Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 8/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Oorgebruiks-beserings—Wat jy moet weet
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1999
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 8/22 bl. 30

Van ons lesers

Kosmiese ramp? Ek is tien jaar oud en het die artikel “Die Bybelse beskouing: Sal ’n kosmiese ramp ons wêreld vernietig?” (8 Desember 1998) geniet. Dit het my gehelp om te sien dat ons planeet nie deur ’n kosmiese ramp vernietig sal word nie, want Jehovah wil hê dat ons op ’n paradysaarde moet woon.

J. P., Verenigde State

Bloedlose chirurgie Ek wil julle bedank vir julle artikel “Dokters kyk weer na bloedlose chirurgie” (8 Desember 1998). Ek was baie opgewonde om dit te lees, aangesien ek groot sukses met hierdie soort behandeling gehad het toe ek ’n algehele heupvervanging ontvang het. Ek het ’n hospitaalkamer met iemand gedeel wat presies dieselfde operasie, maar met bloed, ondergaan het. Ek kon die hospitaal in minder as ’n week verlaat. Maar hy moes bly, aangesien hy ’n virussiekte opgedoen het.

N. H., Verenigde State

Ophou rook! Die artikel “Jy kan ophou—Ons het!” was spesiaal vir my (8 Desember 1998). Ek het so pas ’n Bybelstudie met ’n roker voltooi. Sy kom na al ons vergaderinge, maar haar verslawing is vir haar ’n geestelike struikelblok. Ek het haar al ander artikels gegee oor hoe om op te hou rook, maar ek bid dat hierdie artikel haar uiteindelik sal help om haar probleem te oorkom.

E. C., Verenigde State

Chemiese stowwe en gesondheid Ek het onlangs met ’n chemiekursus begin, en toe ek die nommer van 22 Desember 1998 sien, het dit onmiddellik my aandag getrek. Soos gewoonlik weet julle hoe om ’n ingewikkelde onderwerp so te bespreek dat almal dit kan verstaan. Aangesien besoedelstowwe en chemiese produkte nie deur landsgrense gestuit word nie, is internasionale ooreenkomste nodig om die besoedelingsprobleem eens en vir altyd op te los. Maar die mens se selfsug en hebsug keer dat dit gebeur. Gelukkig weet Jehovah hoe om hierdie probleem permanent op te los.

C. V., Kanada

Sonder ouers Dankie dat julle so ’n wonderlike artikel “Jongmense vra . . . Hoe kan ek sonder my ouers regkom?” (22 Desember 1998) geskryf het. Dit het my weer verseker van Jehovah se vermoë om jongmense te beskerm as hulle hulle ouers verloor. My ouers lewe nog, maar ek wonder dikwels wat met my sal gebeur as hulle sou sterf. Horacio se goeie voorbeeld het my baie aangemoedig.

M. J., Trinidad

Oorgebruiksbeserings Dit is moeilik om te verduidelik hoe ’n mens voel wanneer jy ’n artikel vind wat ’n probleem bespreek wat jy het. Dit was die geval met die artikel “Oorgebruiksbeserings—Wat jy moet weet” (22 Desember 1998). Ek het hierdie soort besering in my gewrig gehad, en ek besef nou eers wat die oorsaak daarvan was. Die raad oor hoe om hierdie probleem te hanteer, het my baie gehelp.

S. T., Joego-Slawië

Ek werk vir ’n maatskappy wat toerusting maak om werkers teen oorgebruiksbeserings (RSI) te beskerm. RSI is ’n omstrede onderwerp wat mense se nuuskierigheid gaande gemaak het, maar julle artikel was eersteklas. Dit het die onderwerp op ’n onbevooroordeelde en onafhanklike manier behandel. Ons direksie is so beïndruk daardeur dat hulle eksemplare bestel het om aan ons verteenwoordigers regdeur Brasilië te stuur.

J. P. M., Brasilië

Ek is ’n huisvrou met ’n sekulêre werk wat vereis dat ek swaar houtkiste laai. Ek het reg uit die staanspoor my rug, arms en gewrigte beseer. Ongeveer twee jaar gelede het ek begin om my spiere tien minute lank te strek voordat ek soggens opgestaan het. Ek het gedink daardie oefeninge sal help, maar hierdie artikel het my baie nuttiger wenke gegee om die probleem die hoof te bied. Van nou af sal ek my werksmaats ’n eksemplaar van hierdie tydskrif gee.

K. Y., Japan

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel