardie jaar gelewer is, meer as R424 biljoen beloop het. As hierdie ontsaglike produksie onder die aarde se bevolking verdeel word, kom dit te staan op omtrent R64 000 vir elke persoon wat nou lewe. En dit word al hoe meer.

Maar die wêreldwye voorspoed is deel van ’n groot ironie. ’n Onlangse publikasie van die Verenigde Nasies sê dat die rykdom van die wêreld se drie rykste persone meer is as die gesamentlike bruto binnelandse produk van die 48 armste lande. En volgens die VN se Ontwikkelingsprogram probeer 2,5 miljard mense van minder as $2 per dag leef. Honderdmiljoene is ondervoed en kan nie skoon drinkwater bekom nie.

In die Verenigde State is sosioloë besig met ’n studie van ’n groep wat hulle die “byna armes” noem. Die risiko is groot dat hierdie mense in armoede sal verval. Meer as 50 miljoen mense wat daar woon, bevind hulle in hierdie situasie ondanks die land se groot rykdom.

Waarom stroom geld wêreldwyd in skatkiste en bankrekeninge in, terwyl honderdmiljoene arm mense nog steeds in ellende verkeer? Waarom het so baie mense so ’n geringe kans om voordeel te trek uit die wêreld se toenemende rykdom?

[Lokteks op bladsy 3]

Die drie rykste mense in die wêreld is ryker as die 48 armste lande tesame

[Prent op bladsy 3]

Kinderarbeiders in hierdie steenfabriek verdien omtrent R3,50 per dag

[Erkenning op bladsy 3]

© Fernando Moleres/ Panos Pictures

[Foto-erkenning op bladsy 3]

© Giacomo Pirozzi/Panos Pictures

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel