Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 2/8 bl. 31
  • Armoededie—‘stille noodgeval’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Armoededie—‘stille noodgeval’
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Gevangenes van armoede
    Ontwaak!—1998
  • Pogings om armoede te beëindig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Die einde van armoede kom nader
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 2/8 bl. 31

Armoededie—‘stille noodgeval’

“ONS hoor baie van skreeuende noodgevalle van aardverwarming en osoonlae en oseaanbesoedeling”, het die Verenigde Nasies se raadgewer dr. Mahbub Ul-Haq gesê, maar hy het bygevoeg: “Aardverwarming en baie ander skreeuende noodgevalle móét nog iemand doodmaak [terwyl] die stille noodgevalle daagliks baie lewens in die ontwikkelende lande eis.” Dr. Ul-Haq het sy mening oor een van hierdie stille noodgevalle gegee. “Armoede”, het hy gesê, “is in werklikheid die grootste doder.” Hoe so?

Vir baie van die 1,3 miljard mense regoor die wêreld wat met vier rand of minder per dag klaarkom, word armoede inderdaad ’n dodelike ramp. Tot 18 miljoen mense, berig die tydskrif UN Chronicle, sterf jaarliks weens “oorsake wat met armoede verband hou”. Hierdie syfer is verstommend! Stel jou byvoorbeeld die “skreeuende” koerantopskrifte voor as die hele bevolking van Australië, sowat 18 miljoen, in een jaar van honger omgekom het! En tog word daar “min gesê” oor die sterftes van hierdie miljoene armes, het ’n VN-Radio-uitsending gesê. Dit is in werklikheid ’n ‘stille ramp’.

Om die stilswye te verbreek, het verteenwoordigers van 117 lande wat die heel eerste Wêreldspitsberaad vir Maatskaplike Ontwikkeling bygewoon het maniere bespreek om die wêreld se armoedeprobleem op te los. “Die wêreld het 150 jaar gelede ’n kruistog teen slawearbeid geloods”, het James Gustave Speth, die administrateur van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram, almal help onthou. “Vandag moet ons ’n wêreldkruistog teen grootskaalse armoede loods.” Waarom die besorgdheid? Armoede, het hy gewaarsku, “wek wanhoop en onbestendigheid en bedreig ons wêreld”.

Maar selfs terwyl die afgevaardigdes maniere bespreek het om armoede te beëindig, het ’n ‘armoede-klok’, wat aandui hoeveel babas daagliks uit arm gesinne gebore word, getoon dat die wêreldwye armoedesituasie al hoe somberder lyk. Die klok, wat by die kongresterrein vertoon is, het getoon dat daar gedurende die weeklange spitsberaad byna 600 000 pasgeborenes by die immer toenemende getal armes gevoeg is. Aan die einde van die laaste dag van die spitsberaad is die klok afgeskakel; maar in werklikheid “tik die klok steeds”, soos Speth gesê het. Die vraag is nou: Sal dit gehoor word?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel